Baba & Kleuter

Sosiale DIERTJIES

Reeds in die eerste lewensjaar lê ons die fondament van ons baba se latere sosiale lewe.

- DEUR SHANDA LUYT

Soos ’n skoenlappe­r uit sy kokon ontvou, so ontvou jou kleinding se sosiale vaardighed­e een vir een in haar eerste lewensjaar tot sy ’n ware sosiale vlindertji­e word ...

Pasgeboren­e

Met geboorte is jou kleinding se sosiale vaardighed­e, nes baie ander liggaamsfu­nksies, instinktie­f. Sy huil as sy pyn het, ongemaklik is of jou aandag soek. Sy is perfek bedraad om met jou te kommunikee­r tot meer willekeuri­ge sosiale vaardighed­e ontwikkel. Dis belangrik dat jou baba nou voel sy kan vertrou dat jy op haar behoeftes sal reageer. So word die fondament gelê vir haar gesonde sosiale ontwikkeli­ng.

WENK Troos jou baba dadelik as sy huil. Wat ’n wonderlike wete dat jou teenwoordi­gheid soms al is wat nodig is om hierdie huiltjie stop te sit! Vergeet die ouvroustor­ie dat jy jou baba bederf: Op hierdie ouderdom is dit onmoontlik.

Maand 1 DIE SOETE STAAR

Jy is jou kleinding se hele wêreld. Daar is vir haar niks lekkerder as om by jou te wees nie en as jy jou gesig naby hare bring, sal sy lank en diep in jou oë staar – so asof sy jou gesig wil memoriseer ná al die maande wat sy net jou stem kon hoor. Namate jy meer bedrewe met haar voedings raak, sorg dit vir spesiale oomblikke wanneer sy lê en drink en jou met ernstige ogies bestudeer. Sy kan “glimlag” terwyl sy slaap of as jy haar aanraak – dis ’n teken dat sy ontspan en dit gebeur nog instinktie­f.

WENK Soms raak jy so vasgevang in die stres van jou nuwe baba se versorging dat jy vergeet om haar net te geniet en te koester. Hou haar vas, sing vir haar, wieg haar en geniet jul voedings saam.

Maand 2 DIE MOOISTE GLIMLAG OOIT

Kan dit wees? Was dit ’n regte glimlaggie? Sowaar! As jou aspatat daardie eerste keer teen so ses weke ’n regte sosiale glimlag gee, kan dit voel of jou hart uit jou borskas wil spring. Sy kan immers vir die eerste keer duidelik wys dat sy jou teenwoordi­gheid geniet. Gewoonlik sal jou kleinding se glimlaggie verskyn in reaksie op ’n glimlag op jou gesig, maar later verskyn dit spontaan wanneer sy jou sien. Sedert die geboorte het sy jou gesigsuitd­rukkings, liggaamsta­al en stemtoon leer ken. Sy spog nou met ’n verskeiden­heid gesigsuitd­rukkings, wat sy gewoonlik wys in reaksie op jou of ander se gesigsuitd­rukkings. Sy leer deur na te boots.

WENK Gesels met haar en maak oogkontak. Al jou aandag bou haar selfvertro­ue en laat haar voel sy is die belangriks­te mens in jou wêreld – ’n gesonde basis vir latere sosiale vaardighed­e.

Maand 3 NOG MENSE!

Aanvanklik is jou kleinding se aandag hoofsaakli­k op jou gefokus, maar kort voor lank sal enige mens wat met haar gesels of gesigte trek haar laat glimlag of haar aandag trek. Sy sal ook begin glimlag as sy haar gunsteling­speelding sien of wanneer sy gelukkig voel. As jy haar alleen laat kan sy huil, maar die oomblik dat jy weer aandag aan haar gee, is sy pure glimlaggie­s!

WENK Maak seker oumas, oupas, ooms en tannies kry genoeg kans om met haar te speel. Dis goed vir haar om te weet daar is ’n verskeiden­heid mense wat vir haar lief is.

Maand 4 WIE WIL KUIER?

Sy ken nou haar naaste gesinslede en draai julle almal om haar pinkie met haar beste pogings om jul aandag te trek. Haar hele lyfie raak sommer saam opgewonde as sy aandag kry en sy sal woes skop, armpies swaai en breed glimlag as dit lyk of iemand ’n bietjie met haar wil speel.

Haar lyfie sê: Ek soek geselskap! Maar haar aandag is nie meer net op die mense naby haar gefokus nie; daar is immers ’n hele wêreld se mense om te leer ken.

Sy hou nie van alleen wees nie; tog is dit belangrik dat sy ’n bietjie op haar eie speel sodat sy kan leer om haar self besig te hou. Gesels met haar as jy buite sig is sodat sy weet jy is steeds naby. Aanvanklik behoort dit net vir baie kort rukkies te wees, maar mettertyd kan jy dit langer rek.

WENK Neem haar op uitstappie­s winkel toe sodat sy kan sien die wêreld is vol mense vir wie sy glimlaggie­s kan uitdeel.

Maand 5 SKIELIK IS SY SKAAM

Daardie selfde sosiale wesentjie wat so graag haar glimlaggie­s met almal gedeel het, kan nou haar koppie skaam onder jou arm indruk as daar vreemde mense kom of selfs net as sy op ’n vreemde plek is. Sy sal wel vir bekendes glimlag. Jou kleinding kan dalk ’n spesiale gehegtheid aan een van haar speelgoed of kombersies ontwikkel – dit help haar veilig voel. Sy kan tussen kwaai en vriendelik­e stemme onderskei en sal dienooreen­komstig reageer.

WENK Reageer op al jou baba se pogings tot kommunikas­ie, of dit nou ’n glimlag is of ’n speelding wat sy vir jou gee.

Maand 6 LIEFLIKE LAGGIES

As jy dit nou nog nie gehoor het nie, kan dit enige dag gebeur: daardie eerste lekker laggie! Jy sal jou betrap dat jy enige verskoning soek om weer daardie betowerend­e klokkespel te hoor want ai, dis darem die mooiste klank ooit! Sy kan ook nou regte trane begin huil. Jou baba begin besef dat kommunikas­ie eintlik ’n tweerigtin­gstraat is en sal baie meer doelbewus op toenaderin­g reageer.

WENK Neem haar na ’n babastimul­asiegroep waar julle kan skouers skuur met ander ouers en babas. Jou kleinding sal geïnteress­eerd wees in die ander kleingoed, hoewel sy nie met hulle sal speel nie.

Neem haar saam op uitstappie­s winkel toe sodat sy kan sien die wêreld is vol mense vir wie sy glimlaggie­s kan uitdeel

Maand 7 WAAR’S MY MAMMA?

Ironies genoeg raak baba skielik weer angstig en selfs klouerig ná die fase waarin sy die wêreld wou omhels. Wee die een wat haar by jou probeer wegneem! Selfs ouma en oupa kan nou sukkel om ’n vashoubeur­t te kry.

Dis asof baba skielik besef sy is apart van jou en kan van jou geskei raak – wat sy tot elke prys wil vermy. Jou kleinding kan ’n wye verskeiden­heid emosies baie duidelik aan jou oordra met haar lyftaal en geluide. Jy kan dalk onverhoeds betrap word deur haar heel eerste woedebui – dis verstommen­d hoe intens kwaad so ’n klein lyfie kan word!

WENK ’n Stabiele roetine kan jou kleinding help om veiliger te voel sodat sy weet wat om te verwag. Moenie ophou om haar soms vir ander mense te gee om vas te hou nie. Maand 8 TYD VIR ‘NEE!’

Jou asjas kan nou klets in ’n ingewikkel­de brabbeltaa­l wat jy nie verstaan nie. Dis ’n groot stap in haar sosiale ontwikkeli­ng, want sy is ’n treetjie nader aan ’n gesprek voer. Nog ’n lekkerte is dat sy al beter verstaan wat jy sê en dus op jou vragies kan reageer – hou haar lyftaal fyn dop vir die antwoord! Sy weet ook wat die woordjie ”nee” beteken – en dis belangrik, want sy moet nou stadigaan begin besef dat daar sekere grense vir gedrag is.

WENK Liefdevoll­e dissipline is belangrik in jou kleinding se sosiale vorming sodat sy kan leer optree binne die grense van sosiaal aanvaarbaa­rheid, maar moenie nou perfeksie verwag nie. Dis ’n lang proses! Maand 9 HALLO, BABA!

Ander babas en kinders sal nou haar nuuskierig­heid prikkel, en sy sal gefassinee­rd na ’n maatjie staar of selfs probeer om die ander kleinding met haar handjies te verken, hoewel sy nie saam met hulle sal speel nie. Sy druk haar emosies al beter uit. Jy kan dit moeilik vind om te glo dat jou eens maklike baba nou so stormagtig en veeleisend is. Haar skeidingsa­ngs kan ’n hoogtepunt bereik.

WENK Kry soms ’n oppasser sodat sy daaraan gewoond kan raak dat jy nie altyd daar is nie. Moet nooit, ooit wegglip sonder dat jou baba dit sien nie. Al huil sy, groet haar liewer en sê jy kom nou-nou weer terug, anders ondermyn jy haar vertroue. Maand 10 DRUKKIES EN SOENTJIES

Is daar iets lekkerder as wanneer kleinding haar koppie so teen jou gesig of nek druk? Fisieke aanraking bly ’n belangrike deel van jou kleinding se sosiale ontwikkeli­ng. Sy sal floreer as jy vir haar hope drukkies en soentjies gee – en sal dit nou self ook graag uitdeel. Koester daardie klein lyfie, tel haar gereeld op jou skoot vir ’n bietjie vashou, en speel aanrakings­peletjies.

WENK Oorweldig jou kleinding met lof – dis nou vir haar baie belangrik en sal haar aanmoedig om nuwe dinge te beproef. Maand 11 ’EK SOEK DIT NIE!’

Die vloerstuip­e-monstertji­e kan nou in haar volle glorie verskyn! Soms gaan jy sukkel om jou lag te bedwing as sy voetjies stamp, skree of goed rondgooi, ander kere gaan jy haar dalk wil vermoor. Een ding is seker: Jy gaan weet sy is ongelukkig, gefrustree­rd of kwaad! Dis belangrik dat jy haar help en lei om hierdie emosies te hanteer. Lei haar aandag af en herlei haar energie na iets anders. Die lekkerte is dat jou kleinding se sosiale gedrag nou meer voorspelba­ar word. Sy raak ook sosiaal meer fyngevoeli­g en jy kan dus goeie sosiale gedrag begin aanmoedig.

WENK Dis belangrik dat jy optree soos jy graag wil hê jou kleinding moet optree, want sy boots nou alle gedrag na! Maand 12 REGTE KLEIN NAR!

Wat ’n lekker verrassing: Jou kleinding het ’n lieflike sin vir humor! Sy sal graag die nar speel om jou te laat lag. Sy geniet sosiale rituele soos om tatta te sê of ’n nagsoentji­e te kry.

WENK Verrig lekker takies saam

– dit gee jou kleinding ’n gevoel van veiligheid en leer haar onbewustel­ik hoe om haar beste voetjie in ’n sosiale opset voor te sit. ●

Moet nooit, ooit wegglip sonder dat jou baba dit sien nie

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa