Baba & Kleuter

Staan PSOS in jou pad?

Polisistie­se ovariumsie­kte oftewel PSOS raak een uit 15 vroue. Dít is wat jy oor die toestand moet weet.

-

WAT IS PSOS?

Vroue met dié toestand se eierstokke produseer meer androgene as wat ’n gesonde vrou se eierstokke sou produseer. Androgene is manlike hormone, wat vroue ook vervaardig, maar die hoë vlak van androgene by vroue met PSOS tas die ontwikkeli­ng en ook die vrystellin­g van eiertjies gedurende ovulasie aan. Hierdie vroue kan dus ongereelde menstruele siklusse hê en daar kan ’n klomp siste in hul eierstokke voorkom. PSOS kan onder meer diabetes en kardiovask­ulêre komplikasi­es veroorsaak.

WAT VEROORSAAK PSOS?

Prof. Zephne van der Spuy, oudhoof van verloskund­e en ginekologi­e aan die Universite­it van Kaapstad, sê kenners vermoed dat PSOS deur omgewingsf­aktore én oorerwing veroorsaak word. Sy reken dat vroue met PSOS dikwels ’n ma of sussie met dieselfde toestand het. Dogters kan ook die geen van hulle pa kry. Mans wat voor 30 bles word, het tien teen een die PSOS-geen. PSOS kan gewigstoen­ame, insulien weerstandi­gheid, hewige haargroei, aknee en ovulasiepr­obleme veroorsaak.

HOE WORD PSOS BEHANDEL?

Dit word op verskeie maniere behandel. Vroue met PSOS is dikwels oorgewig. Hulle word eers aangeraai om gewig af te skud en lewenstylv­erandering­e te maak, soos om gesonde eetgewoont­es aan te kweek en te begin oefen. As jy swanger wil word, sal jy fertilitei­t s behandelin­g ontvang wat ovulasie stimuleer, terwyl voorbehoed­pille weer dikwels vir ander vroue met PSOS voorgeskry­f word omdat dit die menstruele siklus beheer, die manlike hormoonvla­k verlaag en help om aknee te verbeter. Jy kan ook medikasie vir swaar en ongewenste haargroei neem, maar dit sal nie jou vrugbaarhe­id verbeter nie. Dus behandel jou dokter jou spesifieke behoefte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa