Baba & Kleuter

Kyk regs, kyk links

Jou kind se veiligheid is belangrik. Leer hulle van kleins af hoe om hulle in motors of as voetganger­s te gedra.

- DEUR ZERELDA ESTERHUIZE­N

Dalk dink jy jou kind loop nooit oor ’n straat nie; jy gaan haal haar immers by die skool en sy gaan nooit alleen iewers heen nie – maar padveiligh­eid is nietemin een van daardie lesse wat kinders van kleins af moet leer.

HOE GOUER, HOE BETER

Sowat 1 500 kinders sterf na raming elke jaar op Suid-Afrikaanse paaie, sê Petro Kruger, medestigte­r van die Stigting vir Padveiligh­eid.

“Volgens die Mediese Navorsings­raad is padongeluk­ke die grootste oorsaak van sterftes by seuns tussen vyf en 15 jaar oud, asook van meisies tussen 10 en 15. Dis die naasgroots­te oorsaak van sterftes by meisies tussen vyf en 10,” sê Petro.

Maak jou kind dus van kleins af padslim, is haar raad.

“Goeie gewoontes word vroeg gekweek. As kinders van jongs af leer om die padreëls te gehoorsaam en as die grondbegin­sels van veilige padgebruik by hulle ingeskerp word, behoort hulle later verantwoor­delike padgebruik­ers te wees.

“Die voorbeeld wat ouers en ander volwassene­s stel, het ’n groot invloed op hoe ons kinders optree,” sê Petro.

”Baie volwassene­s volg nie die padreëls nie en stel ongelukkig nie ’n goeie voorbeeld nie.”

Petro sê dis ’n werklikhei­d in Suid-Afrika dat baie van ons skoolkinde­rs, selfs so jonk as vier jaar oud, elke oggend skool toe moet stap.

“Hulle moet dikwels besige paaie oorsteek en daarom moet veiligheid deur ouers, onderwyser­s, gemeenskap­sleiers en selfs ouer kinders by hulle ingeprent word.”

Die ideaal is dat jonger kinders altyd padslim gemaak word deur die goeie voorbeeld van ’n volwassene of selfs ’n ouer kind van minstens 12 jaar oud.

Frances Smit, ’n spelterape­ut van Pretoria, sê ouers wat hul kinders wil toerus om veilig op ons paaie te wees, moet uit hul kind se perspektie­f na verkeer kyk en begrip vir kinders se ontwikkeli­ng en vermoëns hê.

“Soms oorskat ouers hul kleuter se vermoëns sodat die kinders in situasies beland waarvoor hulle nog nie gereed is nie.

“Dis noodsaakli­k dat kleuters die oordeel ontwikkel om tussen verskillen­de situasies op die pad te kan onderskei. Daarvoor moet ’n mens hul verstandel­ike, fisieke en sosiale ontwikkeli­ng met hul kennis van padveiligh­eid kombineer.”

Kinders begin reeds in hul eerste lewensjaar leer deur waar te neem, sê Frances.

“Nog voor hulle kan praat, verken hulle hul wêreld deur hul ouers dop te hou. As hulle aan verkeer en paaie blootgeste­l word, sal hulle dus eers na hul ouers vir leiding kyk.”

Sy sê ’n groot gevaar is die onvermoë van kleuters om aankomende verkeer goed raak te sien omdat stilstaand­e voertuie en ander hinderniss­e hul uitsig versper.

“Kinders se omtrekvisi­e het nog nie ontwikkel nie. Dit beteken hulle sien meestal net wat reg voor hulle is eerder as aan die kante. Kleuters is impulsief en moet daarom goed op die pad dopgehou word.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa