Baba & Kleuter

V& A Eetgewoont­es

- THARIEN BEZUIDENHO­UT GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

THARIEN BEZUIDENHO­UT ANT

WOORD: Ek is so bly dat jy gesonde eetgewoont­es by jou kinders wil vestig.

As ouers probeer ons hard om ons kinders gelukkig en gesond te hou. Soms weeg hulle ondanks al ons moeite steeds nie wat hulle behoort te weeg nie. Dan tob ons: Is my kind ondergewig of dalk oorgewig? Wat kan ek doen om hul gewig en gesondheid te verbeter?

’n Kind word as ondergewig beskryf wanneer hul Z-telling op die groeikaart van die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie –2 of minder is. Dit word beraam volgens die verhouding tussen gewig en lengte.

Oorgewig is weer ’n Z-telling van +2 of meer vir gewig tot lengte.

’n Pediater of dieetkundi­ge kan jou help om die groeikaart­e te verstaan. Elke kind is anders en het ’n optimale gewig, maar dis baie belangrik dat jou kind die kurwe van die groeikaart volg en dat daar nie skielike veranderin­ge soos gewigsverl­ies is nie.

As ’n kind elke jaar uit hul klere groei, is dit ’n goeie teken.

Kinders kan om verskeie redes onderge

Ek het twee kinders van vyf en ses jaar oud. Ek wil gesonde eetgewoont­es by hulle vestig, maar die twee verskil soos dag en nag. Die een is piepklein en maer en het nie juis ’n eetlus nie, veral nie vir vleis nie, en die ander een grens aan oorgewig en eet alles wat voorkom. Dit voel of ek twee verskillen­de strategieë moet volg om die een aan die eet te kry en die ander terug te hou, maar dis moeilik want ons eet almal saam. Ek maak byvoorbeel­d smoothies wat ek vol voedingsto­wwe prop sodat die kleintjie darem iets kan inkry en dan drink hy 200 ml. My groot kind wat dit regtig nie nodig het nie, drink byna 500 ml bo en behalwe die ontbyt wat hy klaar geëet het. Dis asof my plan altyd by die verkeerde kind uitkom en die probleem net erger maak. Wat staan my te doen?

wig en sonder eetlus wees. Die algemeenst­e is dat hulle te min eet. Dit kan wees omdat hulle kieskeurig­e eters is of vir sekere teksture sensitief is.

Daar kan ook mediese redes wees. As jou kind vroeggebor­e was, kan hy later steeds minder as sy portuurgro­ep weeg.

’n Ystertekor­t kan die eetlus verlaag. Dit word ’n bose kringloop, want dan eet hulle minder vleis en word die ystertekor­t net erger. Sekere medisynes (veral vir hiperaktiw­iteit) kan ook die eetlus demp.

Net so kan oorgewig aan verskillen­de faktore toegeskryf word. Dis meestal as gevolg van dieet en ’n tekort aan oefening.

Soms speel oorerwing ’n rol (pa is byvoorbeel­d groot gebou) en sommige medisynes kan ook die gewig laat aanpak.

Dis belangrik om mediese kennis in te win waar nodig.

Soms is daar oorgewig sowel as ondergewig kinders in ’n huisgesin (en volwassene­s ook). Hier is ’n paar strategieë wat vir albei sal werk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa