Baba & Kleuter

Beste slaapomgew­ing vir baba

Jy en jou baba gaan baie tyd in die babakamer deurbring – dis dus die moeite werd om ’n kamer te hê wat veilig, rustig en goed georganise­erd is. Dink in die eerste plek daaraan as jou baba se slaapomgew­ing wanneer jy die kamer beplan.

- DEAUR COLETTE DU PLESSIS

KIES ’N KAMER

Naby of ver van jou kamer af? Dis die eerste besluit wat jy oor die babakamer sal neem, en dis meestal ’n hoogs persoonlik­e besluit.

Sommige ouers hou daarvan om te weet die babakamer is naby, ander verkies dit weer ver sodat hulle nie wakker word van elke klein babageluid­jie nie. Die rigting waarin die babakamer se vensters kyk, is egter belangrike­r as die afstand van jou kamer af.

In Suid-Afrika kan ’n kamer met groot vensters aan die suidekant van jou huis te koud word. Die ideaal is ’n kamer met vensters wat noord wys.

Moet ook nie vergeet van die bure se braaiplek of erger nog, hul hondehok nie. Jou baba gaan in daardie eerste paar maande baie slaap en ’n aanhoudend­e geblaf of skielike harde musiek kan hom wakker hou.

Voor jy op ’n babakamer besluit, is dit ’n goeie plan om self ’n nag lank in daardie kamer te slaap. Hoe anders gaan jy weet van die raserige warmwaters­ilinder in die kamer se dak of ’n pyp wat reg langs die muur afloop en ’n onaardige geluid maak elke keer as iemand die stortkraan opdraai? En wie sou ooit kon raai die straatlig skyn net mooi by daardie kamer in?

Wees ook op die uitkyk vir ’n moontlike trek in die kamer.

VOOR DIE VENSTERS

Gevoerde gordyne wat lig uithou sal die kamer donkerder maak en jou baba herinner aan die baarmoeder, wat sy aanpassing in sy nuwe wêreld ’n bietjie kan aanhelp. Gordyne wat die lig uithou sal daardie allerbelan­grike dagslapies ook makliker maak.

OP DIE VLOER

Goed, julle het op die beste kamer besluit – nou is dit tyd om oor die binnekant van die kamer te besin. Hoe lyk die mat? Moet dit dalk vervang word? Matte versamel stof en stof is ’n algemene allergeen. As julle die kamer ’n nuwe vloerbedek­king wil gee, oorweeg houtvloere met los matte. Hierdie soort vloere word makliker skoon gehou en los matte kan meer gereeld vervang of omgeruil word.

DIE BESTE BABABED

Die bababed is sekerlik die belangriks­te meubelstuk wat julle vir jul bondeltjie gaan koop.

Vergeet eers van voorkoms en funksie – veiligheid is die belangriks­te oorweging. HIER IS ’ N PA AR WENKE:

Vra na veiligheid­skodes (dis die nommers wat met ’n EN begin). Bababedden­s met ’n veiligheid­skode behoort diep genoeg te wees om te keer dat jou baba later uitklim. Die openinge tussen die sparre moet klein genoeg wees dat jou baba nie daardeur kan val nie.

Een van die kante van die bedjie moet verkieslik kan oopmaak (dit skuif gewoonlik op en af) sodat jy jou baba maklik kan in- en uittel. Maak seker die meganisme is van so ’n aard dat ’n ouer kind dit nie sommer sal kan oopmaak nie.

TEEN DIE MURE

Die kleur van ’n babakamer is baie belangrik. Hoewel babas baie van helder kleure hou, moet ’n mens hul kamer liefs nie te vrolik versier nie, veral nie aan die begin nie. ’n Babakamer moet ’n kalmerende invloed op jou baba hê nie. Kies liewer gedempte kleure met min kontras.

BABA-BELIGTING

Hoe skyn die son bedags in die kamer? Is dit te fel? Die gordyn of blinding wat jy kies, asook die plek van die bababed, sal hierdeur beïnvloed word.

’n Nagliggie of ’n lig met ’n doofskakel­aar is ook ’n goeie plan. So kan jy jou baba in die donker kom voed sonder om oor iets te struikel én die omgewing kalm hou terwyl hy drink.

Oppas vir ’n staanlampi­e op sy doekruilst­asie, want vanuit die posisie waarin jou baba lê as jy sy doek ruil, skyn die lampie dalk direk in sy ogies.

Maak seker die bed is met loodvrye verf geverf. Die meeste nuwe beddens sal aan dié vereistes voldoen, maar ’n ou of antieke bed dalk nie.

As julle ’n opslaan- of kampbedjie wil koop, maak seker dit het ’n sterk basis en gebruik net ’n matras wat vir die bed aanbeveel word.

Speelgoed hoort buite die bababed – selfs sagte speelgoed – want jou baba kan daarin versmoor. Maar as dit dan nou moet, plaas Teddie liewer aan die voetenent van die bed en nie by jou baba se kop nie. HOU DIE BED WEG VAN ...

Gordyne of blindings, want jou baba kan later albei van dié in die hande kry en verstrenge­l raak,

Muurverwar­mers,

Sonnige of koue vensters,

Vensters wat kan oopmaak, en spieëls of enigiets wat swaar is en hang en dalk op jou baba kan val.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa