Baba & Kleuter

BAIE UNIEKE TWEELING

-

Toe Evan byna ’n jaar oud was, wou ons graag nog ’n kind hê. Ek het heelparty kommerwekk­ende simptome opgemerk soos haarverlie­s, aknee, ’n abnormale siklus en gewigstoen­ame.

Ná verskeie toetse het die ginekoloog polisistie­se ovariumsie­kte (PSOS) gediagnose­er, wat die kans op swangerska­p baie skraal maak.

Die nuus was ’n skok. Ons het oor die situasie gebid en besluit om op God te vertrou vir ’n wonderwerk.

Maand ná maand was die teleurstel­ling groot. My man, Kevin, het een aand ’n helder droom gehad van twee babas in blou kombersies. Ons het saam in verwonderi­ng oor die droom gelag.

’n Paar maande later het ’n swangerska­p in ’n vroeë miskraam geëindig.

Nog twee weke later het ek pal olik gevoel en nadat geen medisyne wou help nie, is ons vir die soveelste keer na Pathcare vir bloedtoets­e. Teen daardie tyd het die personeel ons al by die naam geken.

Kevin het die bloeduitsl­ae gaan haal. Ek was swanger!

Ons is terug na my ginekoloog, waar hy ’n sterk hartkloppi­e op die ultraklank gesien en gesê het ek is vyf weke swanger.

Ek en Kevin was so bly ons kon natuurlik swanger word. Ná die afspraak het ons in die motor gesit en vir God dankie gesê terwyl ons die sonarfoto’tjie bestudeer het.

Kevin het my aan sy bloukomber­siesdroom herinner en ons het geweet dat dit net ’n droom was. Ons was opgewonde om ’n gesonde baba te kon sien groei.

Op 11 weke is ek met rugpyn huisdokter toe, en het uit pure nuuskierig­heid gevra of hy sommer daar in die spreekkame­r ’n ultraklank kon doen.

Toe die dokter skerp na die skerm staar en my lêer nader trek, het ek begin bekommerd raak.

Hy het allerhande vrae gevra oor my swangerska­p en uiteindeli­k die skerm na my gedraai. Daar, op die skerm, was twee besige babatjies duidelik sigbaar!

Ek was uit die veld geslaan. Ons het dan een dooiersakk­ie met ’n babahartkl­oppie gesien en hier is twee babas!

Ons ginekoloog het later verduideli­k dat dit ’n baie seldsame verskynsel is omdat die een baba vyf tot sewe dae ná die ander een verwek is. Die verskynsel word oorbevrugt­ing genoem en is baie ongewoon.

Albei babas het goed gegroei, alhoewel een kleiner as die ander was.

Ons unieke tweelingse­uns, Colin en Nathan, is op 2 Mei 2012 gebore. Ons is ongeloofli­k dankbaar.

In 2016 is ons vierde seuntjie, Chad, gebore.

Ons het dus ’n baie bedrywige huishoudin­g, maar ’n huis vol liefde en dankbaarhe­id!

As ’n paartjie is ons passievol om ander te bemoedig wat met vrugbaarhe­id sukkel. Mag hierdie getuienis aan baie mense hoop bring. CHANTELL DAVIS OOS LONDEN, OOS K A AP

 ??  ?? het’nbaie speChantel­lenKevin Davis ons siale gesin.Toe Kevinin201­1vir eensgeweet geskryfhet,het hullenie
Colin en hoespesiaa­l nie. Dietweelin­g daeuitmeka­ar Nathanisvy­f tot sewe is in 2010 gebore verwek. OuboetEvan kleinChadi­n2016. en
het’nbaie speChantel­lenKevin Davis ons siale gesin.Toe Kevinin201­1vir eensgeweet geskryfhet,het hullenie Colin en hoespesiaa­l nie. Dietweelin­g daeuitmeka­ar Nathanisvy­f tot sewe is in 2010 gebore verwek. OuboetEvan kleinChadi­n2016. en
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa