Baba & Kleuter

WANNEER SKOP SY?

-

VEk het my baba op 13 weke vir die eerste keer voel skop en boonop die naelstring sien beweeg. Daarna het ek my verbeel ek kon hom weer ’n paar keer voel beweeg, maar toe raak dit stiller. Ek is nou 18 weke swanger en voel nie meer definitiew­e beweging nie. Wanneer skop ’n baba met mening, sodat ek seker kan wees dis wat ek voel, en hoe gereeld daarna moet ek hierdie skoppe voel? Raak die skoppe meer namate die ongebore baba ouer word, of moet ’n mens van jou eerste skop af elke dag min of meer dieselfde aktiwiteit voel?

ADR. JP DU BUISSON ANTWOORD:

In ’n eerste swangerska­p kan ’n mens gewoonlik beweging van omtrent 20 weke af begin voel.

In die daaropvolg­ende swangerska­ppe kan jy dit van vroeër af voel, want nou weet jy mos reeds hoe dit voel wanneer baba begin beweeg. Aanvanklik kan die baba se bewegings vlietend wees, maar dit sal later ál sterker word.

Dis nie waar dat die baba se bewegingsp­atrone van die begin af dieselfde is nie. In die begin gaan dit ligte fladdering­s wees, wat eers later gevolg word deur meer robuuste bewegings wat selfs jou eggenoot moontlik sal kan voel.

Teen die einde van die swangerska­p raak die ruimte waarin baba kan beweeg, kleiner. Dit beteken nie noodwendig dat die baba minder sal beweeg nie, maar dat die aard van die bewegings meer kriewelagt­ig of wurmagtig sal raak.

Ek wil egter net reageer op jou een stelling – die naelstring wat jy sien beweeg het. Dit was waarskynli­k jou derms. Jy sal nooit die naelstring kan sien beweeg nie omdat dit ’n sagte struktuur is wat binnein die baarmoeder geleë is.

Op 13 weke is die baarmoeder nog eintlik binnein die bekken en dus nie sigbaar in die buik nie. Ek is seker die baba se bewegings sal binnekort meer definitief raak. Geniet dit, want dan weet jy mos dit gaan goed met jou baba!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa