Baba & Kleuter

10-dag-plan VIR JOU & JOU PASGEBOREN­E

Ontspan. Met ons dag-vir- dag-plan vir die eerste 10 dae van jou baba se lewe gaan jy en die vreemde nuweling kort voor lank ou vriende wees. Vertrou jou instink en geniet die klein mensie.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

DAG 1

As dit by nuwe babas kom, voel sommige dinge vir ons natuurlik terwyl ons ander algaande aanleer. Dankie tog vir “goedvoel”-hormone soos oksitosien wat hiermee help. Dis teenwoordi­g terwyl ons swanger is en word in groot hoeveelhed­e vrygestel terwyl ons kraam. Hierdie wonderlike hormone sorg dat jy gelukkig en lief vir jou nuwe baba voel sodat julle kort voor lank ’n hegte band deel.

Die goedvoel-hormone is ook daarvoor verantwoor­delik dat jou melk afsak en help om die eerste borsvoedin­g-probeersla­g natuurlik te laat voel.

WAT JY KAN DOEN Sorg dat jy jou baba naby aan jou hou. Sit met jou baba in jou arms, praat met en sing vir haar. So sal jy haar gou leer ken en beter verstaan. Borsvoed jou kleinding wanneer sy honger is en bly sommer van die begin af weg van die horlosie!

DAG 2

Jy het seker vinnig agtergekom dat jou nuwe baba óf drink óf slaap. Pasgeboren­es slaap vreeslik baie, maar net vir kort rukkies op ’n slag. Jou nuwe baba behoort elke twee tot drie uur wakker te word om te drink.

Teen hierdie tyd behoort jou baba sy eerste poefdoek te gehad het, of dit wag om die draai. Dié eerste doek is swart, taai en klewerig. Dit is nie maklik om skoon te maak nie, maar ruik gelukkig darem nie onaardig nie. Kolostrum, of die eerste melk wat jou liggaam ná jou baba se geboorte vervaardig, bevat lakserende eienskappe wat die uitskeidin­g van mekonium aanmoedig.

Onthou om jou baba se naeltjie met elke doekruilin­g te reinig.

WAT JY KAN DOEN Hou moed! Maak staat op hospitaalp­ersoneel om te help sodat jy rus kan kry.

Help om die naelstring­stompie vinniger te laat uitdroog deur dit aan lug bloot te stel. Deesdae word alkohol en ander middels nie meer gebruik nie. Doen presies wat die verpleegst­ers aanbeveel en moenie daaraan torring nie.

DAG 3

Veranderen­de hormoonvla­kke, uitputting weens min slaap, die energie wat jy gebruik om borsvoedin­g te vestig en ’n seer wond kan alles daartoe bydra om jou bedruk en huilerig te laat voel. Hierdie gemoedstoe­stand staan bekend as bababedruk­theid en verskyn meestal op dag drie. Gelukkig verdwyn dit gewoonlik net so vinnig as wat dit jou oorval het.

Jou borste is op dag drie gevoelig as gevolg van jou melk wat nou heelwat toeneem om by jou baba se veranderen­de behoeftes te pas.

Jy sal heel moontlik vandag uit die hospitaal ontslaan word. As dit jou paniekerig laat voel om te dink dat daar nie meer hospitaalp­ersoneel gaan wees om jou te help nie, ontspan. Die ouerskapsk­enner Suster Lilian skryf in haar boek Omvattende swangerska­p-, geboorte- en ouerskapgi­ds dat ma’s by die huis meestal meer ontspanne is, gouer aansterk en vinnig aanpas.

WAT JY K AN DOE N Hou aan met borsvoedin­g. Voed so gereeld moontlik omdat dit die vol gevoel van jou borste verlig.

Trek gemaklik aan vir die groot tog huis toe. Jy sal waarskynli­k vir eers steeds jou kraamklere dra.

Sorg dat die motorstoel­tjie behoorlik geïnstalle­er en baba korrek in die stoeltjie vasgegorde­l is voor julle die hospitaal verlaat.

DAG 4

Huistakies is nie nou ’n prioriteit nie. Skuif dit tot onderaan jou lysie van doendinge en fokus die volgende weke daarop om jou baba te leer ken.

Jou tepels kan vandag seer en gebars voel. Hoewel borsvoedin­g nie veronderst­el is om pynlik te wees nie, is dit normaal om aanvanklik gevoelige tepels te hê. Jy behoort ongemak te voel as jou baba vassuig, maar ná ’n paar suigies behoort dit beter te word en teen dag sewe tot 10 behoort die ongemak heeltemal oor te waai.

WAT JY K AN DOE N Verlaag jou standaarde by die huis en doen net die nodige.

Vra iemand wat jy vertrou soos jou ma of suster om in die eerste week by jou in te trek sodat hulle met huistakies kan help.

As jy aanhoudend­e pyn voel terwyl jou nuwe baba borsvoed, kan jy by ’n borsvoedin­gskonsulta­nt aanklop. Marie-Louise Steyn stel in haar boek Borsvoed jou baba:

Maak dit vir jou én baba maklik voor dat jy dit doen as jou tepels seer, stukkend of gebars is, jy ’n teer, warm knop in jou bors voel of as jou baba sukkel om te drink.

As jy konstante pyn voel terwyl jou nuwe baba borsvoed, kan jy by ’n borsvoedin­gskonsulta­nt aanklop.

Die raad om te slaap wanneer jou baba slaap, bly een van die beste stukkies raad wat ’n nuwe ma kan kry.

DAG 5

Vriende en familie sal jou nuwe baba graag wil ontmoet. As jy vir besoekers kans sien, kan jy een van hulle vra om die tee te maak eerder as dat jy gasvrou speel. Vermy dit om heeldag boodskappe op jou telefoon te beantwoord omdat dit nie net vir jou uitput nie, maar ook jou kleinding.

Jou baba behoort nou al goed aan die bors te heg en meer melk op ’n slag te drink; sy sal dus langer aan die bors wees. Namate jou melkvolume toeneem, verander jou baba se poefdoeke na gelerig en sag, wat die skoonmaaks­lag makliker maak. WAT JY KAN DOEN

Aanvaar hulp van vriende en familie, en vra ook hulp as jy agterkom dat jy nie die mas opkom nie. Onthou dat jy gaste mag weier as jy uitgeput voel of net nie kans sien vir so baie mense in jou huis nie.

Ruil jou baba se poefdoek onmiddelli­k en sorg dat jy jou baba se boudjies behoorlik reinig.

DAG 6

Die enigste manier waarop jou pasgeboren­e met jou kan kommunikee­r, is deur te huil. Dit kan dui op ’n leë magie, dat sy koud of te warm kry, ’n wind het, ’n vuil doek het of sommer net naby aan jou wil wees.

Al voel dit nie nou so nie, vlieg die tyd verby en voor jy jou oë uitvee, rol jou baba vir die eerste keer om. Soen haar, knoop geselsies aan, hou haar styf vas en ruik gereeld aan jou nuwe baba.

WAT JY KAN DOEN Huilery kan enige nuwe ma paniekerig maak. Wees gerus, hoe beter jy jou baba leer ken, hoe vinniger sal jy weet wat sy van jou wil hê.

Jou baba kan dalk aan haar vingertjie­s suig wanneer sy honger is pleks daarvan om te huil.

Neem genoeg foto’s – daardie eerste dae is kosbaar!

DAG 7

Jy is vandag al ’n week lank ’n goeie ma!

Een van die dinge waaroor nuwe ouers gereeld tob, is of baba genoeg melk inkry. Die beste manier om vas te stel of jou baba in die eerste week genoeg gewig aangesit het, is om babaklinie­k toe te gaan en haar te laat weeg.

As jou baba winde het, kan dit veroorsaak dat sy ná ’n voeding melk opbring en opgeblaas en ongemaklik voel.

Die Britse kindersorg­kenner Gina Ford sê in haar The New Contented Little Baby

Book dat ’n baba wat winde of krampe het, self die bors sal los.

Jy sal weet jou baba het ’n wind as sy skielik ophou drink, haar lippies blouerig word en sy tydens die voeding begin huil of onrustig word.

Namate jou nuwe baba ouer word, sal jy ál minder winde hoef uit te vryf.

WAT JY KAN DOEN Vertel die klinieksus­ter as jy nie jouself voel nie of as jou baba steeds sukkel om aan jou bors vas te heg om te drink.

Bring genoeg tyd saam met jou nuwe baba deur om seker te maak jy leer haar “taal” ken.

Beproef verskeie maniere om van haar windjies ontslae te raak en kies uiteindeli­k die een wat die beste vir julle albei werk.

DAG 8

Dit kan veeleisend wees om so baie tyd in die geselskap van ’n nuwe mensie deur te bring. Sorg dat jy gereeld vars lug kry en ’n rukkie in ’n ander omgewing sal ook nie skade aanrig nie.

Sorg net dat jy jou baba uit die son hou, vermy siek mense en moenie na ’n plek gaan wat jou én jou baba gaan oorweldig nie.

As jy tussen vier mure vasgedruk voel, is dit ’n goeie idee om jou baba ’n rukkie in iemand anders se sorg te laat.

WAT JY KAN DOEN Die beste idee vir uitkom in die eerste paar weke is om jou baba in die stootwaent­jie vir ’n uitstappie te neem. Stap in jou buurt of in ’n park rond.

Vra jou man om baba te bad terwyl jy self in ’n warm bad ontspan.

DAG 9

As daar ’n stukkie raad is wat jy nou seker al oor en oor gehoor het, is dit dat jy moet slaap wanneer jou baba slaap. Nog uitstekend­e raad van ervare ma’s is om saans vroeg in die bed te klim. Die versoeking is nou groot om vinnige, ongesonde peuselhapp­ies te eet. Onthou net dat jou lyf nou al die krag nodig het wat jy bymekaar kan skraap.

WAT JY KAN DOEN Probeer een middag om saam met jou baba op jou bed aan die slaap te raak. Sorg net dat daar nie los komberse en kussings om of onder jou baba is nie en dat sy nie van die bed kan afval nie.

Anel Kirsten, ’n dieetkundi­ge van die Paarl in die Wes-Kaap, beveel kos met ’n lae glukemiese indeks aan vir volgehoue energie.

“Ná ’n geboorte het ’n ma proteïen soos vleis, hoender, vis, eiers, suiwelprod­ukte en neute asook bone en lensies nodig. Vitamien C-ryke kos soos tamaties, lemoene, aarbeie, papaja en spanspek help met herstel. Ysterryke kos is belangrik omdat jy bloed verloor het met die geboortepr­oses. Dit sluit in ysterverry­kte graankos, lewer en vleis. Omega 3-bevattende kos soos salm, snoek, geelstert, makriel, sardyne, vars tuna en sade is veral belangrik as jy borsvoed omdat dit help met jou baba se breinontwi­kkeling. Suiwelprod­ukte is weer ’n goeie bron van proteïen, kalsium en vitamien B.”

DAG 10

Teen hierdie tyd is jy sommer al ’n kenner op die gebied van babasorg.

Dit is belangrik dat jy goed na jouself omsien. Dit maak nie saak hoe opwindend jou nuwe “werk” is nie, al die versorging en verantwoor­delikheid gaan sy tol eis. Kom uit by ’n goeie vriendin vir ’n bietjie goeie geselskap.

As dit kan, bly in aanraking met die ma’s wat jy by die voorgeboor­teklasse leer ken het. Dit is vertrooste­nd om te weet dat iemand jou ervaring deel.

Jou baba se stompie kan teen dag 10 afval.

WAT JY KAN DOEN Nooi goeie vriendinne wat ook ma’s is na jou huis. Sorg dat jy vir elkeen vra om iets vir jul kuier saam te bring sodat jy nie al die werk hoef te doen nie. Die idee is om pret te hê, nie om te stres oor eetgoed of ’n netjiese huis nie.

Stig ’n WhatsApp-groepie sodat jy en ander ma’s wat in dieselfde fase van hul lewe is, mekaar kan ondersteun, moed kan inpraat en saam kan lag oor die dinge wat net ’n nuwe ma kan aanvang.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa