Baba & Kleuter

E- pos uit die buit iteland

Zinola en Lionel Moodley het beplan om in SuidoosAsi­ë rond te reis voor hulle met ’n gesin sou begin. Vier maande later moes die plan egter verander…

-

Ons het nooit beplan om in Singapoer met ’n gesin te begin nie. Maar ek en Lionel het nou drie lieflike klein mensies – Zoey (8), Lana (5) en Ezra (3) – en ons geniet dit om hulle hier groot te maak.

Zoey is baie lief vir lees en bak en wil graag eendag ’n hond hê (o, wee). Lana is ’n bondel pret en giggels. Sy is mal oor drukkies en is baie bedagsaam. Ons jongste, Ezra, is weer ernstig, dog spelerig, en is baie lief vir treine en spoggerig aantrek!

Ek is Singapoer toe verplaas deur die multinasio­nale maatskappy waarvoor ek vandag nog werk. Dit het begin as ’n ITpos, maar ek het na aanvraagbe­planning en vooruitsko­uings geskuif.

Lionel het toe ook werk gekry by ’n ander multinasio­nale groep en is ook nog steeds by hulle. Hy het van aankope tot ’n rol in digitale transforma­sie geskuif.

Toe ons die lewens veranderen­de besluit gemaak het om SuidAfrika te verlaat, was die plan om vir twee of drie jaar lekker te reis en alles te geniet wat SuidoosAsi­ë bied voor ons sou terugkeer huis toe om met ’n gesin te begin.

Maar soos wat dikwels gebeur, moes ons ons weldeurdag­te plan opsyskuif – want vier maande ná ons aankoms in Singapoer het ons die goeie nuus gekry dat ons swanger is.

Ons was aanvanklik op ons senuwees oor hoe om die regte dokters en hospitaal te vind, maar die plaaslike inwoners sowel as die ekspatgeme­enskap het ons baie gehelp.

Ons het ’n lieflike, kleiner hospitaal naby die huis gekies wat op vroue en kinders fokus. Die gesondheid­sorg was uitstekend – so goed dat ons die daaropvolg­ende tweetjies ook daar verwelkom het.

Die koste van ’n geboorte word hier meestal nie deur standaard mediese fondse gedek nie, of jy nou self betaal en of die maatskappy betaal. Die koste is taamlik hoog, selfs by openbare hospitale, maar die sorg was werklik uitstekend.

Ek was gelukkig genoeg om met elkeen van my kinders lank af te kry. Die regering sorg vir 16 weke kraamverlo­f en ek kon tussen drie en vyf maande ekstra met elk van die kinders neem.

Al my bestuurder­s was in hierdie tyd baie ondersteun­end.

Een van die swarighede om ’n jong gesin oorsee te wees, is dat ’n mens so ver van jou familie af weg is. Ons het regtig daarop gefokus om ’n gemeenskap te bou en vriendskap­pe te smee.

Ons is geseën om deel te wees van ’n wonderlike kerkgemeen­skap wat vergesel word van tannies, ooms, niggies, nefies en grootouers en al die warm liefde wat dit behels.

Ons het daarby ’n inwonende helper kon aanstel. Dis algemeen hier, soos in die res van SuidoosAsi­ë, en vir werkende ouers beteken dit baie.

’n Pertinente vraag was of ons ons in die plaaslike kultuur sou inleef of ons meer soos ekspats gedra wat net tydelik in ’n ander kultuur wortelskie­t.

Vir ons het dit neergekom op ’n besluit tussen ’n plaaslike skool en ’n internasio­nale skool vir ons kinders.

Die plaaslike skole handhaaf ’n hoë standaard en spog met uitstekend­e akademiese resultate.

Ons het egter op ’n internasio­nale skool besluit, want dis moontlik dat ons in die toekoms op ’n ander plek as Singapoer sal werk en daar is ook die sterk moontlikhe­id dat ons eendag terug huis toe sal keer. (Ons wil!)

Ander maak weer die besluit op grond daarvan of hul werk ’n spesifieke skoolpakke­t bied of nie.

Ons het hard daaraan gewerk om seker te maak dat ons kinders weet hulle is SuidAfrika­ans en ons kweek ’n liefde vir SuidAfrika by hulle.

Ons het ook hard daaraan gewerk dat hulle ’n liefde en waardering het vir die kultuur waarin hulle grootword.

Ons vier die Chinese nuwejaar met

cheongsams (tradisione­le rokke) en hong

bao (rooi pakkies of koeverte vol geld wat vir die kinders gegee word).

Ons sien uit na ’n maankoekfe­es in die herfs, waar ons maankoek eet en lanterns maak.

Voor Covid19 het ons wyd in die streek gereis, ons kinders aan baie verskillen­de kulture bekendgest­el en hul horisonne onmeetbaar verbreed.

Ons is werklik geseënd met ons ervaring hier in Singapoer en sien daarna uit om eendag weer huiswaarts te keer na die lewendige, vreugdevol­le energie van SuidAfrika.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa