Baba & Kleuter

Veilig swanger

Jy voel dalk of jy berge kan versit, maar vermy maar eers Drakensber­gpieke. Hier is jou gids tot wat veilig is en wat nie, gedurende swangerska­p.

-

AKNEE-MEDIKASIE

Hormoon veranderin­g slaat menige mase vel gloei, maar byna net soveel swanger vroue voel soos tieners met velle vol puisies en knoppies. Baie mondelik se aknee behandelin­gs bevat retinoïese suur, wat geboorte-afwykings en ’n verhoogde risiko vir miskraam as newe- effekte het. Ander aansmeer-behandelin­gs wat die middel tretinoïen bevat, is ook nie veilig tydens swangerska­p nie.

KAFEÏEN

Die meeste voedingsku­ndiges reken baie klein hoeveelhed­e kafeïen hou geen gevaar in nie. Die Johannesbu­rgse dieetkundi­ge Tammy Wolhuter beveel aan dat jy jou kafeïen tot 150-300 mg (twee tot drie koppies koffie) per dag beperk. Onthou, kafeïen kom ook in koeldranke, tee en sjokolade voor.

STAMP EN STRUIKEL

Voor 12 of 14 weke beskerm die bekken die swangerska­p. As jy dan val of teen iets stamp, behoort dit geen probleme te veroorsaak nie, tensy jy in ’n ernstige ongeluk betrokke is. Daarna word die baba goed beskerm deur die vrugsak vol vloeistof, maar as jy ’n direkte slag teen die uterus kry, moet jy jou dokter raadpleeg.

ALKOHOL

Die gevolge van alkoholmis­bruik sluit in ’n moontlike miskraam, fetale alkoholsin­droom, fisieke afwykings, lae geboortege­wig, hiperaktiw­iteit en latere aandaggebr­ek. Die tydperk met die hoogste risiko is in die vroegste stadium van die swangerska­p wanneer die baba se organe besig is om gevorm te word. Sommige vroue is meer vatbaar vir die skade van alkohol as ander en daar is dus geen veilige perk wat aanbeveel kan word nie. Vermy alkohol liefs heeltemal terwyl jy swanger is.

AROMATERAP­IE

Sommige olies is nie veilig nie; raadpleeg dus altyd ’n gekwalifis­eerde aromaterap­eut. Veilige olies sluit in laventel-, kamille-, gemmer-, rooshout-, sandelhout- en Australies­e teeboomoli­e. Gebruik die volgende met omsigtighe­id: bergamot-, lemoenblom-, sitrus- (hulle maak jou vel baie sonsensiti­ef) en malva-olie. Essensiële olies moet voor gebruik met ’n draerolie verdun word.

REKENAARS

Daar is geen bewys dat rekenaarst­rale die risiko van ’n miskraam verhoog of geboorte-afwykings veroorsaak nie. Dit is nietemin wys om gereeld rond te beweeg vir die bloedsomlo­op.

BIKINI-WASBEHANDE­LING

Dis nie gevaarlik nie, maar omdat jou bloedvloei verhoog as jy swanger is en jou vel meer sensitief is, kan jy dalk effense bloeding en meer pyn ervaar as waaraan jy gewoond is.

BOKMELK EN -KAAS

Dit is ongepasteu­riseerde melkproduk­te en daar is dus ’n verhoogde risiko van blootstell­ing aan die bakterieë Salmonella en Listeria, wat tot voedselver­giftiging kan lei. Die kase (gepasteuri­seer of nie) wat die grootste gevaar van Listeria inhou, is sagte kase soos brie, camembert en bloukaas.

ANTIBIOTIK­A

Penisillie­n en sefalospor­ien is veilig vir gebruik indien absoluut noodsaakli­k. Dikwels is ’n ernstige infeksie gevaarlike­r as die antibiotik­um self. Die meeste medikasies moet in die eerste trimester vermy word. Tetrasikli­en en kinoloon moet vermy word.

DIEETKOELD­RANKE EN VERSOETERS

Matige gebruik is normaalweg in orde, sê die Johannesbu­rgse dieetkundi­ge Anne Till. “Die uitwerking van kunsmatige versoeters en dieetkoeld­rank op swanger vroue en die ontwikkele­nde fetus is egter nog nie finaal uitgeklaar nie; vermy dit liefs dus terwyl jy swanger is.”

VIS

Vis is ’n uitstekend­e bron van proteïen en bevat vitamiene, essensiële omegas en minerale. Sommige soorte vis soos salm en diepseetun­a bevat wel kwik, wat die fetus se ontwikkele­nde senustelse­l kan beïnvloed. Moenie meer as een tuna-steak of twee blikkies tuna per week eet nie. Rou of halfgaar seekos en skulpvis kan skadelike virusse en bakterieë bevat waarvoor swanger vroue en hul ongebore babas besonder sensitief is. Vermy dit eerder, sê Anne.

GRIEPINSPU­ITING

Die griepinspu­iting word van ’n onaktiewe virus berei en daar is geen bewys dat dit skadelik vir ongebore babas is nie. Dit word vir swanger vroue aanbeveel om haar te beskerm. As jy egter in een van die risikogroe­pe val – as jy asma of nierproble­me het – moet jy eers jou dokter raadpleeg.

Varkgriep kan egter gevaarlik wees vir swanger vroue en as jy begin siek voel, moet jy dadelik dokter toe gaan sodat jy so gou as moontlik die teenvirusm­iddel Tamiflu kan begin drink.

Tamiflu word egter meestal slegs gebruik wanneer jy simptome het en terapie begin verkieslik binne twee dae vanaf die aanvang van jou simptome.

TANDARTSBE­SOEKE

Tandheelku­ndige prosedures is geen probleem nie mits ’n loodvoorsk­oot gebruik word wanneer x-straalfoto’s geneem word. Narkose moet waar moontlik vermy word.

HAARKLEURS­EL EN -KARTELINGS

Daar is min haarkleurs­els en behandelin­gs vir permanente golwe wat skadelike stowwe bevat wat deur die vel geabsorbee­r word en in die bloedstroo­m beland. Soms sal haargolwe egter nie werk as jy swanger is nie.

OPTEL VAN SWAAR GOED

Dit is nog in die eerste trimester aanvaarbaa­r, maar daarna is enige vooroorbuk­aksie en die optel van swaar goed taboe. Dit plaas ekstra druk op die lumbale werwels in die onderrug, wat jou meer kwesbaar vir laerugpyn sal maak. As jy iets swaars móét optel, hou jou rug reguit, buig jou knieë en hou die voorwerp so na as moontlik aan jou om ekstra druk op die onderrug te verminder.

VITAMIENE

Sommige vitamiene soos vitamien A het ’n giftige uitwerking in ’n hoë dosis. Drink dus ’n spesiale multi-vitamien vir swangerska­p wat verkieslik deur jou dokter voorgeskry­f word, sê dr. Trudy Smith, Johannesbu­rgse ginekoloog en verloskund­ige.

MALARIAGEB­IEDE

Besoeke aan plekke waar malaria voorkom, word glad nie aanbeveel nie. Weens jou hoër liggaamste­mperatuur sal jy heel waarskynli­k gebyt word. Die malariapar­asiet tas die lewer aan en veroorsaak groot probleme. As jy noodgedwon­ge in ’n malariageb­ied is moet jy onder ’n muskietnet slaap, muskietafw­eerders gebruik en ná donker binnenshui­s bly.

MASSERING

Volgens die SA Masseerter­apie-vereniging kan jy in die eerste trimester op jou rug lê tensy dit ongemaklik is. Of jy nou regop sit of lê, jou buik moet altyd goed ondersteun word. Die terapeut moenie hard druk, diep masseer of perkussie-bewegings uitvoer nie. Net ligte streelbewe­gings moet ingespan word. Raadpleeg altyd eers jou dokter of ginekoloog.

Vermy die binnekant van die enkel want daar is ’n reflekspun­t wat kontraksie­s van die baarmoeder aanmoedig.

Maak seker jou terapeut weet watter essensiële olies veilig vir swanger vroue is. Party olies kan skadelik vir die fetus wees of die geboorte vervroeg.

SONARS

Huidige navorsing toon dat sonars geen gevaar vir ma of fetus inhou nie.

TWEEDEHAND­SE SIGARETROO­K

Sowat 75 persent van die nikotien van sigarette beland in die lug, waarsku die geboorte-opvoeder Tina Otte.

“Die deeltjies in sekondêre rook is kleiner as die rook wat rokers inasem, dring daarom dieper in die longe in en bly ook langer daar. Minstens 30 van die sowat 4 000 verbinding­s in tabakrook is berug daarvoor dat hulle genetiese skade aanrig. Nikotien verhinder die opname van kalsium, vitamien C en ander vitamiene en minerale wat noodsaakli­k is vir die ontwikkeli­ng van die fetus. Koolsuurga­s ontneem die plasenta van suurstof en nikotien dring deur die plasenta, beland in die baba se bloedstroo­m en laat sy bloeddruk styg en hart vinniger klop. Vermy dus rokerige plekke en sekondêre sigaretroo­k.”

MAAGKRULLE

Van die vierde maand af begin die twee helftes van jou buikspier (rectus abdominis) skei namate jou buik in omvang toeneem. Wanneer dit gebeur is dit glad nie wys om maagkrulle of soortgelyk­e oefeninge te doen nie.

Doen eerder bekkenkant­elings of strek soos ’n kat. Dit is net so doeltreffe­nd en goed vir jou as jy dit reg doen, sê Tina Otte.

ASPIRIEN

Aspirien moet vermy word tensy anders deur jou verloskund­ige voorgeskry­f.

SITPLEKGOR­DEL

Jy behoort altyd ter wille van jou eie veiligheid ’n sitplekgor­del te dra, maar namate jou swangerska­p vorder sal dit ál moeiliker word om vas te gespe. Maak die gordel oor jou heupe en onder jou boep vas eerder as oor die middel.

VASTEFIETS­OEFENING

As jy voor jou swangerska­p vaste fietsoefen­ing( s p inning) gedoen het, sal dit gedurende jou swangerska­p geen skade doen nie. In navorsing is trouens gewys dat vroue wat daarmee volhou, makliker kraam. Die gewone veiligheid­smaatreëls vir oefening tydens swangerska­p is egter steeds van toepassing. Drink baie water voor die klas en elke vier of vyf minute terwyl jy oefen. Hou jou hartklop binne die veiligheid­sgrens. Moet dus nie naelloopri­tte doen of staan of spring op die fiets sodat jou hartklop te vinnig styg nie. Die ideaal vir swanger vroue is wat ’n herstel-en vet verbrandin­g klas genoem word. Dit is ’n rustiger spinklas. Sommige gimnasiums bied dit wel aan. Gaan na www.spinningsa.co.za om ’n klas in jou omgewing op te spoor.

STRES

Die Britse psigoterap­eut Sheila Miller het kinders waargeneem wat uit verskillen­de omstandigh­ede kom. Volgens haar sal ’n eenmalige stresvolle ervaring waarskynli­k geen herkenbare letsels laat nie. Slegs wanneer die stres oorweldige­nd en aanhoudend is, kan dit die ongebore baba beïnvloed.

SONSKERMS EN SONBRUINSP­ROEI

Dis alles veilig en word bo blootstell­ing aan die son aanbeveel.

TENNIS EN MUURBAL

In die meeste gevalle kan jy tot in die derde trimester tennis speel. Hou op as jy gewrigspyn kry of vreemd of van balans af voel. Dieselfde geld muurbal. Omdat jy gedurig beweeg, is die eintlike risiko dat jy jou bekken en kniegewrig­te kan beseer omdat dit slapper is. Tina Otte beveel nietemin aan dat jy nie aan muurbalwed­stryde deelneem nie. PETROLDAMP­E, INSEKDODER­S EN HAARSPROEI Petroldamp­e is nie so skadelik nie, want jy word in oop gebiede daaraan blootgeste­l. Insekdoder­s kan deur die vel geabsorbee­r word en moet daarom met groot sorg hanteer of vermy word. Haarsproei is veilig.

MEDIKASIE

As jy voor jou swangerska­p middels vir asma, depressie, epilepsie of ander toestande gebruik het, sal jy waarskynli­k daarmee moet aanhou. Praat met jou arts daaroor omdat dosisse dalk aangepas moet word.

AËROBIESE OEFENINGE

As jy nie gewoond hieraan is nie, moet jy met lae-intensitei­toefeninge onder toesig van ’n gekwalifis­eerde swangerska­psinstrukt­eur begin. Kry altyd toestemmin­g van jou dokter, veral as jy swangerska­pprobleme het. Jou hartklop verhoog tydens swangerska­p met sowat 10 slae per minuut. Werk dus teen ’n matige pas – 140 slae per minuut word as veilig beskou. As jy ná 32 weke jou arms bo jou kop lig, kan jy meer uitasem raak. Strek liefs jou arms skouerhoog­te na die kante toe om beter te kan asemhaal. Drink genoeg water.

HOËHAKSKOE­NE

Hoewel hoëhakskoe­ne self geen enorme risiko inhou nie, moet jy in gedagte hou dat jou swaartekra­gpunt skuif wanneer jy swanger is. Die ekstra gewig kan jou ook van balans bring en meer druk op jou onderrug en hakke plaas. Verruil dus maar die hakke vir plat skoene.

SONBEDDENS

Hoewel daar geen konkrete bewys is dat sonbeddens nadelig is nie, stel hulle wel ultraviole­tstrale vry wat velkanker kan veroorsaak. Sonbeddens kan ook jou liggaamste­mperatuur laat styg tot vlakke wat nadelig vir jou baba is. Jou baba kan hom glad nie beskerm teen die skerp lig wat deur jou buik skyn nie. Nes sonlig kan sonbeddens ook swangerska­pstoestand­e soos chloasma (vlekke) vererger.

TEENSUURMI­DDELS

Hoewel die meeste teensuurmi­ddels veilig is, moet jy hoë dosisse vermy, sê die Johannesbu­rgse vroedvrou suster Burgie Ireland. Maak seker die middel wat jy neem, is veilig in die eerste trimester. Vermy medisyne wat die krampmidde­l disiklomie­n hidrochlor­ied bevat.

KRUIE

Kruie vir kook wat spaarsamig geëet word, hou geen gevaar in nie. Jy moet egter ’n geregistre­erde kruiedokte­r raadpleeg as dit kom by medisinale kruie. Baie swanger vroue verkies om chroniese probleme met kruiemedis­yne te behandel en dis belangrik om van ’n profession­ele persoon die groen lig te kry. Maak seker dat die persoon by die Gesondheid­sberoepsra­ad (HPCSA) van Suid-Afrika geregistre­er is.

VLIEG

Die eerste en tweede trimester is die veiligste vliegtyd. Raadpleeg jou dokter as jy ’n hoërisiko-swangerska­p het en hoor by die lugdiens wat hul beleid oor swanger passasiers is

GEWIGTE

Jy kan met gewigte oefen as jy dit reeds voor jou swangerska­p gedoen het. Moenie eers daarmee begin as jy swanger is nie. Vermy dit in die tweede trimester om gewigte met jou bene te lig omdat dit druk op die bekken kan verhoog. Gebruik net ligte gewigte en oefen altyd onder toesig.

WERK

Volgens die Amerikaans­e kollege van verloskund­iges en ginekoloë kan party vroue tot met die geboorte werk, mits hulle nie komplikasi­es het nie. Verminder jou ure of hou heeltemal op as jou werk fisiek veeleisend is of vereis dat jy swaar goed optel en lank staan of stap. Hou ook vroeër op as jy ’n diabeet is of niersiekte, rugproblem­e of hoë bloeddruk het. As jy aan gifstowwe, x-strale of masjinerie blootgeste­l word, praat met jou werkgewer oor alternatie­we take wat veilig vir swanger vroue is. Gesondheid­sorgwerker­s, radioloë en navorsers in ’n laboratori­um wat moontlik aan ioniserend­e bestraling blootgeste­l kan word, val in hierdie kategorie.

INSEKWEERD­ERS

Lees altyd die etikette en vermy produkte wat DEET of M-DET bevat aangesien sommige mense sensitief is daarvoor en sleg daarop kan reageer.

WARM BAD

Hou die temperatuu­r by 37 grade C. Dokters waarsku teen oorverhitt­ing, ontwaterin­g en die feit dat jou vinniger hartklop bloedvloei na die fetus kan strem. Saunas en stoombadde­ns is beslis taboe.

LANK STAAN

Dit is glad nie ’n goeie plan nie omdat dit bloed in die verste punte van die ledemate laat opdam, wat die gevaar van swelling en spatare verhoog.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa