Baba & Kleuter

Met ’n spoegdoek byderhand

Is jou kleinding ’n tevrede spoegertji­e, of moet jy bekommerd wees oor al die melk wat sy opbring? Ons bekyk dié algemene babavertee­rprobleem.

- DEUR ZELDA ACKERMAN, GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

Net voor die geboorte van jou baba het jy nog gedroom hoe jy by jou vriendinne spog met jou stroopsoet aapstert wat heeldag ruik asof sy nou net uit die bad kom. Maar nou voel jy of die werklikhei­d jou deur die gesig kom klap het, want jou baba huil dag en nag sonder rede en ruik oomblikke ná badtyd weer na suur melk.

Jy is nie alleen nie. Die helfte van babas jonger as drie maande spoeg elke dag. Dis natuurlik waarom pa’s en ma’s met klein babatjies éérs die spoegdoek optel en dán die baba. As jy voel dat jou baba ’n bietjie meer spoeg as ander, moet jy verder lees sodat jy kan oordeel wanneer dit ’n probleem is, en wanneer jy maar net nog ’n ruk langer geduldig moet wees.

WAT IS REFLUKS?

Wanneer melk of kos wat in die maag is tot in die slukderm opstoot, noem ons dit refluks. Regurgitas­ie ontstaan wanneer hierdie teruggespo­elde melk tot in die mond stoot en selfs by die mond uitkom.

Refluks is niks ongewoons nie. Gesonde babas, kinders en grootmense kom dit normaalweg sommer ’n paar keer per dag oor; gewoonlik ná ete. Die meeste mense weet nie eens dat dit gebeur nie.

Regurgitas­ie is meer algemeen by babas omdat hul slukdermpi­e nog kort is, maar kom teen sowat 12 maande vanself reg.

As ’n baba se liggaam hom nie self teen die gewone uitwerking van refluks kan beskerm nie, ontstaan reflukssie­kte. Dit beteken dat die refluks meer gereeld is en langer duur as gewoonweg en dan probleme veroorsaak.

Refluks en regurgitas­ie is dus normaal en jy hoef nie dokter toe te gaan nie, maar reflukssie­kte moet behandel word. As jou baba spoeg, maar mooi groei en gelukkig is, is daar niks om oor bekommerd te wees nie.

DOKTER TOE

Jou dokter sal vra wanneer die gespoeg begin het, hoeveel dae dit voorkom en hoeveel keer per dag. Hulle sal ook jou baba se groei nagaan, uitvra oor voedings en soek na tekens van infeksie in die slukderm.

Vertel die dokter van enigiets anders wat jy opgelet het, soos as jou baba bloed opbring, donker stoelgange het, meer as gewoonlik huil, moeilik asemhaal, koors het of lusteloos is. In sommige gevalle sal die dokter jou baba laat opneem om toetse te doen wat sal help vasstel of die refluks normale perke oorskry.

HOE OM JOU BABA TE HELP

Of jou baba nou reflukssie­kte het of net baie spoeg maar steeds gelukkig is, is daar tog ’n paar goed wat jy kan doen om te help.

Winde kan die melk maklik laat uitkom. Vryf windjies gedurende en ná voedings versigtig uit sonder om druk op haar magie te sit. Laat haar op jou

been sit eerder as dat sy oor jou skouer hang en vryf haar ruggie.

Hou jou baba direk ná ’n voeding sowat ’n halfuur lank so stil as moontlik en regop. Ruil haar doek dus liewer voor ’n voeding as agterna, en maak seker dat die doek nie te styf om haar magie span nie.

Die refluks kan minder wees as sy op haar maag pleks van haar rug lê. Moet jou baba egter nooit op haar maag of sy laat slaap nie, want dit verhoog die gevaar van wiegiedood. Magietyd terwyl sy wakker is, is veilig. Belê in een of twee skuins kussings waarop jou baba kan slaap om haar bolyf op te lig.

’n Karstoeltj­ie is ook nie die beste plek vir ’n baba met refluks nie, aangesien die posisie waarin jou baba is refluks aanmoedig. Hou haar dus net in die karstoeltj­ie terwyl julle ry en nie ander tye nie.

As jou baba bottel drink en spoeg, maak seker dat jy nie te veel melk op ’n slag gee nie.

MOET JY ANDER MELK GEE?

Dit kan ’n mens moedeloos maak as jou baba nou net al jou melk gedrink het en alles oomblikke later uitkom. Dit help om ’n eetlepel vol melk op die kombuiskas uit te gooi – jy sal sien dat dit dalk na baie lyk, maar eintlik nie te veel is nie.

Die hoeveelhei­d wat jou baba spoeg lyk gewoonlik vyf keer meer as wat dit is. Al lyk dit dus of sy alles opgegooi het, is dit waarskynli­k net ’n bietjie.

Een van die eerste dinge wat jy kan verander is om minder melk op ’n slag te gee, maar meer gereeld. Gee melk op aanvraag, soos ’n bietjie elke twee uur pleks van groter hoeveelhed­e elke vier uur.

In sommige gevalle kan ’n koeimelkal­lergie regurgitas­ie veroorsaak. As jy borsvoed en jy vermoed koeimelkal­lergie is die probleem, kan jy twee tot vier weke lank alle suiwel uit jou dieet skakel en kyk of die spoegery afneem.

Vroue wat nie borsvoed nie, sal’ n spesiale borsmelk vervanger moet gebruik om dieselfde toets te doen. ’n Dieetkundi­ge kan daarmee help. As dit nie beter word nie, is suiwel nie die oorsaak nie en kan dit weer ingesluit word.

As jou baba reflukssie­kte het, kan dit help om voedings te verdik. Die maklikste manier is om 1 eetlepel ryspap by 30 ml melk te voeg. Doen dit net voor die voeding omdat die ensieme in die borsmelk dit ná ’n paar minute weer dun sal maak. A sjou baba reeds’ n borsmelk vervanger drink, kan jy’ n spesiale antiregurg­itasie(AR-) soort oorweeg.

Verdikte melk help dat minder melk by jou baba se mond uitkom omdat dit nie so hoog in die slukderm kan opbeweeg nie. Navorsing wys egter dat die melk nie minder gereeld in die slukderm opstoot nie, en die suur melk kan selfs langer in die slukderm bly. Dit gaan dus nie in alle gevalle die probleem oplos nie.

As die slukderm te veel gebrand word, sal die dokter medisyne voorskryf wat die suur in die magie verminder sodat die melk wat opstoot, nie so brand nie.

,

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa