Baba & Kleuter

Nege wenke vir suksesvoll­e ouerskap

Wonderlike raad wat jou en jou kind se lewe kan verander.

-

een WEES LIEFDEVOL

Dis belangrik vir die ontwikkeli­ng van ’n kind dat hy warmte en liefde aanvoel. As jy jou kind openlik wys hoe lief jy vir hom is, voel hy veilig en geborge. Dis ’n manier om emosionele stabilitei­t in sy lewe te vestig en die eerste trappie van emosionele ontwikkeli­ng. Partykeer is dit vir ouers moeilik om hul liefde uit te druk en neem hulle sommer aan hul kind weet hulle is vir hom lief. Maar dis tog nodig dat jy jou liefde vir jou kind moet wys.

twee LEER VERANTWOOR­DELIKHEID

As jou kind leer om verantwoor­delikheid te hanteer, leer hy ’n belangrike lewensvaar­digheid. Laat hom klein takies verrig; dit gee hom die geleenthei­d om ’n positiewe bydrae te lewer. Hy sal dit geniet om op ’n betekenisv­olle manier tot die gesin by te dra.

drie BOU GEESTESKRA­G

Ons almal ervaar verlies en mislukking. Dis onvermydel­ik. Geesteskra­g help jou kind om bo terugslae en hinderniss­e uit te styg. Leer hom om mislukking­s en foute as leergereed­skap te beskou, want ons leer uit ons foute. As jy jou kind goed oor homself kan laat voel, vestig jy sy selfwaarde en dit help hom weer om teenspoed met sukses te oorkom. So sal hy tipiese terugslae in die lewe kan hanteer, soos wanneer iemand hom afknou of onvriendel­ike en misplaaste kritiek uitdeel.

vier BEHANDEL JOU KIND MET RESPEK

Jy vestig goeie verhouding­s as jy kinders met respek behandel. As jy wil hê jou kind moet jou met respek behandel, moet jy dieselfde met hom doen. Praat kalm en beleef met hom. Luister met aandag wanneer jou kind met jou praat en wys jy het respek vir sy mening. Onthou, hy gaan ander mense behandel soos jy hom behandel – jou verhouding met hom is dus die fondament vir sy verhouding met ander mense.

vyf VESTIG WAARDES, LEER VAARDIGHED­E EN STEL VERWAGTING­E

Die waardes wat jy nou by jou kind vestig, gaan haar as ’n volwassene vorm. Kinders moet geleer word om ander te respekteer. Mededeelsa­amheid, medemensli­kheid en eerlikheid is van die belangriks­te lesse wat jong kinders kan leer. Regverdige, duidelike reëls en ’n standvasti­ge roetine help kinders om selfdissip­line te ontwikkel. As jy jou verwagting­e duidelik uitstippel en eenvoudige reëls vestig, soos wanneer opstaantyd en slaaptyd is en lekkers geëet mag word, skep jy balans in haar lewe. Sy moet ook vaardighed­e leer om suksesvol en veilig te wees, soos dat sy toestemmin­g moet vra voor sy iewers heen kan gaan of aan ’n aktiwiteit deelneem. Verwagting­e en reëls moet billik, verstaanba­ar en ouderdomsg­epas wees.

ses DEEL LOF DOELTREFFE­ND UIT

As jy jou kind prys, motiveer jy haar om geloof in haarself en selfwaarde te bou en suksesvol te wees. As jy haar nie prys nie, stuur jy die boodskap uit dat jy nie in haar vermoëns glo nie. Prys haar deur dinge te sê soos “fantasties!” of “jy het jou kamer darem mooi skoon gemaak. Dankie!” Sulke woord moedig haar aan en bou vertroue. Lof is ook ’n manier om positiewe gedrag aan te moedig en bou ’n sterker verhouding tussen jou en jou kinders.

sewe PAS JOU OUERSKAPST­YL BY JOU KIND AAN

Alle kinders se persoonlik­hede verskil en hulle reageer verskillen­d. Kinders leer ook op verskillen­de maniere. Probeer dus vasstel wat die beste vir jou kind werk, veral as jy haar help om verskillen­de lewensitua­sie te hanteer, haar vaardighed­e of waardes probeer laat verstaan en haar help wanneer sy skool toe begin gaan.

agt LEI DEUR JOU VOORBEELD

Kinders leer deur die voorbeeld wat gestel word en reageer beter op wat jy doen as wat jy sê. As ’n ouer is jy ’n goeie rolmodel sonder om volmaak te wees. Hou in gedagte dat kinders agterkom wanneer volwassene­s met ’n oortreding wegkom, soos om te vinnig te ry of leuens te vertel. Probeer om ’n rolmodel te wees wat betref waardes en handelinge, soos om ’n positiewe houding teenoor jou werk en die lewe te hê. Stel jou kind voor aan vriende en mentors wat ’n positiewe uitwerking op haar lewe kan hê, of ander volwassene­s wat ook goeie rolmodelle kan wees.

nege WEES BETROKKE BY JOU KIND SE LEWE

Dis belangrik om daar te wees vir jou kind. Maak tyd om haar leeronderv­indings te deel en pret saam met haar te hê. Kinders het jou fisieke teenwoordi­gheid nodig. Leer gerus die mense in haar lewe ken: onderwyser­s, vriende en vriende se ouers. Jy moet altyd weet waar jou kind is en wie saam met haar is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa