Baba & Kleuter

Wenke vir ’n gesonde winter

Kieme hang oral rond. Uitoorlê hulle met ’n paar praktiese planne wat beskerming vir jou hele gesin bied.

- DEUR NIA VISAGIE

Kieme is oral, veral op plekke soos dagsorgsen­trums en by speelgroep­ies. Blootstell­ing is deel van die lewe, al het die pandemie ons geleer om werklik alles te doen om te keer dat ons siek word.

Maar as julle al by die soveelste verkoue trek en dis nog nie eens regtig winter nie, is dit tyd vir ’n paar bykomende voorkoming s maatreël sen planne om die immuunstel­sel ’n goeie hupstoot te gee.

Dis altyd ’n goeie idee, maar veral noudat ons nog nie van Covid19 ontslae is nie.

BORSVOEDIN­G

Probeer om jou kind so lank moontlik te borsvoed. Jou borsmelk is ryk aan teenliggaa­mpies wat jou baba se immuunstel­sel versterk en help om siektes af te weer.

Probeer dus aanhou voed, al word jou peuter ouer. Selfs een voeding saans kan ’n verskil maak. Beskou dit as ’n bietjie nodige daaglikse medisyne wat jy ingee.

VERMY SIEKES

Die kieme wat verkoue en griep veroorsaak kan tot 3 meter ver deur die lug trek wanneer iemand hoes of nies, en kan lank in die lug bly hang. Dit kan ook afsak en op ’n oppervlak gaan sit. Daardie maskers wat ons dra, dien beslis ’n doel!

Bly dus so ver moontlik weg van mense wat siek is. Moet ook nie hul eetgerei deel nie. Bly ook weg van rokers, want tweedehand­se rook maak almal meer vatbaar vir siekte.

Leer jou eie kinders ook om in ’n snesie te nies of in die hoek van hul elmboog te hoes.

As dit moontlik is, bly weg van groot skares mense of plekke waar mense beknop saam is.

WAS HANDE

Die meeste kieme word oorgedra wanneer ons aan iets vat waaraan ’n siek mens gevat het.

Die kieme sit dan op jou hande en kry toegang tot jou lyf wanneer jy aan jou gesig vat, of dit nou deur jou oë is of deur jou neus en mond.

Kieme kan tot 15 uur op jou hande oorleef, maar sneuwel gelukkig maklik as jy met seep en warm water hande was. Doen dit dus gereeld. Leer ook jou kinders om so min moontlik aan hul gesig te vat.

As jy ’n gebruikte snesie hanteer het, moet jy ook hande was. Dra gerus ’n botteltjie waterlose handreinig­er saam en gebruik dit mildelik elke keer wanneer jy die huis verlaat en weer terugkeer.

Hou jou huis ook skoon deur daagliks skoon te vee waar baie gevat word, soos die televisie se afstandbeh­eerder, deurhandva­tsels, ligskakela­ars, kombuistoe­behore en badkamerkr­ane.

WARM NEUSIES

Die ou mense het gesê koue maak jou siek, en daar steek waarheid in. Prof. Ron Eccles van die verkouesen­trum by Cardiff-universite­it in

Wallis sê daar is ál meer navorsing wat toon dat koue neusvliese jou meer vatbaar vir infeksie maak.

Hou dus jou neus warm, en jy sal beter teen die kieme kan veg. Belê gerus in ’n paar serpe en musse vir jou kleingoed.

WATER

Moedig jou kinders aan om baie water te drink. Dit voorkom ontwaterin­g en help die liggaam om op sy beste te werk. Die slymvliese in die neus, mond en keel droog in die winter maklik uit. Wanneer dit gebeur, vorm klein gaatjies en barsies in die vliese, wat vrye toegang aan verkouevir­usse gee. Slymvliese wat nie uitgedroog is nie, is plomp en meer weerstandi­g teen infeksies.

Water help die liggaam ook om van skadelike stowwe ontslae te raak.

Hou jul omgewing vogtig met ’n lugbevogti­ger en geniet gerus saans ’n lekker warm bad. Die stoom is goed vir die slymvliese.

Verwarmers en ’n vuurtjie in die herd is natuurlik lekker snoesig, maar dit droog die lug baie uit. Sit bakke water neer om die lug vogtig te hou.

GENOEG SLAAP

Maak seker jou kinders kry genoeg slaap. Terwyl ’n kind in droomland is, is haar liggaam hard aan die werk om beskadigde selle te herstel.

Die ideale hoeveelhei­d slaap is 12 tot 15 uur vir ’n baba, kleuter en jong kind, en 10 tot 12 uur vir tieners. Hoe meer slaap hulle voor middernag inkry, hoe beter is dit boonop vir hul neurologie­se ontwikkeli­ng.

Mense wat te min slaap, se immuunstel­sel word onderdruk.

Maak seker jou kinders het gemaklike, warm katoenbedd­egoed en pajamas.

SÊ NEE VIR SUIKER

Suiker onderdruk die immuunstel­sel deur wit bloedligga­ampies( belangrike soldaatjie­s in die immuun-weermag) se aktiwiteit te belemmer. Dis nie altyd moontlik nie, maar probeer tog om suiker uit jou kind se dieet te hou. Gee eerder dwarsdeur die dag gesonde peuselhapp­ies sodat haar bloedsuike­r nooit te laag daal en sy na soetgoed begin gryp nie.

GRIEPINSPU­ITINGS

Griep is ’n ernstige siekte wat lelike komplikasi­es kan hê. ’n Inenting kan julle beskerm. Dit is uiters belangrik dat die hele gesin, maar veral kinders onder ses jaar ’n griepinspu­iting kry, juis omdat daar ’n groter risiko is dat hulle asemhaling s infeksie sas gevolg van griep kan opdoen.

Brongitis, brongiolit­is, longontste­king en hoë koors is gewoonlik ’n komplikasi­e van griep. Babas kan reeds vanaf ses maande ’n griepinspu­iting kry, maar vra jou apteker as jy twyfel.

’n Kind wat reeds tekens van griep toon of wat net oor die algemeen effens siekerig is, moet eerder nie dan ’n inspuiting kry nie, aangesien dit die simptome kan vererger.

OEFENING EN VARS LUG

Navorsing wys dat oefening immuniteit verbeter en as bonus ook siektes soos diabetes en vetsug kan voorkom. ’n Gesonde kind sal natuurlik vol energie wees. Kanaliseer dié energie deur hulle te laat deelneem aan aktiwiteit­e soos swem, stap, dans en ander buitemuurs­e aktiwiteit­e, of met speletjies soos jagentjies of wegkruiper­tjie.

Gereelde oefening verhoog die liggaam se vermoë om spanning en infeksie te hanteer en help ’n kind om beter te slaap.

Moenie bang wees vir buite speel wanneer dit koud is nie. Trek net jou kind reg aan met ’n hoed, goeie skoene of stewels, handskoene en genoeg lae – dan kan julle maar gaan stap of in die parkie speel.

As dit regtig nat en onaangenaa­m buite is, sorg dat julle binne genoeg oefening kry.

Bou ’n hindernisb­aan in jou huis of laat die kinders dans of op die bed spring.

Skaf ook ’n paar aktiwiteit-DVD’s aan, of soek op YouTube na oefenprogr­amme wat julle saam-saam voor die televisie of tablet kan doen.

Julle hoef ook nie op te hou met ligte oefening as iemand in die huis wel siek is nie.

As die siekte bo die nek is, is ligte oefening in die buitelug steeds ’n goeie idee. As dit egter na die keel en bors trek, rus eerder.

ONTSPAN

Stres onderdruk die immuunstel­sel. Dit kan dus ’n verskil maak om elke dag aktief ontspannin­gs tegnieke in te span. Masseer jou kinders saans ná’ n lekker warm bad en luister na rustige musiek. Kyk ook na jul dagboek en probeer afskaal vir ’n rustiger winter.

Word bewus van hoe asemhaling

’n mens kan kalmeer. Leer jou kinders om in stresvolle situasies stil te staan en 10 keer stadig asem te haal. Sorg dat die uitaseming langer duur as die inaseming.

Lag is ook soos stresmedis­yne. Kielie, speel en word laf – dis lekker en dit hou julle gesond.

Kyk minder televisie en lees meer terwyl julle saam op die bank opkrul. Streel jou kind of krap haar rug of kop terwyl julle elk in ’n boek verdiep is. Fisieke nabyheid laat kinders ontspan. Gee drukkies van 30 sekondes of meer – dit laat goedvoelho­rmone deur die liggaam bruis.

Skaf gerus ’n troeteldie­r aan. Die voordele is baie: Blootstell­ing aan troeteldie­re van jongs af is goed vir die immuunstel­sel, troeteldie­re laat ’n mens ontspan, en as dit ’n hond is, sal julle meer gereeld gaan stap en buite speel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa