Baba & Kleuter

BANG VIR KRAAM

-

VEk verwag my eerste baba en ek is so bang om te kraam. My suster het ’n aaklige ondervindi­ng gehad – sy sê sy doen dit nooit weer nie – en ek is bang ek kom dieselfde oor. Ek is maar klein en het smal heupe. Ek weet nie of ek hiervoor gebou is nie.

Dis nie dat ek pieperig is nie, maar dit klink darem baie seer. Gee asseblief raad.

ASR. ANJA STANDER ANTWOORD:

Dis heeltemal normaal om angstig te voel oor die kraamprose­s, veral omdat dit jou eerste swangerska­p is en die ervaring vir jou onbekend is.

Ek is jammer dat jou suster so ’n aaklige ondervindi­ng gehad het, en dis te verstane dat haar belewenis van kraam jou bang maak.

Vroue het om verskeie redes negatiewe ervarings van kraam – onder meer ’n gebrek aan ondersteun­ing terwyl hulle kraam – maar ek lei af dat haar slegte ervaring hoofsaakli­k as gevolg van onbeheerde pyn was.

Deur jou te bemagtig met korrekte inligting en ’n positiewe kopskuif te maak ten opsigte van jou verwagting van die kraamprose­s, verbeter jy jou kans drasties om ’n positiewe en vervullend­e kraamervar­ing te beleef.

Wanneer jy die kraamprose­s en die verskillen­de stadiums daarvan verstaan, sal dit jou help om selfvertro­ue in jou liggaam te hê sodat jy jou lyf kan vertrou dat dit hierdie ongeloofli­ke proses normaal sal laat verloop.

Wat jou liggaamsbo­u betref: Dis baie belangrik dat jy met jou volgende ondersoek jou kommer met jou dokter of vroedvrou bespreek. Hulle kan met ’n eenvoudige ondersoek die grootte van jou bekken se uitlaat te bepaal.

Gelukkig is ’n baba se grootte net in 2 tot 4 persent van swangerska­ppe buite verhouding met hul ma se bekkenuitl­aat.

Ek beveel aan dat jy ’n doula in jou omgewing kontak om jou te help om op die geboorte voor te berei en jou met die geboorte self by te staan.

Saam met haar kan jy ’n geboortepl­an saamstel. Sy sal jou ook kan bystaan en ondersteun terwyl jy kraam.

Onthou dat geboortes nie altyd presies volgens plan verloop nie, maar jy sal meer voorbereid voel as jy ’n plan in plek het.

Die bystand van ’n doula sal jou ’n mate van gerustheid gee en help om te verstaan wat om van die bevalling te verwag.

Sy sal ook voorstelle kan maak oor hoe om ’n kalm en rustige omgewing te skep wanneer die groot dag eindelik aanbreek en oor hoe om dit te implemente­er.

’n Stil en rustige omgewing vir kraam verrig wondere vir ’n angstige gemoed. Dis egter belangrik om jou geboortepl­an ook met jou dokter of vroedvrou te bespreek. Gesels ook met jou maat of die een wat jou met die bevalling gaan bystaan. Help hulle verstaan hoe hulle jou kan ondersteun en wat jy van hulle gaan verwag terwyl jy kraam.

Afhangende van waar jy die lewe gaan skenk, sal daar verskillen­de pynbeheerk­euses beskikbaar wees.

Vind gerus vooraf meer daaroor uit.

Wat pyn betref, is dit belangrik om ’n positiewe kopskuif daaroor te maak. Onthou, met elke kontraksie is jy nog een kontraksie nader daaraan om jou pragtige baba te ontmoet.

Probeer soveel rondbeweeg as wat jou liggaam jou toelaat terwyl jy kraam.

Beweging en swaartekra­g (omdat jy regop is terwyl jy beweeg) help die normale en gesonde verloop van ’n bevalling aan.

Drink ook genoeg vloeistoww­e terwyl jy kraam, want kontraksie­s is seerder as ’n mens ontwater is.

Baie sterkte, en ek vertrou dat jy sommer ’n baie positiewe kraamervar­ing sal hê.

* Lees ook ons artikel oor pynbeheer met natuurlike kraam in hierdie uitgawe.

Deur jou met korrekte inligting te bemagtig en ’n positiewe kopskuif te maak oor wat jy van die bevalling verwag, verbeter jy jou kans drasties om ’n positiewe en vervullend­e kraamervar­ing te hê

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa