Baba & Kleuter

KIESJOU OORLOG

Ouers maak hulself dikwels moeg deur elke stukkie peuter-wangedrag te probeer regstel. Besluit eerder watter gevegte met jou peuter die moeite werd is en watter jy maar kan los.

- DEUR COLETTE DU PLESSIS

Wanneer is jou peuter bloot stout en ongehoorsa­am? En wanneer is hy net besig met gesonde verbeeldin­gspeletjie­s of werklik nie in staat om iets reg te kry nie? As jy die antwoorde op dié vrae ken, sal julle baie minder baklei.

Hier is vier gevegte wat jy eenvoudig móét wen en drie waar jy maar jou bokshandsk­oene kan uittrek en jou peuter laaste kan laat lag. Daar is ook drie grys areas wat jy soms sal moet wen en waar jy ander kere maar die onderspit moet delf.

MA, HIER MOET JY STERK STAAN V E I L I G VA S I N ’ N MOTORSTOEL­TJIE

Motorongel­ukke hou vir elke motorryer groot gevaar in, maar kinders is heelwat meer blootgeste­l as grootmense omdat hulle minder beheer oor die spiere in hul nekkie het.

Daarom is sit in ’n motorstoel­tjie ononderhan­delbaar – of julle nou 3 km na die naaste kafee of 300 km op die snelweg na ouma en oupa toe ry.

Motorstoel­tjies moet gepas wees vir jou kind se gewig en ouderdom en behoorlik vasgegorde­l wees aan jou motorsitpl­ek.

Die stoeltjies hoort op die agtersitpl­ek van motors, veral in dié met lugsakke voor aangesien die krag van ’n lugsak wat oopskiet, kinders ernstig kan beseer.

Hoe wen jy die geveg? Jy maak jou kind eenvoudig in die stoeltjie vas al skree hy bloumoord.

ASSEBLIEF EN DANKIE

Hy weier om asseblief agteraan versoeke soos “gee vir my koeldrank” te voeg. En om dankie te sê vir kos, koeldrank en presente is net te veel inspanning. Hier moet jy jou voet neersit, want die grondslag van goeie maniere begin vroeg.

Hoe kan jy wen? Jy gee nie die koeldrank of lekkergoed as jy nie die kodewoord asseblief kan hoor nie, of jy neem dit terug as die dankie onhoorbaar was. Maar onthou om hom te prys vir die kere dat hy wel onthou om asseblief en dankie te sê. Dit is ’n goeie beginsel om goeie gedrag te prys.

BYT

Byterige peuters is ’n taamlik algemene verskynsel, maar tog een van die dinge wat ouers die meeste kan laat bloos. Al is die gewoonte dikwels van korte duur en meestal toe te skryf aan ’n woordeskat wat tekort skiet, moet jy dit so gou moontlik in die kiem smoor.

Hoe wen jy dié een? Kyk hom in die oë en sê baie ferm: “Nee! Ons byt nie ander mense nie.” Verbied hom dan om enigsins verder te speel. Doen dit elke keer as hy tande wys vir ’n maatjie, boetie of sussie.

TANDE BORSEL

Dis moeilik, maar jy gaan hierdie een ook moet wen. Die gesondheid van jou kind se melktande hou direk verband met die gesondheid van sy permanente tande.

Die geheim is om van heel, heel kleins af tande borsel ’n normale deel van jul daaglikse roetine te maak. Maar as jy dit gelos het en boetie nou met ’n stywe mondjie kapsie maak, moet jy maar oor begin.

Verduideli­k mooi hoekom julle elke oggend en aand julle tande gáán borsel. Maak dit pret. Koop ’n oulike tandeborse­l en lekker tandepasta. Laat hy dit self doen en kyk hoeveel skuim hy kan maak. Gee hom ’n beurt om jou tande ook te borsel.

Gee hom ’n sterretjie vir elke dag wat die tandeborse­lsessies glad verloop en as hy 10 sterretjie­s het, doen julle iets lekker saam.

Die geheim is om dit ’n ononderhan­delbare deel van jul roetine te maak. Byt vas, en oor so twee maande sal julle nie meer baklei nie.

MA, GEE MAAR OOR: SNAAKSE SKOOLKLERE

As sus besluit sy wil vandag haar pajamas skool toe aantrek, laat haar begaan.

Dit sal nie een van julle baat as jy haar dwing om die netjiese broek en hemp wat jy uitgesit het, aan te trek nie. Dieselfde geld die Peter Pan-pakkie of Tinker Bell-rok. Solank sus nie gaan bibber nie behoort jy nie besware te opper nie.

Hoekom kan jy maar toegee? As jou kind eers ’n skoolunifo­rm móét dra, is die dae van verbeeldin­gspeletjie­s of rolspel met klere by die skool vir altyd verby.

PLAS, PLAS

Waterpoele is God se geskenk aan kinders. Alle kinders is mal daaroor, maar jou moed sak in jou skoene as jy een sien, want jy weet ná die pret sit jy met vuil klere en skoene. Hou egter op nee sê vir die plas-speletjie, want dit is beslis een van die grootste plesiere in ’n peuter se lewe. Skaf ’n paar waterstewe­ls aan en hou altyd ’n skoon, droë broek byderhand.

Nog ’n voordeel: Dis gratis!

TOILETONDE­RRIG

Gevegte met jou kinders oor iets wat hul liggaamlik­e ontwikkeli­ng aangaan, gaan en behoort jy ook nooit te wen nie.

As jou peuter nie nou al toilet toe wil gaan vir ’n piepie nie, los hom. Hulle kom almal die een of ander tyd uit die doeke. Dit is baie makliker as hulle gereed is daarvoor. Laat jou kind jou dus lei. As hy self begin belangstel in die potjie of toilet en self begin agterkom dat ’n doek nie so ’n lekker ding is nie, is die tyd reg.

GRYS AREAS (’N BIETJIE WEN, ’N BIETJIE VERLOOR) KOS

Ek wil nie eet nie. Ek hou nie hiervan nie. Ek wil liewer dít hê. Hoe gereeld moet jy klagtes soos dié aanhoor? Peuters is vol nukke en grille as dit kom by kos. Soms eet hulle ’n bord vol broccoli en ander kere weier hulle om hul mond aan enigiets naas koekies en kaaskrulle te sit. Jy kan onmoontlik nie elke dag oor kos baklei nie.

Kos is ’n sensitiewe saak en hoe jy etenstydge­vegte nou hanteer kan ’n invloed hê op hoe jou kind later oor kos dink. Menige sielkundig­e meen eetversteu­rings het iets te doen met koskwessie­s uit kinders se jong dae.

Nes jy hom nie sal kan dwing om elke dag ’n behoorlike bord kos te eet nie, kan jy hom ook nie elke dag toelaat om net ’n Marmite-broodjie te eet nie. Oordeel dus maar self wanneer jy dié geveg moet wen en wanneer jy ’n bietjie kan skietgee. Naweke en vakansiety­d kan jy dalk maar die Flings en visvingers oorsien, maar in die week moet die wortels en hoenderbor­sies in.

SKERMTYD

Televisie en ander toestelle behoort nie ’n baba-oppasser te wees nie, maar dit behoort ook nie verban te word nie. Kinders hou van televisie kyk en dit kan opvoedkund­ig ingespan word. Daar is baie leersame en interaktie­we programme en toeps om van te kies. Jy kan nie elke dag hieroor baklei nie. Miskien is twee stelle reëls ook hier gepas: een vir die week en ’n ander vir die naweek en reënerige dae wanneer hulle nie buite kan speel nie.

EEN BED

Teen driejarige ouderdom begin peuters se verbeeldin­g met hulle weghol. Baie helder drome, nagmerries inkluis, begin kop uitsteek. As dit hom wakker hou en na jou bed dryf, laat hy gerus ’n bietjie by jou lê. Of as jy regtig gekant is teen ’n kind in jou bed, gaan lê by hom en bly tot die vrees wyk. Soos met al die ander grys areas moet jy versigtig wees om nie die saamslaper­y ’n gewoonte te maak wat hy moeilik gaan afleer nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa