Baba & Kleuter

V& A Borsvoedin­g

- PROF. LISANNE DU PLESSIS BORSVOEDKO­NSULTANT

Ek borsvoed reeds twee maande lank en geniet dit regtig. Ek het egter nou ’n warm knop in my bors wat baie seer is. Ek vermoed dis mastitis. Hoe sal ek weet dat dit wel mastitis is? Wat kan ek daaraan doen?

PROF. LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Mastitis is gewoonlik die gevolg van ’n verstopte melkbuisie. Die melk wat agter die verstoppin­g vasgevang is, kan na die omringende borsweefse­l gedwing word en dit kan ontsteking van die weefsel veroorsaak. Dié borsontste­king word mastitis of melkkoors genoem.

Daar kan ook ’n infeksie teenwoordi­g wees, maar nie in alle gevalle nie. Die simptome is dikwels soortgelyk aan griep en ’n mens kan bewerig en lyfseer voel of net skielik agterkom dat jou bors of borste seer is en jy olik voel. Die bors is gewoonlik rooi en geswel, warm en pynlik.

Die beste behandelin­g vir mastitis is om dit te voorkom. Die baba moet goed aan die bors geheg wees en gereeld voed. ’n Pasgebore baba moenie langer as drie tot vier uur op ’n slag slaap nie. Maak jou baba wakker as jou borste oorvol voel. As jou baba nie in drink belangstel nie, melk uit tot jou bors gemaklik voel. Vries die melk vir latere gebruik.

Moenie onnodige stremming op die borste plaas met ’n styfpassen­de bra of klere nie.

Rus genoeg. In die eerste ses maande moet baba net borsmelk kry en geen ander vloeistof of vaste kos nie.

As ’n ma mastitis kry, is haar eerste reaksie gewoonlik om op te hou borsvoed. Dis egter juis dan dat die bors gedreineer moet word en jou baba doen dit die beste!

Dis vir baba veilig om die melk te drink en sy moet dit gereeld doen. Elke voeding moet aan die aangetaste bors begin. Laat jou baba toe om ongesteurd te drink.

Moet egter nie vergeet om jou baba ook aan die ander bors te sit nie, anders gebeur dieselfde daar omdat dit nie geledig word nie.

Raadpleeg dadelik ’n profession­ele gesondheid­swerker as jy koorsig voel, ’n seer bors het en olik voel. Doen dit ook as die verstopte melkbuis nie binne 12 uur opklaar nie. Onbehandel­de mastitis kan tot ’n borsabses versleg – tree dus vinnig op. As jy antibiotik­a moet drink, maak seker dat jy die kursus voltooi.

Gevriesde koolblare (die buitenste blare) of ’n yspak kan help om die swelling en pyn te verlig. Pak 10 minute voor ’n voeding ’n warm kompres op jou bors – dit sal die sakrefleks aanhelp, wat op sy beurt die verstoppin­g help oplos. Idees vir warm kompresse sluit in boontjiesa­kke wat in die mikrogolf warm gemaak is, ’n warm waslap of ’n warmwaters­ak – of staan sommer onder ’n warm stort.

Dis ’n goeie plan om soveel rus moontlik te kry. Bly in die bed as jy kan, sommer met baba en al. Hou genoeg doeke vir haar en kos en drinkgoed vir jou byderhand sodat jy nie aanhoudend hoef op te staan en te veel hoef rond te beweeg nie.

Vroeë behandelin­g sal beteken dat jy vinniger beter word, minder olik voel en dat die risiko vir die ontwikkeli­ng van ’n borsabses baie kleiner word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa