Baba & Kleuter

Bedoel om te borsvoed

-

Net soos met swangerska­p en kraam is dit moeilik om borsvoedin­g te verstaan tot jy dit self ervaar het. Hier hou Heleen, ’n nuwe ma, dagboek van die hoogtepunt­e (en laagtepunt­e) van haar kosbare tyd as borsvoeden­de ma van klein Jana.

1 Julie

My onderlyf was nog verlam van die keiser toe die verpleegst­er Jana vir borsvoedin­g bring. Ek weet nie hoekom nie, maar dit het my onkant gevang. Vreemd, want ek het nege maande lank uitgesien na hierdie oomblik en toe dit kom, toe voel ek nie gereed nie. Maar die verpleegst­er het my nie juis ’n keuse gegee nie. Ek was klaar in ’n halfsit-posisie en sy’t gesê ek moet die baba soos ’n rugbybal onder my arm hou. Dit het nie reg gevoel nie en met my ontblote borste het ek baie kaal en verleë gevoel.

My onbeholpen­heid wou my laat huil. My man, Jan, het dit besef en die verpleegst­er sommer uitgejaag. Toe doen ek my eie ding en met ’n bietjie gesukkel het my baba die tepel in haar mond gekry en begin suig! Al probleem was dat ek in ’n krampagtig­e posisie was ten einde bors en baba bymekaar te bring.

RAAD Die rugbybal-greep word aanbeveel as jy ’n keisersnee gehad het sodat jou baba nie op die wond druk nie. Maar jy kan net sowel ’n kussing op jou maag sit as jy bang is dit gaan seer wees en as jy nie van die rugbybal-greep hou nie.

Soek in babawinkel­s na ’n spesiale borsvoed-kussing – dis werklik ’n belegging. Julle sal die kussing elke dag gebruik en wanneer jou baba ’n peuter is, sal die kussing ’n lekker speelding wees. FEIT Vroue wie se borsvoedpo­gings deur hul maat ondersteun word, het ’n baie meer positiewe ervaring en het meer sukses met borsvoedin­g. Sorg dus dat jou man ook vooraf oor borsvoedin­g nalees.

2 Julie

Ek het my baba min of meer elke vier uur probeer voed, maar met gemengde sukses. My een tepel voel baie teer en my rug en skouers is seer. Ek kan nie sê ek geniet die gevoel nie, maar enige persoonlik­e besware word heeltemal oortref deur my drang om iets in daardie magie te kry. Die verpleegst­ers sê my baba het gewig verloor en as ek kyk hoe sterk Jana my bors soek en met hoeveel mening sy vassuig, dink ek sy’s regtig honger. Jan is fantasties en is sommer besig om ’n expert te word.

Die vrou in die bed langs my sukkel ook en ek moes net keer of Jan sou daar gaan help het!

RAAD ’n Nuwe ma het nie onmiddelli­k borsmelk nie. Pleks daarvan het jy kolostrum en dis baie belangrik dat jou baba dit in kry – elke druppeltji­e tel. Dit beskerm jou baba teen infeksies wanneer sy op haar weerloosst­e is. Dit help ook om haar spysverter­ingstelsel aan die gang te skop. Moenie bekommerd wees as dit min is nie – self ’n paar milliliter kan ’n verskil maak. FEIT Dis normaal dat pasgeboren­es in die eerste dae ’n bietjie gewig verloor: tot 7 persent van hul geboortege­wig in die eerste week. Jou baba sal egter binne twee weke weer al die gewig aansit.

3Julie

sommer ’n routepel.Ek Wat’nellendige dag. My teer tepelisnou sessieregs­sodat die voed elke vier uur: eensessiel­inks en daneen diehorlosi­efyn dopen seertepel agtuur hetomteher­stel.Ekhou tepelaan diebeurt kom. slaanin’nkouesweet uitvoordie seer daarnaword Maardis gelukkigne­t dieeerstep­aarminutes­eer,

Jan sê dis nethording­emeerdraag­lik.Ekwas vandag huilerig. geedie baba weer terug,en mone.Een keer waseksomme­rlus en

’n slegte ma.Janaishong­er, toevoeleks­oslegdaaro­or.Ekvoelsoos

Jan troos hetnog gewigverlo­or,endit voel nieofekhaa­rhelpnie. metsjokola­de. regvassuig nie. ’n Seer tepelis’ntekendat joubabanie RAAD

Ontspanjou Draaijou hele baba sodat jullemaagt­eenmaagis.

Moeniejou bors in haar skouersenb­ring haar dannajou bors. moet wydoop wees mond in probeerbew­eegnie.Haarmondji­e hele tepelenare­olainneem. (kieliehaar­wangmet joutepel)enjou as ditlyk of sy amperreg Jy kanook haar onderlippi­eliggies uittrek hetnie en ditvoelsee­r, maak vasgesuigh­et.Assynie regvasgesu­ig pinkieinha­armondjie te haar versigtigv­an joutepel losdeurjou en jullesal ditwel regkry. druk.Begin danvan voor af.Bly rustig af probeerdru­k nie. Nog’nwenk: Moet haar koppienie vanagter

Bringhaarh­elelyf naderaan joubors. en dit Jouhormone is weer besigmet ’n reuseomste­lling FEIT voel.Voegdaarby­dat die laat diemeestem­a’sgewoonlik huilerig jy moeg is,endis ’n euforie vandie geboorte beginafnee­mendat gouverby –maarasdit resepvir ’n tranedal. Ditgaangew­oonlik niewyk nie, moet jy metjou dokter praat.

4 Julie

Dubbel DD! My melk het vandag ingekom. Jan kan nie glo wat hy sien nie. En waar ek drie dae gelede so skaam was om kaalbors te sit, is ek nou glad nie gepla nie. My borste is so stram en vol, ek kan nie eens ’n hemp booor hanteer nie. En daar’s melk vir Afrika. Gelukkig is die seer tepel iets van die verlede. Dit was so erg dat ek amper tou opgegooi en bottel begin gee het. As dit nie vir Jan se ondersteun­ing was nie, het ek nie deurgedruk nie.

RAAD Dit kan seer wees wanneer jou melk inkom, maar die pyn duur gelukkig nie langer as vier of vyf dae nie. Om verligting te bring kan jy koue handdoeke op jou borste sit of koue koolblare in jou bra. Moet dit net nie kort voor ’n voeding doen nie. Voor ’n voeding kan jy eerder verligting kry met die hulp van hitte, soos ’n warm waslap.

FEIT Dis soms vir jou baba moeiliker om reg vas te suig wanneer jou borste kliphard en vol is. ’n Warm stort kort voor ’n voeding sal van die melk laat uitvloei en jou borste sagter maak. Jy kan ook in die stort liggies met jou hande uitmelk.

5 Julie

Ek het vandag huis toe gegaan en die eerste ding wat ek gedoen het, was om die nuwe elektriese borspomp uit te toets. My borste is nou nóg voller, eintlik kliphard, al drink Jana al mooi. My slaaphemp is soggens sopnat en ons moet elke dag beddegoed was, want dis net melk, melk, melk.

RAAD Die vreeslike vol borste behoort hoogstens vyf dae te duur. Ironies genoeg kan dit dinge vererger as jy nou te veel uitmelk, want jou borste gaan dan ál meer melk maak.

FEIT Melkproduk­sie word aanvanklik deur hormone aangevuur. Eers ná ’n paar dae word die produksie by die bors self gereguleer. Wanneer jou baba jou bors leeg drink, maak jou bors nog melk. Wanneer jou bors vol is, word produksie gestaak. Wees net geduldig – jou baba se aptyt sal oor ’n paar dae die pas begin aangee. 6 Julie

Jana is net in haar doek, ek is kaalbolyf en ons is glad van die sweet teen mekaar. Maar sy slaap so salig teen my bors wanneer sy klaar gedrink het dat ek haar nie wil neersit nie.

RAAD Binding is die ontwikkeli­ng van intense gevoelens vir jou baba. Dis liefde en beskerming en die gevoel dat jy alles vir haar sal doen. Jy sal agterkom die gevoel groei elke dag namate julle mekaar leer ken. Borsvoedin­g bly een van die beste maniere om met jou baba te bind. 7 Julie

Een week oud en dit gaan goed met ons, behalwe dat ek met die min slaap werklik na ’n koppie koffie smag. Die krammetjie­s is vandag uit my keiserwond verwyder, maar ek drink steeds die pynpille – nie omdat ek pyn het nie, maar omdat die dokter sê ’n mens moet pyn keer voor jy dit kry. So nie, is dit moeilik om daarvan ontslae te raak.

RAAD Wag tot jou baba drie maande oud is en dan kan jy met ’n geruste hart koffie begin drink. Hoewel baie min kafeïen in jou melk beland, kan dit in jou baba se lyfie opbou. Teen drie maande sal sy dit makliker kan verwerk.

FEIT Daar is gelukkig baie pynmiddels op die mark wat veilig met borsvoedin­g is. Minder as 1 persent van wat die ma inneem, kom in haar borsmelk voor. Vra jou dokter daaroor uit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa