Baba & Kleuter

HUISSTOFMY­TE

-

Hierdie goggas is kleiner as stofdeeltj­ies en kom voor in matte, gestoffeer­de meubels, matrasse en sagte speelgoed, om maar ’n paar gunsteling-blyplekke te noem. Hulle leef, grillerig genoeg, van jou velskubbe en skei dit later uit. Daardie uitskeidin­gs sweef dan soos ’n onsigbare wolk in jou huis rond en veroorsaak allergiese reaksies.

Volgens die Amerikaans­e asma-enallergie-vereniging is stofmyte die hoofoorsaa­k van allergiese toestande soos asemhaling­sprobleme, ooginfeksi­es, asma, hooikoors en ekseem.

WAT K A N J Y D O EN?

Myte gaan nooit heeltemal verdwyn nie, maar jy kan tog keer dat hulle jou huis oorneem. Hier is wenke:

■ Herstoffee­r jou ou meubels en stofsuig jou matte, gordyne en matrasse gereeld – verkieslik met ’n goeie stofsuier wat die vermoë het om stof werklik op te suig en dit nie net weer terug in die lug blaas nie.

Die beste keuse is ’n stofsuier wat deur water filtreer of een met ’n HEPA-filter (dit staan vir high-efficiency particulat­e air). Hou deure en vensters oop terwyl jy stofsuig.

■ Skaf spesiale kussing- en matrasbesk­ermers aan wat adverteer dat hulle teen stofmyte bestand is. Onthou egter dat myte steeds in jou duvet en kombers kan aanteel; was laasgenoem­de dus gereeld.

■ Koop ’n goeie huisstofsp­roei soos Mite Free. Dié handelsnaa­m maak onder meer ook ’n kussingspr­oei en sy produkte is deur die SABS goedgekeur vir klaarspeel met stofmyt-allergene.

Volgens Avin Levy, uitvoerend­e hoof van die Johannesbu­rgse ondernemin­g SoPure wat die produk vervaardig, kan dit met ’n geruste hart naby kinders gebruik word.

Avin beveel ook aan dat jy jou kind se sagte speelgoed gereeld met die Mite Free-spoelmidde­l was. Die middels maak nie die myte dood nie, maar maak dit onskadelik vir mense.

■ Vermy die gebruik van ’n bevogtiger in jou kind se kamer, want stofmyte hou – nes muf – van ’n lekker vogtige omgewing.

As jou kind ’n toe bors het en jy ’n lugbevogti­ger moet gebruik, skakel dit vir korter rukkies aan.

■ Was beddegoed in baie warm water (hoër as 60 grade Celsius).

■ Installeer ’n lugsuiwera­ar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa