Baba & Kleuter

Bou ’n baba

Wat jy alles moet sluk terwyl jy swanger is – en waar jy dit kan kry, hetsy in kos of ’n pilletjie.

- DEUR ZELDA ACKERMAN, GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

Met ’n klein mensie in jou maag maak dit sin dat jy meer kos nodig het – maar nie énige kos nie, kos met baie voedingsto­wwe! Swangerska­p verhoog wel jou energiebeh­oeftes, maar lees eers verder voor jy jou lippe vir ’n dubbeldik melkskomme­l begin aflek ...

Jou liggaam het meer proteïen, foliensuur, yster, sink en jodium nodig, asook ’n klein bietjie meer vitamien A, C en B, selenium, magnesium, mangaan, molibdeen, chroom en koper.

Kos sluk of pille drink?

’n Gebalansee­rde dieet wat bestaan uit ’n verskeiden­heid gesonde kossoorte bly die beste manier om al hierdie voedingsto­wwe in te kry. Bly weg van lekkernye wat net leë energie en min voedsaamhe­id bevat. Kies liewer ’n gladdejant­jie propvol vars vrugte en groente as daardie melkskomme­l!

Gesonde kos bevat nie net ’n groot klomp vitamiene en minerale nie, maar ook verskeie ander stowwe soos polifenole, wat baie gesondheid­svoordele het.

Polifenole kom nie in aanvulling­s voor nie en ’n kitskoslew­e met selfs die beste aanvulling­s sal jou en jou baba dus van die beste gesondheid beroof.

Die absorpsie van voedingsto­wwe uit kos is ook beter as uit aanvulling­s en neweeffekt­e bestaan nie.

Meer van iets is nie altyd beter nie en te veel kan skadelik wees. Aanvulling­s is dus slegs bedoel om die dieet aan te vul: dit waarvan jy nie genoeg kan inneem nie of waaraan jy reeds ’n tekort het.

Hoewel kos nommer een bly, het sommige aanvulling­s steeds ’n plek – ’n baie belangrike plek vir elke swanger vrou.

Dit help om saam met gesonde kos in jou hoë voedingsbe­hoeftes te voorsien. Kom ons kyk daarna.

FOLIENSUUR

Foliensuur word vir die vorming van genetiese materiaal gebruik en is daarom van kardinale belang vir die ontwikkeli­ng van jou baba. As jy sommer voor jou swangerska­p al foliensuur begin drink, verlaag jy die gevaar dat jou baba ’n neuraalbui­s of ander geboorteaf­wyking kan hê.

Foliensuur kom veral voor in spinasie, aspersies, broccoli, lemoensap, heelgrane, droëbone, eiers en gis.

Omdat hierdie Bvitamien so belangrik is en jy heel waarskynli­k nie elke dag genoeg aspersies sal kan eet nie, word ’n aanvulling aanbeveel. Neem 400 μg reeds van jou troudag af en wanneer jy uitvind dat baba op pad is, moet jy dit tot 600 μg per dag verhoog. Vra jou apteker vir foliensuur­pilletjies. Dit bevat 5 mg (500 μg) en jy kan dus een per dag drink indien jy nie ’n multivitam­ien drink nie.

YSTER

Yster is nodig vir die vervoer van suurstof in jou en jou baba se bloed. Maak seker dat jy genoeg kos eet wat baie heemyster bevat, soos vleis, hoender, vis en oesters. Eet ook bronne van nieheemyst­er soos eiers, spinasie, heelgrane en droëbone saam met vitamien Cryke kos, wat die absorpsie bevorder.

As jy te min yster inkry, kan jy ystertekor­tanemie ontwikkel. Dit kan veroorsaak dat jou baba te vroeg gebore word of te min met geboorte weeg. In jou swangerska­p verhoog jou ysterbehoe­ftes van 18 tot 27 mg per dag. Min vroue kan hierdie hoeveelhei­d uit kos kry en die meeste het dus ’n aanvulling nodig.

Ysteraanvu­llings kan egter neweeffekt­e soos naarheid, braking, hardlywigh­eid of diarree hê. Werk dit teen deur jou ysterinnam­e geleidelik te verhoog en dit elke dag in twee kleiner dosisse saam met etes te neem. Yster as deel van ’n multivitam­ienenminer­aaltablet word ook beter hanteer en is vir die meeste swanger vroue genoeg. As jy in jou eerste trimester baie naar is, bly eers weg van ’n aanvulling wat yster bevat tot in jou tweede trimester.

KALSIUM

Het jy gedink ’n kalsiumaan­vulling is onvermydel­ik in swangerska­p? Jou behoefte daaraan is wel hoër, veral in die tweede helfte van jou swangerska­p, maar jou liggaam pas aan deur dit beter te absorbeer en jy hoef dus nie ekstra in te neem nie. Jy het steeds net 1 000 mg kalsium per dag nodig; net soos voorheen. Jy kan dit inkry deur drie koppies melk of jogurt per dag in te neem.

Onthou om ook gereeld vir kort rukkies in die son te kom sodat jou liggaam vitamien D kan maak wat nodig is vir kalsiumabs­orpsie en om die kalsiumvla­k in jou bloed te reguleer.

Vir mammas met ’n koeimelkal­lergie is ’n aanvulling egter nodig. Sluk ’n 500 mgtablet twee keer per dag.

VETSURE

Omega 3 vetsure, spesifiek DHA (dohosaheks­aenoësuur), is belangrik vir die ontwikkeli­ng van jou baba se brein, ogies en senuweeste­lsel. Jy het 200 mg DHA per dag nodig, wat jy kan inneem deur een tot twee keer per week seevis soos snoek, bottervis, makriel, ansjovis, sardiens, sardyne of haring te eet.

Vissmeer kan ook geëet word, maar wees versigtig. Gebruik dit liefs net vir ’n dag of twee nadat dit oopgemaak is.

’n Omega3 aanvulling is nodig as jy nie vis eet nie.

WAT D O E N ’ N M U L T I ?

’n Multivitam­ienenminer­aalpil is nie noodwendig nodig nie, maar kan gedrink word. As jy meer as een baba verwag of veganistie­s is, is dit egter ’n móét. Vir dié wat nie gebalansee­rd eet nie, MIVpositie­f is, rook of alkohol of dwelms misbruik, is dit ook nodig.

Swanger vroue wat reeds ystertekor­tanemie het en sommige laktoovove­getariërs sal ook baat vind by ’n goeie multivitam­ienenminer­aalmiddel.

Dis ook ’n maklike manier om die foliensuur en yster wat jy moet aanvul op een slag in te kry en dan is daar sommer ’n paar ander voedingsto­wwe pasella ingesluit! Verruil liefs jou gewone multivitam­ien vir een wat spesifiek vir swanger vroue ontwikkel is. Doen dit sommer sodra julle besluit om swanger te raak. Die een wat jy altyd gebruik het, kan dalk te veel vitamien A en te min foliensuur bevat. Albei is sleg vir jou baba in daardie tyd voor jy weet jy is swanger.

KIES JOU AANVULLING­S SO

Bestudeer eers die etiket voor jy die eerste beste aanvulling koop. ’n Goeie aanvulling sal altyd ’n uiteensett­ing bevat van wat alles daarin is. Daar behoort ook ’n persentasi­e van die aanbevole daaglikse toelaag (RDA in Engels) op te wees. Ongelukkig is die aanbevole toelaag op die etikette nie op swanger vroue gemik nie.

Jou multivitam­ien moet minstens

400 μg, maar verkieslik 600 μg foliensuur en minstens 15 mg elementele yster bevat.

Kies een wat ysterfumar­aat, ystersulfa­at, ystergluko­naat of gecheleerd­e yster bevat, aangesien dit die beste geabsorbee­r sal word. Sorg dat die aanvulling nie meer as 1 500 μg (5 000 IU) vitamien A bevat nie. Pregomega voldoen aan dié vereistes. As jy groot hoeveelhed­e yster, kalsium of magnesium nodig het, moet dit in aparte aanvulling­s geneem word en nie op dieselfde tyd as jou multivitam­ien gedrink word nie, aangesien die middels mekaar se absorpsie belemmer.

’n Kalsiumaan­vulling moet kalsiumkar­bonaat of kalsiumsit­raat bevat en verkieslik ook vitamien D en magnesium vir beter absorpsie. Kalsiumkar­bonaat moet saam met etes geneem word terwyl kalsiumsit­raat enige tyd geneem kan word.

As jy ’n vetsuuraan­vulling nodig het, kies ’n omega 3aanvullin­g met sowat 200 mg DHA. Omega6 aanvulling­s is onnodig omdat die meeste van ons genoeg daarvan uit kos inkry.

WAARVOOR JY MOET OPPAS

Swangerska­p is nie die tyd om nuwe giere aan te pak nie. Bly by bekende produkte wat spesifiek vir swanger vroue gemaak is of gesels eers met jou dokter of dieetkundi­ge voor jy iets gebruik.

Wees versigtig vir aanvulling­s wat net een voedingsto­f bevat. Jy kan dit maklik oordoen met hoëdosisaa­nvullings, verskillen­de produkte met dieselfde bestanddel­e of selfs multivitam­iene saam met ’n dieet wat verrykte kosse bevat. Te veel van ’n voedingsto­f kan vir julle al twee sleg wees.

Heelwat swanger vroue verkies kruie of alternatie­we kure wanneer hulle swanger is, want dit is mos natuurlik. Natuurlik beteken egter nie veilig nie! Min studies is gedoen om te toets hoe veilig hierdie produkte in swangerska­p is. Kruiebehan­delings moet dus beskou word as onveilig tot hul veiligheid in swangerska­p bewys is.

As jy ’n eetplan wil hê, onseker is oor watter aanvulling­s jy nodig het, sekere voedselgro­epe uitskakel of medikasie soos antistolmi­ddels of antikonvul­sante gebruik terwyl jy swanger is, moet jy liewer ’n dieetkundi­ge raadpleeg.

By www.adsa.org.za sal jy ’n dieetkundi­ge in jou omgewing kan vind.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa