Baba & Kleuter

Lusvir ’ n VLEISIE?

Met maalvleis kan jy ver kom. Hier is drie kindervrie­ndelike en voedsame maaltye wat klein magies in die winter lekker vol sal maak.

-

Vries dit vir later V E E L S Y DIGE V L E I S S OU S JY HET NODIG

• 3 eetlepels olyfolie

• 2 uie, gekap

• 2 wortels, gerasper

• 2 selderysti­ngels, gekap

• 1 knoffelhui­sie, gekneus

• 500 g maer beesmaalvl­eis

• 2 blikke gekapte tamaties

• 1 sakkie tamatiepas­ta

• 1 hand vol vars Italiaanse kruie soos basilie, pietersiel­ie en origanum, fyngekap

• sout en peper na smaak vir die grootmense GAAN SO TE WERK

1. Giet die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die uie goudbruin. Voeg die wortel, seldery en knoffel by. Braai nog ’n paar minute. Verwyder al die groente uit die kastrol en hou eenkant.

2. Braai die maalvleis in dieselfde kastrol tot bruin. Skep die groente terug in die kastrol, voeg die geblikte tamaties en tamatiepas­ta by, meng goed en laat sowat ’n halfuur prut.

3. Voeg die vars kruie by en roer deur.

Laat heeltemal afkoel en vries dan vir tot drie maande in porsiegroo­ttes wat jou pas.

Laat die kleinspan smul M A A LV L E I S - M AC A RONI JY HET NODIG

• 2 koppies macaroni of penne- pasta • 2 koppies vleissous (resep links) • 1 koppie witsous (2 eetlepels botter, 2 eetlepels koekmeel, knippie sout en witpeper, ½ teelepel mosterdpoe­ier, 300 ml volroommel­k)

• ½ koppie gerasperde parmesaank­aas • ½ koppie gerasperde cheddarkaa­s GAAN SO TE WERK

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Maak die pasta gaar volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en meng met die vleissous. Skep alles in ’n oondvaste bak.

3. Om die witsous te maak: Smelt die botter in ’n klein kastrol. Verwyder van die hitte en voeg die koekmeelbl­om, sout, witpeper en mosterdpoe­ier by. Meng goed. Klits die volroommel­k met ’n bolklitser by.

4. Plaas terug op die plaat en roer aanhoudend tot die sous verdik. Giet oor die pasta- en-vleismengs­el. Sprinkel die kaas oor en bak 20 minute tot goudbruin bo- op.

5. Jy kan dit met ’n vurk verder fyndruk voor jy dit vir jou kind gee.

Maak dit vanaand

K A SE R I GE SP E K- E N - M A A LV L E I SBRO OD JY HET NODIG

• 500g maer beesmaalvl­eis

• 4 repe spek, gekap

• ½ koppie tamatiesou­s

• 2 eetlepels matige mosterd

• 3 eetlepels hawersemel­s

• 1 eier, liggies geklits

• sout en peper na smaak vir die grootmense

• 2 eetlepels ekstra tamatiesou­s

• ½ koppie gerasperde cheddarkaa­s • ½ koppie gerasperde mozzarella­kaas GAAN SO TE WERK

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Plaas die maalvleis, spek, ½ koppie tamatiesou­s, mosterd, hawersemel­s en eier in ’n bak en meng goed.

3. Verdeel in vier. Voeg sout en peper by die vleis wat die grootmense gaan eet. Laat die kinderpors­ies vry van sout en peper.

4. Druk die vleismengs­els in vier holtes van ’n eenkoppie- grootte muffinpan wat liggies gesmeer is. Smeer die ekstra tamatiesou­s bo- oor.

5. Bak 25 minute en verwyder die muffinpan uit die oond. Keer die vleisbrode uit en plaas op ’n bakplaat.

6. Sprinkel die kase oor elkeen en bak nog 10 minute.

7. Sit voor met slaai en nog tamatiesou­s of blatjang. ●

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa