Baba & Kleuter

HANTERINGS­MEGANISMES

-

Een van die beste maniere om jou te bemagtig is om voorgeboor­teklasse by te woon. Dit skep ’n ruimte waarin jy ’n magdom inligting bymekaar kan maak en belangrike ontspannin­gs- en asemhaling­stegnieke kan leer. Dit sal jou selfvertro­ue ’n hupstoot gee en jou laat voel asof jy jou eie bevalling kan bestuur.

WENKE

1 Aanraking terwyl jy kraam is ’n uitstekend metode van natuurlike pynverligt­ing. Dit sluit dinge in soos ’n strelende massering, koue en warm kompresse en kontradruk. 2 Eksperimen­teer met verskeie posisies en inkorporee­r dans en joga of wieg heen en weer om jou baba te help om in die geboorteka­naal af te sak.

3 Maak seker jy bly goed gehidreer en vermy ’n leë maag terwyl jy kraam. Dit is beter om klein slukkies water te drink en in die loop van die bevalling aan hoë- energiekos te peusel.

4 Praat- sing of maak kreungelui­de om energie vry te stel. In sommige kulture word vroue in kraam ontmoedig om geluide te maak, maar onthou dat wanneer jy gil jy buitentoe druk, wat die proses aanhelp. 5 Oorweeg water as ’n pynverligt­er. Vroue gebruik dit reeds duisende jare lank om kraampyne te verlig. As jy in ’n bad warm water ontspan, het swaartekra­g geen uitwerking nie, is daar minder sensoriese stimulasie en is jy minder geneig om streshormo­ne af te skei. Dit moedig jou lyf aan om endorfiene af te skei, wat pyn help onderdruk.

6 Musiek kan ’n doeltreffe­nde wapen teen kraampyn wees en baie studies het dit reeds bevestig. Musiekritm­es kan jou óf kalmeer, óf jou woema gee wanneer jy dit nodig het. Navorsing wys ma’s wat na musiek luister terwyl hulle kraam, is kalmer en meer in voeling met hul kontraksie­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa