Baba & Kleuter

MOET DIE MANGELS UIT?

- DR HANNEKE HEYNS PEDIATER

My seuntjie is nou twee jaar oud en kry omtrent twee keer per jaar mangel- ontsteking. Is dit beter om sy magels te laat verwyder, of is twee keer per jaar te min om oor bekommerd te wees?

DR. HANNEKE HEYNS

ANTWOORD: Mangelonts­teking en keelinfeks­ie is baie algemene probleme by klein kindertjie­s. Dit kom gewoonlik minder voor namate hulle ouer word. As die mangels uitgehaal word, word die neusmangel­s (oftewel adenoïede, ’n soortgelyk­e weefsel hoër op in die keel naby die neus) sommer ook terselfder­tyd verwyder.

Die indikasies vir die operasie (dinge wat dit nodig maak) word verdeel in absoluut, waar daar geen keuse is nie, en relatief.

Net ’n paar indikasies is absoluut, soos wanneer die mangels en adenoïde so groot is dat dit asemhaling belemmer en slaapap nee veroorsaak, of veroorsaak dat jou kind sukkel om te eet.

Die hoeveelhei­d mangelinfe­ksies wat ’n kind het is een van die relatiewe indikasies en dokters sal heelparty faktore in ag neem voor hulle besluit om te opereer.

Ouderdom is een so ’n faktor – hoe jonger kinders is, hoe meer geneig is dokters om konserwati­ef op te tree en te wag omdat kinders die probleem gewoonlik ontgroei.

Nog ’n baie belangrike oorweging is die erns van die ontsteking. As jou kind elke keer ’n baie hoë koors van meer as

38,5 grade Celsius kry en daar is etter op die mangels, is die kans baie groter dat die ontsteking sal terugkeer. Jou dokter sal dan meer geneig wees om die mangels uit te haal.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa