Baba & Kleuter

V& A Kateter; baba se skoppe; kraam

-

VEk het gekies om ’n keisersnee te kry en het vir ’n spinale blok gevra. As die keisersnee in die oggend gedoen word, sal die kateter daardie middag al verwyder kan word of eers die volgende oggend? Ek hou niks van die idee van ’n kateter nie en hoe gouer dit uitgehaal word hoe beter, maar ek het feite nodig sodat ek die personeel kan oortuig om te doen wat vir my die beste is en nie net wat by hul skedules pas nie.

ADR. JP DU BUISSON

ANTWOORD: Jy sien seker vreeslik uit na die geboorte van jou baba. Die kateter is daar omdat jy ’n paar uur ná die spinale blok nie kan voel dat jou blaas vol is nie.

Dit help ook jou ginekoloog en die verpleegsp­an om ’n ogie te hou oor jou vernaamste lewensteke­ns, sodat hulle betyds gewaarsku kan word as daar probleme sou ontstaan.

Daar vind in die eerste 24 tot 48 uur ná die geboorte ’n herverspre­iding van vog plaas wat daartoe kan lei dat sommige vroue tot 500 ml urien per uur produseer. Weens die onlangse swangerska­p ( hetsy keisersnee of normale bevalling) kan dit gebeur dat ’n mens nie eens agterkom jou blaas is vol nie. Dit, saam met die

verhoogde urienprodu­ksie, kan die blaas te veel laat rek sodat ’n mens later in jou lewe blaasprobl­eme kan kry. ’n Vol blaas kan ook bydra tot verhoogde bloeding ná die keisersnee omdat dit keer dat jou baarmoeder lekker saamgetrek bly.

Daarby is die eerste dag ná die geboorte die dag wanneer jy die seerste het. Hoewel die kateter ná ses uur verwyder kan word, kan dit maar pynlik wees om ’n bedpan te gebruik of gereeld uit die bed op te staan om ’n draai te loop. Die narkotiseu­rs verkies ook dat vroue nie te vinnig ná die spinale blok beweeg nie om die gevaar van hoofpyn te verminder.

Dit is dus waarlik in jou belang om die kateter 20 tot 24 uur ná die keisersnee in jou blaas te hou. Ek is seker jou dokter sal dit nie langer inlaat as wat nodig is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa