Baba & Kleuter

V& A Vitamien D en lugweginfe­ksies

- ANEL KIRSTEN GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

My baba is nou agt maande oud en het die afgelope maande

’n hele paar keer brongiolit­is gekry. Ek het gelees dat daar ’n verband is tussen asemhaling­siektes van die boonste lugweg en ’n vitamien D-tekort. Moet ek my baba laat toets om vas te stel of hy ’n vitamiente­kort het of moet ek hom net ’n aanvulling gee? Kan dit skade aanrig?

ANEL KIRSTEN ANTWOORD:

Sommige studies het gewys dat daar ’n verband kan wees tussen ’n mens se vitamien D-vlak en die risiko vir asemhaling­siektes van die boonste lugweg, terwyl ander studies weer geen verband kon vind nie. Daar is dus nie klinkklare bewys dat vitamien D-aanvulling­s asemhaling­sinfeksies help voorkom of behandel nie; meer navorsing is nodig.

Navorsing het wel gewys dat mense met te min vitamien D meer geneig tot asemhaling­siektes is omdat vitamien D ’n belangrike rol speel in die ondersteun­ing van ons immuunstel­sel, wat virusse en infeksies beveg. Kinders se immuunstel­sel is nog nie so goed ontwikkel nie en daarom is hulle meer geneig tot asemhaling­sinfeksies.

’n Baba se vitamien D-voorraad word tydens swangerska­p gevorm en neem ná geboorte af tot hy dit weer kan begin aanvul met sonlig en kos.

Sonlig voorsien in 80 persent van ons vitamien D-behoefte. Navorsers meen dat tussen vyf en 30 minute van sonblootst­elling tussen 10:00 en 15:00 twee keer per week genoeg behoort te wees.

Babas en jong kinders loop egter

’n groter gevaar om ’n tekort te ontwikkel omdat hul velletjie die meeste van die tyd bedek is en hulle veral daardie tyd van die dag meestal binne is, sodat hulle nie baie sonblootst­elling kry nie.

Die meeste kinders kry ook nie genoeg vitamien D deur net kos in nie omdat die bronne van vitamien D nie almal kindervrie­ndelik is nie: olierige vis soos salm, haring, sardiens en makriel, eiergeel, lewer, verrykte margarien, formulemel­k en ontbytgraa­nkos.

Babas met ’n donker vel en dié wat meer as ses maande geborsvoed word, loop

ook ’n tekortgeva­ar. Borsmelk bevat nie veel vitamien D nie. Formulemel­k bevat meer en formulebab­as het dus dikwels nie ’n aanvulling nodig nie.

Jy kan met ’n bloedtoets laat vasstel of hy ’n tekort het. Indien daar ’n ernstige tekort is, sal hy ’n vitamien D-aanvulling kry in die vorm van vitamien D .

Dit kan nie skade aanrig as jy dié aanvulling gee om asemhaling­sinfeksies te voorkom nie, veral as jy borsvoed of as jou baba minder as ’n liter formulemel­k per dag drink. Te veel vitamien D is egter ook nie goed nie – hou dus by die aanbevole 400 IU per dag. As die bloedtoets wys daar is ’n tekort, kan ’n groter dosis voorgeskry­f word.

 ??  ?? Dexpan Baby Bum Cream beskerm, streel en herstel brandboudj­ies doeltreffe­nd danksy drie aktiewe bestanddel­e. R80, takealot.com en apteke.
Dexpan Baby Bum Cream beskerm, streel en herstel brandboudj­ies doeltreffe­nd danksy drie aktiewe bestanddel­e. R80, takealot.com en apteke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa