DIE WERK­LIK­HEID IN DIE HOS­PI­TAAL ...

Baba & Kleuter - - JOU SWANGERSKA­P -

In jou voor­ge­boor­te­klas­se leer jy van ver­skil­len­de kraam­po­si­sies, maar dan breek die groot dag aan en voor jy jou kom kry, be­vind jy jou dalk plat op jou rug, ge­kop­pel aan mo­ni­tors.

Maar Di­a­na ver­tel s­tu­dies het ge­toon die rug­lig­gen­de po­si­sie kan lei tot lae bloed­druk, ’n af­na­me in die ak­ti­wi­teit van die baar­moe­der, ’n ver­min­de­ring in die af­me­tings van die bek­ken en dus ’n gro­ter ri­si­ko vir k­nip. Die kon­trak­sies is ook min­der doel­tref­fend, maar meer pyn­lik.

Min vroue het eg­ter die moed om hul ge­nees­heer te vra of hul­le ’n an­der ge­boor­te­po­si­sie kan in­neem, ver­al ty­dens die ge­boor­te, sê Di­a­na.

“Baie kraam­sa­le laat ook nie die ma toe om haar eie be­slui­te te neem nie en laat haar vir haar en die ba­ba se ‘vei­lig­heid’ die he­le tyd lê ter­wyl sy aan ’n fe­ta­le mo­ni­tor ge­kop­pel is.

“Dis om­dat min dok­ters op­ge­lei is om vroue in an­der po­si­sies te laat kraam. Baie vroed­vroue is ook nie vaar­dig hier­mee nie en is nie lus om iets nuuts te be­proef nie. So ge­beur dit dat die dok­ter of vroed­vrou die ge­boor­te­po­si­sie be­paal son­der dat dit op we­ten­skap­li­ke fei­te of na­vor­sing be­rus.”

Di­a­na be­veel aan dat jy voor­af vas­stel wat die dok­ter se voor­keu­re is en ie­mand kies wat jou keu­ses sal re­spek­teer. Jy kan ook ’n ge­boor­te­plan op­stel en dit voor­af met jou dok­ter en die hos­pi­taal­sus­ters be­spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.