Baba & Kleuter

Die RUSTIGHEID self

Klein Delien Fourie van Pretoria, Gauteng, is ons tweede wenner in #coverstars­earch. Haar ma, Jacqueline Fourie, vertel meer.

-

HOE HET DELIEN SE GEBOORTE VERLOOP?

Delien is op 27 Desember 2020 gebore, ‘n dag of wat ná die verwagte datum. Sy het 3,8 kg geweeg en was 54 cm lank. Dit was ‘n natuurlike geboorte en gelukkig nie so lank nie. Sy is sowat drie uur vandat ons besef het ek is in kraam, gebore. Dit was ‘n ongeloofli­ke ervaring. Sy het ons harte dadelik gesteel.

WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE PANDEMIE OP JOU SWANGERSKA­P?

Dit was meer eensaam. Ek was definitief meer gestres en bang om in aanraaking met mense te kom en dus het ons baie vriende en familie nie gesien of byeenkomst­e bygewoon nie. Mens kon sekere swangerska­poomblikke dus nie ten volle met ander deel nie. Die goeie ding was wel dat ek meer op die swangerska­p kon fokus en van die huis af kon werk, dus was die lewe in ‘n mate nie so gejaag nie. Ek kon ‘n bietjie ekstra tyd saam ons seuntjie deurbring voor sy sussie kom. Deon is ‘n besige 2½-jarige. Hy was baie bly oor sy nuwe sussie en sê gedurig hoe baie lief hy haar het. Hy was nog nooit lelik teenoor haar nie, maar het beslis nuwe stoutstrek­e ontwikkel om aandag te kry.

WATTER SOORT BABA IS DELIEN?

Delien is baie rustig en pas aan by die ritme in ons huis. Sy kyk maar net rustig vir Deon as hy besig raak, en slaap deur sy lawaai. Sy maak dit wel duidelik as ietsie pla. As sy huil weet ek en haar pa, Deon, iets is fout. Sy is baie vriendelik en glimlag sodra iemand met haar oogkontak maak. Wanneer sy na jou kyk, voel dit asof sy tot diep in jou hart sien. Sy kan lekker lag, veral vir haar boetie.

NA WIE AARD SY?

Sy is ‘n goeie kombinasie van my en my man, Deon. Haar ogies, haar slaapgewoo­ntes en die manier hoe sy glimlag kry sy by my. So klein soos wat sy is, is daar ‘n rustigheid en diepte wat mens aanvoel by haar en dit kom van pappa af. Sy kan ook net so lekker soos haar pappa skrik!

HOE HET JULLE HAAR NAAM GEKIES?

Voordat ek en my man getrou of kinders gehad het, het ek my sussie gehelp dogtertjie­name soek vir haar dogtertjie en op Deline afgekom. Ek het besef dis ‘n kombinasie van my en my man se name: Deon en Jacqueline en ek het geweet dat dit eendag ons dogtertjie se naam sal wees. Ons het wel op die Afrikaanse spelling, Delien, besluit.

WAT IS JULLE WENSE EN DROME VIR HAAR?

Ons grootste wens vir haar is om die Here te ken en te weet dit maak nie saak wat in jou lewe aangaan nie, daar is krag in gebed. Ons wens vir haar sukses, maar bo dit, geluk en vrede toe. Mag sy altyd weet wat regtig belangrik is in die lewe en elke dag voluit lewe en geniet wat sy doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa