Baba & Kleuter

Net een aarbei, toe!

Peuters is berug daarvoor dat hulle soos voëltjies eet. Hoe kry jy genoeg gesonde kos in daardie onwillige lyfie?

-

Tweejarige­s is meestal nie groot eters nie. As jy dít eers aanvaar en realisties word oor hoeveel jou kind behoort te eet, word maaltye heelwat rustiger. Dit help ook om te weet jy maak die regte keuses wat kos betref sodat elke happie tel en werklik ’n bydrae lewer tot jou kind se groei en ontwikkeli­ng.

Onthou, ’n kind se magie is maar so groot soos haar vuis. Dit help dus nie jy skep meer as dit in nie, want daar is eenvoudig nie plek voor nie. Dis ook nie ’n goeie idee om jou kind te dwing om meer as dit te eet nie, want dan kweek jy net ’n slegte ooreet-gewoonte.

Tweejarige­s eet tipies minder as toe hulle jonger was omdat hulle nie meer teen dieselfde pas groei nie.

Ander dinge wat hul aptyt kan beïnvloed sluit in hoe aktief hulle in die dag was, of hulle tans ’n groeifase deurmaak en of hulle moeg of siek is.

HOEVEEL IS DUS GENOEG?

Verdeel jou kind se bord in twee gelyke dele. Die een helfte moet groente en/of vrugte bevat. Die ander helfte word weer in twee kwarte verdeel; een vir stysel en een vir proteïene.

Mik daarna dat jou kind elke dag sowat vier eetlepels proteïen inkry, vier eetlepels kalsiumryk­e kos en vier of vyf klein porsies groente of vrugte. Versprei alles tussen drie maaltye en twee peuselhapp­ies.

WAT IS ’N PORSIE?

EEN PORSIE PROTEÏEN: 1½-2 eetlepels maalvleis/hoender; 1 eier. Mik na twee porsies per dag.

EEN PORSIE ST YSEL: 1 sny brood; 2½ eetlepels gaar rys/pasta. Mik na drie porsies per dag.

EEN PORSIE SUIWEL: 1 klein bakkie jogurt; sowat 25 g kaas. (Lees hieronder oor melk.) Mik na drie porsies per dag.

EEN PORSIE VRUGTE/ GROENTE: 1 klein vrug; 1 klein groente; 1 klein glasie vrugtesap. Mik na vier tot vyf porsies per dag.

VERSIGTIG VIR VLOEISTOF

Ses tot agt glase vloeistof van 150 ml elk per dag is genoeg. Te veel melk kan die aptyt bederf. Die aanbevole hoeveelhei­d vir tweejarige­s is een en ’n half kopies melk per dag. Water is die beste keuse vir die res van die dag se vloeistof.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa