Baba & Kleuter

VISBALLETJ­IES VIR DIE DOOPSLAG

-

BESTANDDEL­E DOOPSOUS

• 1 k (250 ml) natuurlike volroomjog­urt • 1 hand vol gekapte vars kruie (bv.

dille, pietersiel­ie en grasuie)

• sap van ½ suurlemoen

• sout en peper na smaak

TAMATIERYS

• 2 e (30 ml) botter

• ½ ui, gekap

• 1 blik (410 g) gekapte tamaties • sout en peper na smaak

• 1½ k (375 ml) rou rys

VISBALLETJ­IES

• 500 g filette van enige ferm, wit vis • goeie olyfolie

• sout en peper na smaak

• 500 g wit knopiesamp­ioene

• 1 groot wortel, geskil en gerasper • 1 k (250ml) gaar quinoa

• 2 groot eiers, liggies geklits • gerasperde skil van 1 suurlemoen • ½ k (125 ml) meel

• ½ k (125 ml) sprietuie, fyn gesny

METODE

Voorverhit die oond tot 180 ˚C.

1. Doopsous: Meng al die bestanddel­e saam en verkoel.

2. Tamatierys: Maak die rys gaar volgens die aanwysings op die pak.

3. Smelt die botter in ’n kastrol en braai die uie tot sag.

4. Voeg die tamaties by en geur met die sout en peper. Laat prut tot die sous verdik.

5. Roer die sous deur die gaar rys.

6. Plaas die deksel op sodat dit warm bly en hou eenkant tot etenstyd.

7. Visballetj­ies: Plaas die visfilette op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Smeer liggies met olyfolie en geur met sout en peper.

8. Bak sowat 15 tot 20 minute in die verhitte oond tot gaar.

9. Laat effens afkoel en verwyder die vel en grate. Vlok in ’n groot bak en laat heeltemal afkoel.

10. Pols die sampioene in ’n voedselver­werker tot heeltemal fyn. Braai in die olyfolie in ’n groot kastrol tot gaar en tot die vog weggekook het. Laat afkoel.

11. Meng die sampioene, gevlokte vis en ander visballetj­iebestandd­ele goed en geur met sout en peper.

12. Rol in balletjies so groot soos ’n gholfbal. Daar is genoeg vir min of meer 24.

13. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak 25 minute.

14. Sit die visballetj­ies voor op die tamatierys en met ’n bakkie jogurtsous.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa