Baba & Kleuter

VLEISBROOD MET PIENKSOUS

-

BESTANDDEL­E PIENKSOUS

• 4 e (60 ml) mayonnaise

• 4 e (60 ml) tamatiesou­s

• vars suurlemoen­sap na smaak

VLEISBROOD

• 400 g wit knopiesamp­ioene • olyfolie

• 2 baba- uie, fyngekap

• 2 knoffelhui­sies, fyngedruk

• sout en peper na smaak

• 1 k (250 ml) broodkrumm­els

• 1 ekstragroo­t eier, liggies geklits

• ½ k (125 ml) gerasperde parme

saankaas

• 1 groot murgpampoe­ntjie, gerasper • gaar mieliepitt­e van 1 mieliestro­nk • ¼ k (60 ml) pietersiel­ie, fyngekap • fyngeraspe­rde suurlemoen­skil van

1 suurlemoen

• 1 e (15 ml) suurlemoen­sap

• ¼ k (60 ml) sprietuie, fyngesny

• 2 t (10 ml) droë origanum

• 400 g hoendermaa­lvleis

METODE

Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Spuit ’n broodpan van 20cm x 10cm broodpan met kossproei.

1. Pienksous: Meng die bestanddel­e en hou in die yskas tot etenstyd.

2. Vleisbrood: Pols die sampioene in die voedselver­werker tot fyn. Giet die olie in ’n groot pan en braai die sampioene tot gaar en tot die vog verdamp het. Hou eenkant.

3. Braai die uie in dieselfde pan in olyfolie tot sag. Voeg die knoffel by, geur met sout en peper en hou eenkant.

4. Meng die afgekoelde sampioene, gebraaide uie en die res van die vleisbrood­bestanddel­e behalwe die hoender goed. Voeg die hoender by en geur met sout en peper. Meng weer.

5. Skep die mengsel in die broodpan en bak 30 minute tot gaar en goudbruin bo-op.

6. Verwyder uit die oond en dop uit die pan. Plaas terug in die oond op ’n bakplaat en bak nog 10 minute tot die kante ook verbruin.

7. Sny in dik skywe en sit voor met die pienksous en ’n slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa