Baba & Kleuter

WAT IS GOEIE OUERS SE GEHEIME VIR SUKSES?

-

Vier ma’s vertel...

Liefde is die belangriks­te eienskap wat ouers kan openbaar. Reëls, roetine en dissipline is goed en wel, maar as dit nie gebalansee­r word met onvoorwaar­delike liefde en aanvaardin­g deur die ouer nie, gaan die kind net “wetsgehoor­saam” wees en nooit voel dat sy waarlik en in liefde aanvaar word nie. As ’n kind onvoorwaar­delike liefde en aanvaardin­g ervaar, gee dit haar ’n anker wat haar lewe lank by haar bly en wat sorg dat sy seker van haarself is: nie arrogant nie, maar seker in die wete dat sy na waarde geskat word. WENDY SAUNDERS MA VAN PAIGE ( 4)

Behandel jou kind met respek en as ’n individu. Kinders is nie miniklone van jou nie, maar behoort ’n eie identiteit te hê. As jy verkeerd is, vra om verskoning. Dis nie altyd maklik nie, maar dit wys jou kind jy is ook menslik en maak foute. Behandel hulle met onvoorwaar­delike liefde en wees geduldig, want hulle het hul lewensreis pas begin en moet nog leer namate hulle op die pad vorder. Wys hulle jy gee om en as hulle foute maak, stel die foute reg en nie die kind nie. Moenie jou kinders met ander vergelyk nie – elkeen van hulle is uniek. MARLENE NIEWENHUIS MA VAN RULENE ( 6)

Bly by jou beloftes, sorg dat jou kinders altyd gemaklik daarmee is om jou te nader, wees ’n goeie rolmodel, praat oor jou morele waardes, wees koesterend, bring tyd saam met hulle deur en lei hulle geestelik. LISA LOUW, MA VAN NADINE ( 3)

Omdat kinders groot nabootsers is, vra ek my dikwels af: Is dit die beste manier om dinge te hanteer? Is dit hoe ek wil hê dat my kinders uitdagings en geleenthed­e hanteer? Pas dit by ons waardestel­sel en geloof? Gaan dit ons help om ons kinders te leer om morele, verantwoor­delike burgers te word?

Elke ouer het ’n aantal grondreëls nodig om kop bo water te hou. Myne sluit die volgende in:

Ek kies die gevegte. Ek is nie te streng oor klere nie. Dis vir hulle belangrik om self te kies omdat volwassene­s so baie keuses vir hulle maak. Met keuses kom ook die les van gevolge, maar dit moet aangepas word volgens jou kind se begrip.

Roetine. Voorspelba­arheid is belangrik en help hulle om gewoontes te vestig wat hulle as volwassene­s goed te pas sal kom. Ons roetine sluit in: aandete saam om die dag te bespreek, storttyd, tandeborse­l, stil tydjie om te teken, storie, gebed en slaap. Ons moedig nie kuiery in die week aan nie en ook nie telefoonop­roepe tussen 18:30 en 20:00 nie, want dis ons tyd saam met ons kinders.

Ek probeer om kalm te bly te midde van ’n chaos en weet dat my kinders nie miniatuurv­olwassenes is nie en dat ek nie kan verwag hulle moet soos grootmense optree nie.

Hul gevoelens is dikwels te groot vir hulle om te begryp en ons moet help dat hulle hul gevoelens en optredes sinvol kan verstaan.

Vang jou kind ’n slag wanneer sy iets reg doen pleks van verkeerd. Positiewe terugvoer sal goeie gedrag vestig.

Speel baie met hulle, want so leer hulle hoe die wêreld werk. Speel ook baie buite, want so word jul gesin ’n span. FRIEDA LE ROUX MA VAN EMMA ( 3) EN DANIEL ( 1 ½ )

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa