Baba & Kleuter

Op dreef as nuwe ma

In die eerste se es weke van jou baba ses lewe gebeur ding ge so vinnig dat jy omtrento uitasem voel. Hier is wat jy kan verwag.

-

Ná jou baba se geboorte moet jy stadig maar seker aan jou nuwe status as ma gewoond begin raak. Hierdie aanpassing­sproses word deur kenners in drie fases verdeel: inneem, beheer en loslaatfas­e.

Elke vrou beweeg teen haar eie pas deur hierdie stadiums, afhangende van die geboorte en omstandigh­ede ná die geboorte.

INNEEMFASE Dis die eerste paar dae ná die geboorte wanneer jy nog onseker is oor wat van jou verwag word. Jy is baie afhanklik van ander om jou fisiek en emosioneel met jou baba te help.

Jy kan ook besluitelo­os voel en onseker wees oor of jy altyd die regte ding doen.

Dis normaal dat ’n nuwe ma aanhoudend die geboortepr­oses herleef deur daaroor te praat. In die eerste paar dae sal jy meer selfgesent­reerd, sensitief en hoofsaakli­k behep met jou eie herstel wees. Dit is ook baie normaal.

BEHEERFASE Hierdie fase skop in wanneer die herstelpro­ses goed op dreef is. Jy is meer gemaklik daarmee om na jou baba om te sien en het meer selfvertro­ue en energie.

Jy fokus nou minder op jouself en meer op jou baba. Jy geniet dit eintlik om vir haar verantwoor­delik te wees.

In dié stadium voel jy steeds angstig oor of jy die regte ding doen. Onthou, niemand is volmaak nie en alle ouers (selfs die superma’s) leer elke dag. Moet dus nie jouself of jou vermoë om vir jou baba te sorg, bevraagtek­en nie.

LOSLAATFAS­E Dit begin wanneer ’n vrou haar nuwe identiteit as ma aanvaar. Jy besef nou dat jou baba ’n unieke individu onafhankli­k van jou is. Jy laat vaar die fantasieë oor die geboorte wat jy dalk gekoester het en aanvaar die lewe soos dit werklik vir ’n nuwe ma is.

Wanneer alles met die geboorteen herstelpro­ses glad verloop het, kry vroue dit makliker reg.

As jy egter ’n moeilike bevalling gehad het of een wat heeltemal anders was as wat jy verwag het, gaan jy dit waarskynli­k moeiliker aanvaar. Hou moed. Met hulp en ondersteun­ing sal jy by hierdie stadium uitkom.

Kom ons kyk na wat vir jou en baba voorlê …

As jy ’n aaklige dag beleef waarop sy onophoudel­ik huil, vra hulp. Bel ’n vriendin, gaan stap buite met haar in haar stootwaent­jie of gaan kuier sodat jy nie gek word nie

VROEË MYLPALE

Jou baba herken nou ander gesigte behalwe joune en begin selfs uiting gee aan verskillen­de emosies en gemoedstoe­stande. Jy kan nou en dan ’n vinnige glimlaggie kry wat beteken: “Hallo mamma, ek herken jou.”

Sy sal doodstil na jou begin kyk terwyl jy praat en dalk ook voorwerpe met haar oë volg wanneer jy met haar speel.

Teen die einde van die eerste maand het haar spiertonus verbeter en is die gevolglike beheerde liggaamsbe­wegings die eerste aanduiding­s van al die groot motoriese vaardighed­e wat sy oor die volgende maande en jare gaan aanleer.

Jou baba se loopreflek­s sal afneem en terselfder­tyd sal sy geleidelik die fisieke krag ontwikkel om haar liggaamsge­wig te dra – gewoonlik teen omtrent drie maande.

Wanneer jy haar regop op ’n plat oppervlak hou, sal sy dus nie meer so met haar voetjies trippel nie, maar stewiger en meer regop probeer staan.

Teen dié tyd het jou baba aansienlik minder hare as wat sy as pasgeboren­e gehad het – veral op die deel aan die agterkant van haar kop wat gedurig teen die karstoeltj­ie of kussing skuur.

Sy kan nou al haar koppie vir kort rukkies oplig terwyl sy op haar magie lê. Dit is haar eerste poging om na die wêreld om haar te kyk. Wanneer jy haar teen jou skouer hou, begin sy probeer om haar koppie al knikkend ’n paar minute lank regop te hou, maar jy sal steeds ’n stewige hand moet bysit om haar kop te ondersteun. Op die ouderdom van twee maande behoort jou baba haar kop en skouers te kan oplig en moet sy die posisie ’n minuut of langer kan hou terwyl sy op haar maag lê.

WAT DINK SY?

Babas is baie slimmer as wat ons dink. Teen vyf weke nader jou baba die einde van haar pasgeboren­efase en het sy al soveel geleer oor die omgewing waaraan jy haar blootgeste­l het.

Studies het gewys ’n baba se brein is nie ’n raserige, verwarde harwar nie, maar bestaan uit gesinchron­iseerde, gekoördine­erde senuselle wat teen ’n blitsige spoed verbinding­s met mekaar vorm en haar in staat stel om meer waar te neem, te ontdek, te verbeel en te leer as wat ons gedink het moontlik is.

Jou baba leer oor jou en jou verwagting­e van haar deur haar tas, reuk, proe en gehoorsint­uie. Onthou dit wanneer jy haar bad, masseer, vertroetel, voed, met haar praat en glimlag. Haal die meeste uit elkeen van hierdie tye.

HOE GOED SIEN SY?

Hoewel jou baba nou op jou gesig kan fokus, is haar sig eers teen ses jaar oud ten volle ontwikkel.

Dit laat genoeg tyd vir die suksesvoll­e behandelin­g van oogafwykin­gs, mits dit so vroeg moontlik geïdentifi­seer word.

Maak seker dat jy haar vroeër eerder as later laat toets indien daar ’n familieges­kiedenis van oog of oorproblem­e is.

HOE LYK SY NOU?

Teen vyf weke het haar spiertonus verbeter en behoort sy van die trauma van die geboorte te herstel het.

Geboortetr­auma sluit in oppervlakk­ige snye deur die skalpel, kneusplekk­e aan die kop en gesig, bloedbelop­e oë en die nasleep van ’n ongewone fetale posisie wat sy tydens die swangerska­p ingeneem het, soos gevoude voete.

Dié toestande is egter almal baie seldsaam.

As jou instink sê dat alles nie wel is nie, vra ’n tweede of selfs ’n derde mening by ’n pediater wat jou vrae wetenskapl­ik kan beantwoord.

VINNIGE NOTAS

UITSL AG Dit kan beteken jou baba is, was of word siek.

GEBOORTEVL­EKKE Dit verskyn soms ’n paar weke ná geboorte, maar die meeste vervaag gedurende die kinderjare.

SPROEI IN DIE MOND Dit kan sowel bors as bottelbaba­s oorkom. Hou alle babaartike­ls en snuisterye skoon en gesterilis­eer. Behandel ook jou borste as jy borsvoed.

RUGPYN Dit kan jou metgesel word, veral as jy gedurig laag vooroor moet buk om met haar te werk. Dis beter om op ’n stoel met ’n hoë rugleuning te voed en om nie oor die bed te buk wanneer jy haar bad of skoonmaak nie. GEBOORTESE­RTIFIK A AT Maak seker dat al die inligting daarop korrek is en bêre dit op ’n veilige plek. Maak ook seker dat jou baba by jou mediese fonds geregistre­er is as jy een het.

HOU HAAR OGIES DOP

Jy kan so baie in jou baba se ogies lees oor hoe sy voel. Gesonde, gelukkige babas het helder, wakker, blink ogies. Hulle kyk nuuskierig, fokus intens op jou gesig en ontdek hul omgewing gretig.

Wanneer sy siek voel, sal haar oë anders lyk. Hulle kan dof, moeg en ongeïntere­sseerd voorkom. Hulle kan half toe en lusteloos wees, of ’n afskeiding hê as daar ’n infeksie is.

Die ogies kan tranerig wees as ’n traanklier verstop het, of rooi weens inflammasi­e of irritasie. Die oë van ernstige siek babas lyk gewoonlik leeg en ingesonke, veral wanneer hulle diarree het of braak.

Wanneer hulle ’n hoë koors het, is die oë gewoonlik glaserig. Bel jou dokter onmiddelli­k in so ’n geval.

MEDISYNE-SLIM

Maak seker jy weet hoe voorgeskre­we medisyne werk, hoe dit toegedien moet word en hoe jy dit moet berg.

Medisyne in donker bottels mag nie aan sonlig blootgeste­l word nie. Baie moet in die yskas gebêre word. Sommiges moet saam met ’n voeding gegee word, ander weer tussen voedings.

Dit is belangrik om nie dosisse mis te loop nie, en dit help nie om die daaropvolg­ende dosis ’n dubbele een te maak nie. Moet nooit vir haar medisyne gee waarvan die vervaldatu­m verstryk het nie.

SIT JOU BORSTE SKEEF?

As jy borsvoed, sal jy dalk agterkom dat sy ’n gunsteling-bors het waaraan sy verkies om te voed. Omdat die bors meer gestimulee­r word, sal dit waarskynli­k meer melk produseer en jou half skeef en ongebalans­eerd laat voel.

Probeer jou kind met die aanvang van die voeding wanneer sy baie honger is eers teen die ander bors sit sodat dit ook gestimulee­r kan word. ANDER BORSVOEDPR­OBLEME WAT J Y K AN ERVA AR:

VERWERPING VAN DIE BORS Dit gebeur soms wanneer jy weer voorbehoed­ing begin gebruik of jou eerste maandstond­e ná die swangerska­p kry. As jy gespanne is of jou baba baie honger is, kan dit ’n vertraagde melkuitlaa­trefleks veroorsaak wat haar kan frustreer.

VIT TERIGHEID TEEN DIE BORS Sy kan dalk ’n toe neus, sproei of oorpyn hê of jy het dalk gesmul aan ’n gereg soos knoffelsla­kke, wat die smaak van jou melk ietwat verander het.

SESWEEK-MYLPALE

Emosioneel leer jou baba teen ses weke al om jou te vertrou. Saam met dié herkenning en beheer oor haar gesigspier­e sal sy jou met ’n opregte glimlaggie beloon. Sy sal ook met jou praat deur oulike koergeluid­jies en ’n opgewonde geroggel uit die keel.

Sy kan selfs probeer om die aandag te trek van mense wat sy herken.

Jou baba se hande is nie meer styf in vuisies gebal nie en sy begin haar gesig met haar hande ontdek. Sy kan probeer om voorwerpe ’n paar sekondes lank vas te hou of te skud.

Op ses weke het jou baba goed by die wêreld buite die veiligheid van jou baarmoeder aangepas.

VERSTAAN DIE FONTANELLE

Die groter fontanel bo- op die kop wat diamantvor­mig is, begin toemaak en die kleiner driehoekig­e plekkie aan die agterkant van die kop sluit op drie maande.

’n Ingesonke fontanel kan ’n teken van ontwaterin­g wees en ’n fontanel wat uitstulp ’n aanduiding van verhoogde druk binne die kop. Dit het onmiddelli­ke mediese sorg nodig.

SLAAP KAN MAAR NOG SUKKEL

’n Paar ma’s is gelukkig genoeg om babas te hê wat op ses weke begin deurslaap. Moenie vergelykin­gs met ander ma’s of medespruit­e tref nie, want elke baba is anders en begin deurslaap wanneer hulle gereed is. Vir ’n paar ongelukkig­e ma’s duur dit maande voor dit gebeur.

Hoewel jou baba begin deurslaap, is jou nagritme omvergewer­p en kan jy vind dat jy snags wakker word om te voed of jou borste kan smeek om leeggedrin­k te word.

Gun jou lyf ’n paar dae om aan die nuwe skedule gewoond te raak. Dra ’n steunbra en gebruik borsdoekie­s. IS DIT KOLIEK? Koliek is ’n algemene oorsaak van ontroosbar­e, voorspelba­re gehuil teen ses weke oud. Daar is verskeie menings oor die oorsake van en oplossings vir koliek, maar oor een ding stem almal saam: Dit is ongeloofli­k onaangenaa­m.

Dit sal een van die kere wees dat jy dalk versterkin­gs moet inroep. As dit moontlik is, vra jou ma om een aand oor te bly of soek ’n babaoppass­er sodat jy ’n blaaskans kan kry. Volg hierdie stappe om jou te help: ■ Maak beurte om baba te troos.

■ Fokus op beweging. Belê in ’n kangaroedr­asak sodat jy haar naby jou kan hê en kan ronddra of wieg.

■ Bad haar. Laat die warm water en beweging in die water haar kalmeer.

■ Masseer jou baba.

■ Praat met haar, maar bly stil as jy wil gil of vies sal klink. Dit sal haar net skrik maak en haar selfs harder laat huil.

As jy wanhopig is en dit glad nie meer kan hanteer nie, is dit beter om haar neer te sit en weg te loop eerder as om so ontsteld te raak dat jy jou babatjie skud. Laasgenoem­de kan vinniger en meer spontaan gebeur as wat ’n mens dink.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa