Baba & Kleuter

MENINGITIS

-

Breinvlies­ontsteking is wel seldsaam, maar dit kan binne 24 uur noodlottig wees en breinskade veroorsaak by dié wat dit oorleef maar nie betyds behandel is nie. Waar septiese skok ontstaan het, kan ’n kind selfs ’n ledemaat verloor. Veral kinders is kwesbaar.

Dis dus baie belangrik dat jy die siekte kan herken en dan baie, baie vinnig optree, sê dr. Nasiha Soofie, mediese hoof van die farmaseuti­ese maatskappy Sanofi Pasteur Vaccines.

“Ongelukkig word die simptome dikwels met ander siektes verwar soos griep, malaria of Covid19. Nog ’n probleem is dat kinders en babas jou nie altyd kan laat weet dat hulle sleg voel nie en nie duidelik kan oordra wat hulle ervaar nie,” sê sy.

“Die beste manier om jou gesin te beskerm, is met inenting. Daar is

’n inenting beskikbaar wat teen vier soorte breinvlies­ontsteking beskerm. Dit word vir alle babas en kinders aanbeveel en swanger vroue kan hul dokter raadpleeg.”

Simptome sluit in ’n mengsel van hoë koors, hoofpyn, ’n stywe nek, deurmekaar­heid, naarheid, braking, uitputting en ’n perserige uitslag.

Dis ook nie net kinders wat dit opdoen nie: Studente en koshuisbew­oners loop ook ’n groter gevaar omdat dit versprei word deur lugdruppel­s en direkte kontak met iemand wat siek is.

Nasiha waarsku dat die voorkoms van breinvlies­ontsteking kan styg omdat mense weens die pandemie hul gereelde inentings oorgeslaan het.

Gebruik die hutsteken #DefeatMeng­itis op sosiale media om meer te wete te kom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa