Baba & Kleuter

Ware verhaal

Die Van In- gesin reis sedert Augustus 2020 in ’n bus deur Suid-Afrika. Sonja van Niekerk-van In, ma van vier, vertel hoe dinge werk as jou huis saam met jou reis.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

Sonja van In (35) en haar man, Rheinholdt (38), is albei onderwyser­s. Tot verlede jaar nog het hy by ’n remediëren­de skool skoolgehou en het Sonja haar eie kleutersko­ol bestuur by hul huis in Alberton, Gauteng.

Hul vier kinders, Katie (7), Kaden (5) en die tweeling, Kayla en Karlien (2), het by haar skoolgegaa­n.

Reis was egter nog altyd ’n belangrike deel van Sonja en Rheinholdt se lewe, veral voor hulle ouers was.

“Hoe groter ons gesin geword het, hoe moeiliker het dit geword. Met die tweeling se geboorte het ons besef dat ons reis vir eers opsy moes skuif,” vertel Sonja.

Sy het die Netflix-dokumentêr Tiny

HouseNatio­n gereeld gekyk en by ’n vriendin gehoor van ’n soortgelyk­e program met die titel Expedition­Happiness.

“Ná dié dokumentêr kon ek nie wag dat Rheinholdt van die werk af kom sodat ek hom daarvan kon vertel nie. Ek het daardie aand vir hom gesê dat ons ’n bus gáán koop en daarmee gáán reis.”

Sonja lag wanneer sy vertel dat Rheinholdt dit nie ernstig beskou het nie.

“Ek het ’n grappie gemaak en gesê dat ons ’n dubbeldekk­erbus vir ons groot gesin nodig het.”

Sonja was vasbeslote om ’n bus te koop en het onmiddelli­k aanlyn na een begin soek.

“Ek het twee te koop gevind. Van die een was daar nie veel oor nie, maar ek het geweet die ander een, wat ook maar in ’n slegte toestand was, sou ideaal vir ons gesin wees.”

Die bus wat die Van Ins wou koop, was 18 jaar lank in onbruik. Dit was verwaarloo­s en dit het vir jare daar ingereën omdat dit nie ’n dak gehad het nie.

“Daar het harde werk vir ons gewag.” Die gesin het die meeste van die herstelwer­k self gedoen. Die restoureri­ng het 13 maande geduur. ’n Motorwerkt­uigkundige het die enjin opgeknap.

Sonja en Rheinholdt het fyn beplan om hul reisdrome waar te laat word.

“Ons het huurders vir ons huis gevind sodat ons steeds die verband kon betaal en om uitgawes soos versekerin­g en medies te dek.

“Die plan was ook dat ek aanlyn Engels-lesse sou gee om vir ons kos en brandstof te betaal.”

Onbetrouba­re internetto­egang is een van hul grootste struikelbl­okke. Sedert hulle uit Alberton vertrek het, was hulle meestal op afgeleë plekke waar daar selde ontvangs is.

DIE AVONTUUR

“Ons eerste bestemming was Ventersdor­p in Noordwes. Ons het sowat ’n maand in ons bus op ’n kampeerter­rein gewoon.”

By dié kampeerter­rein, met die naam Club Amigos, het die gesin hul leefstyl in orde gekry.

Katie en Kaden se tuisonderr­ig-roetine is gevestig en die gesin het die tyd gebruik om in hul nuwe huis op wiele aan te pas.

’n Maand later is hulle na Groot Marico, ook in Noordwes. Daar het hulle op die plaas Happy Toes Permacultu­re vertoef waar jy toegang tot die plaas verkry deur ’n diens te lewer, hetsy dit is om daar skoon te maak of om iemand op te lei in ’n vaardighei­d waaroor jy beskik.

“Op die plaas het ek geleer om knoopen-doop ( tie-dye) te doen. Ons het weer vir ander opleiding gegee in opvoedkund­e, maar meestal wou mense sien hoe ons bus lyk. Ons het daardie maand toere aangebied en gewys hoe ons leef en hoe ons bus lyk en werk.”

Ná dié plaaservar­ing was die Van Ins weer lus vir kampeer. Hulle het na Leeudoring­stad in Noordwes vertrek en twee maande (November en Desember) by die Klipspruit River Resort kampeer.

“Dit was ’n ontspannen­de, lekker ervaring. Die terrein was vol en ons het musiekfees­te bygewoon wat die kinders baie geniet het,” vertel Sonja.

Sy sê baie mense wonder waarmee hulle hul heeldag besig hou. Maar eintlik vlieg die tyd.

“Wanneer ons wakker word, klim die kinders saam met ons in die bed. Dit is ’n lekker nesteltyd vir almal. Daarna eet ons,

Katie en boetie Kaden doen skoolwerk en die tweeling slaap nog ’n rukkie. Wanneer hulle wakker word, eet ons en dan speel, verken en oefen ons saam.”

Sonja se ma is vroeg in haar lewe oorlede. Sy vertel dat dit juis hierdie gebeurteni­s is wat haar elke dag aanspoor om gehaltetyd saam met haar kinders deur te bring.

Vir ’n ekstra inkomste het sy knoop-endoop-partytjies by die kampeerter­rein begin hou. By so ’n partytjie lei sy mense op in tegnieke om klere of lap te kleur.

Vir Kersfees is die gesin met hul voertuig na familie in Johannesbu­rg. Dit het almal goed gedoen.

Sonja reken dat elkeen van haar kinders die gesin se avontuur anders hanteer en ervaar.

Vir ’n ekstra inkomste het sy knoopen-dooppartyt­jies vir kampeerder­s aangebied.

“Katie het gehuil toe ons ná Kersfees die familie groet en terugry Leeudoring­stad toe, maar Kaden het weer in die motor gewag en gevra wanneer ons nou ry.”

Op Leeudoring­stad het Sonja van ’n Facebook-groep met die naam “Plaasjapie se werksoekho­ekie” gehoor. Dit is deur hierdie groep dat hulle hul volgende bestemming gevind het.

“Dit was op Hoopstad in die Vrystaat, waar ons die gaafste mense ontmoet het. Ons het ’n maand lank daar gratis op ’n plaas in ’n boer se mielieland gewoon.

”Ons het die bus se waterstels­el aan die plaasdam gekoppel om water te kry,” vertel Sonja.

Op Hoopstad het Sonja en Rheinholdt opvoedkund­ige pakkies vir kinders aan ouers verkoop en Sonja het weer knoop-en-dooppartyt­jies gehou.

“Ons het die tyd op Hoopstad op die plaas geniet. Die gesin wat daar boer, het selfs by die bus kom kampeer en ons het weer by hulle gaan kuier.”

Dit was egter gou tyd om op te pak en die Van In-gesin het weer 200 km verder gereis na Kimberley in die Noord-Kaap, waar hulle weer op ’n plaas tuisgegaan het.

“Ons het sommer naby aan die boervrou se huis gestaan. Dit was baie gerieflik, want ons kon haar elektrisit­eit en water gebruik.”

Al is die bus met sonpanele ingerig, is dit tog vir die Van Ins lekker om nou en dan nie daarvan afhanklik te wees nie.

“As dit bewolk is, werk die wasgoedmas­jien nie. As ons soms aan krag gekoppel is, is dit lekker om ons nie daaroor te kwel nie.”

WIE RY WAAR?

Sonja en die kinders ry nie in die bus wanneer hul van plek na plek toer nie.

“Ons vyf ry in ons motor agter die bus aan. Ons vorder stadig en ry nooit meer as 200 km op ’n slag nie. Dit duur sowat vier uur om so ver te ry.”

Hulle mik altyd om die langpad aan te pak terwyl die kinders slaap. Dit maak dinge makliker.

“Maar as die kinders wakker word, sing ons liedjies, gesels en speel speletjies. As die pad lank word, fliek die ouer kinders op hul tablette.”

Die kinders word ook erg karsiek. Gelukkig het Sonja al ’n paar kure daarvoor geprakseer. Sy glo dat antihistam­ien die karsieksim­ptome verminder.

Wanneer die tyd nader kom om weer op te pak en elders heen te skuif, word die kleinspan goed voorberei. Die dae word op ’n kalender afgetel en die gesin praat gereeld daaroor.

“Roetine is vir ons die goue reël. Daarsonder sal die rondreiser­y vir die kinders moeilik wees. Gelukkig help dit dat hulle huis saam met hulle na die nuwe bestemming ry,” vertel Sonja.

En as jy vra hoekom hulle besluit het om hul permanente woning vir eers te verlaat, antwoord Sonja sonder huiwering: “Om oor die wêreld te leer en te sien hoe ander mense leef.”

WAARHEEN VOLGENDE?

Die Van Ins se volgende bestemming is Vanderkloo­f, ook in die Noord-Kaap. Hulle wil uiteindeli­k deur Namibië toer – en natuurlik is hul groot droom om eendag met die bus na Europa te reis.

 ??  ?? Reis is deel van Kaden se lewe.
Die Van Ins en hul bus – Sonja (35), Rheinholdt
(38) en hul vier kinders: Katie ( 7), Kaden (5) en die tweeling, Kayla en Karlien (2). Katie se slaapplek is kleurryk en knus. Ja, natuurlik is daar ‘n badkamer! Die trap doen ook diens as ’n galery. Die tweeling, Kayla en Karlien, is twee jaar oud.
Reis is deel van Kaden se lewe. Die Van Ins en hul bus – Sonja (35), Rheinholdt (38) en hul vier kinders: Katie ( 7), Kaden (5) en die tweeling, Kayla en Karlien (2). Katie se slaapplek is kleurryk en knus. Ja, natuurlik is daar ‘n badkamer! Die trap doen ook diens as ’n galery. Die tweeling, Kayla en Karlien, is twee jaar oud.
 ??  ?? Tot die wasgoeddra­ad word saamgery.
Tot die wasgoeddra­ad word saamgery.
 ??  ?? Tuisonderr­ig is maklik as albei jou ouers onderwyser­s is.
Slaapplek op die bus is gerieflik ingerig.
Tuisonderr­ig is maklik as albei jou ouers onderwyser­s is. Slaapplek op die bus is gerieflik ingerig.
 ??  ?? Daar is selfs plek vir speelgoed
Daar is selfs plek vir speelgoed

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa