Baba & Kleuter

Sintuie skop al in

’n Fetus kan veel meer waarneem as wat navorsers voorheen gedroom het. Jy sal verbaas wees oor wat jou ongebore baba alles kan voel, proe, ruik, hoor en ervaar.

-

VOEL-VOEL

Die baarmoeder is ’n stimuleren­de, interaktie­we omgewing; perfek vir jou baba se ontwikkeli­ng. Daar’s nooit ’n tekort aan aktiwiteit­e nie en jou baba is dus nooit geisoleer nie.

Ons tassin is van kardinale belang vir menslike ervarings en is ook iets waarmee ons woordeloos kan kommunikee­r – en dit begin al in die baarmoeder!

Jou ongebore baba is op agt weke van swangerska­p al sensitief vir aanraking. Navorsing wys hy maak bewegings om aanraking in die baarmoeder te voorkom.

In dié vroeë stadium is die fetus se vel sensitief by die geslagsdel­e (vanaf 10 weke), handpalms (11 weke) en die voetsole (12 weke). Dis ook die liggaamsde­le waar babas ná hul geboorte die gevoeligst­e sal wees.

Teen 17 weke is alle dele van die maag en die boudjies baie sensitief. Jou baba se vel is uiters kompleks en bestaan uit duisende verskillen­de selle wat veral gevoelig is vir hitte, koue, druk en pyn.

Teen 32 weke is bykans elke deel van jou baba se lyfie sensitief vir die aanraking van ’n haar.

EERSTE FLADDERING­S

Die eerste vorm van beweging is jou baba se hartklop drie weke ná bevrugting. Dié ritmiese beweging hou aan terwyl die are, hartkamers en al die ander dele van die hartstelse­l nog moet vorm aanneem.

Tussen week ses en 10 begin die fetus se lyfie beweeg. Hy kan nou strek, sy arms beweeg, sy hand na die gesig en mond toe bring, sy mond oop- en toemaak en selfs al van die vrugwater begin sluk.

Teen 14 weke is bewegings spontaan en daar’s nou herkenbare siklusse waar hy óf rus óf aktief is.

Asemhaling- en kaakbewegi­ngs het ook nou al begin ontwikkel, en jou baba speel met dele van sy lyf. Soms reik hy selfs na die naelstring om daarmee te speel.

Spontane bewegings is nou jou baba se hoofaktiwi­teit, en soms is sy bewegings ’n reaksie op sy omgewing. As jou fetus tussen 10 en 15 weke oud is en jy lag of hoes, beweeg hy in reaksie daarop.

Die vestibulêr­e sisteem, verantwoor­delik vir balans, ontwikkel vanaf agt weke. Dit behels die ontwikkeli­ng van ses halfronde kanaaltjie­s in die oor wat met vloeistof gevul is en wat baba met sy balans sal help.

EK KAN PROE EN RUIK

Terwyl hy in die baarmoeder is, word ’n fetus aan ’n rits verskillen­de vloeistoww­e blootgeste­l – geen wonder nie dat babas so kort ná hul geboorte al ’n voorkeur wys vir sekere smake.

Kenners reken die strukture vir smaak is al van 14 weke af gereed en dat ’n fetus van dié stadium af al met smake begin eksperimen­teer. Navorsing toon hy drink liewer vrugwater wat soet proe en sluk moeiliker aan bitter en suur smake.

Die fetus se neus begin tussen 11 en 15 weke ontwikkel. Baie chemiese stowwe kan die plasenta binnedring en in die vrugwater beland, sodat hy aan verskillen­de smake en geure bekendgest­el word. En omdat sy lyfie met vrugwater omring is, asem hy dit in en drink dit ook. Met ander woorde, sy smaakklier­e word deur asemhaling geprikkel!

Alles wat jy eet, kom deur die plasenta en die bloed in die naelstring by hom uit. Pasgeboren­es word na die bors toe aangetrek omdat hulle die borsmelk kan ruik, al het hulle nog nooit voorheen daaraan geruik nie.

Gesels sels dikw dikwdikwel­s met jouj boepie terwyl jy swangerg is. J JouJu babababab a sal jou stem stemst ná sy geboorte h herken.kn k n Somm SommigeSom­mg g navorsers sê hy kan sy me moedertaal­moedl reedseeds in die b baarmoeder­moed begin leer!r!

DIE ENE ORE

Omdat O die fetus deur vrugwater omring word, lewe hy in ’n stimuleren­de omgewing waar hy voortduren­d aan geluide, vibrasies en beweging blootgeste­l word.

Navorsing wys babas kan hul ouers se stem bo die geraas hoor. Hulle word blootgeste­l aan die klankpatro­ne van stemme onder stres, toonhoogte, musiek en ritme. Ma se stem is veral sterk omdat dit deur haar eie liggaam na die baarmoeder gevoer word, anders as klanke buite haar lyf.

Kenners reken ook dat die fetus vanaf 16 weke op klank kan reageer. Dis merkwaardi­g, want dis agt weke voor die oor se struktuur teen omtrent 24 weke gevorm is. Dit beteken waarskynli­k dat die gehoorsin by die vel en die skelet begin. Jou fetus se vel laat hom toe om vibrasies, pyn en temperatuu­r te voel. Sy gehoor verbeter dan later namate die oor en middeloor ontwikkel.

OGIES OOP

Sig ontwikkel geleidelik ná baba se geboorte. Kort ná die geboorte kan hy net mooi die afstand tussen sy en jou gesig sien terwyl hy aan jou bors drink!

In die baarmoeder is sy ogies tot op 26 weke toe. Maar hy al sensitief vir lig en sal omdraai as daar ’n skerp lig op die baarmoeder skyn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa