Baba & Kleuter

LEER & LEES OOR OR EGSKEIDING

-

Boeke maak mos altyd die seer ’n bietjie beter.

Almal weet egskeiding is moeilik. Pikkie se ouers skei is ’n hulpmiddel vir ouers wat wonder hoe om egskeiding aan hul kinders te verduideli­k, hoe om die moeilike vrae te beantwoord, hoe om dit makliker te maak vir die kleingoed en natuurlik ook hoe om die hele gesprek te begin.

Die skrywer is Lizelle Stoltz, wat tans as egskeiding­sregsadvis­eur, egskeiding­safrigter en familiereg­mediator praktiseer. In die inleiding van die boek skryf sy dat sy “die hoogste vlak van opleiding” behaal het toe sy self in 2019 geskei het terwyl haar kind ses jaar oud was. Wat sy daar geleer het, het haar in staat gestel om haar regskennis met “egskeiding­sempatie” aan te vul. Sy dra ook die boek aan haar dogter op. Pikkie se ouers skei is soveel meer as net ’n pragtige storieboek – dis terapie. Jy, die ouer, gaan sommer ook beter voel terwyl jy jou kind met kennis bemagtig. Soos Lizelle skryf: “Navorsing het getoon dat egskeiding per se nie kinders so seermaak soos wat hoë vlakke van konflik in ’n huwelik en konflik tydens ’n egskeiding doen nie.

“Alhoewel niemand wat kinders het, ooit kies om eendag te skei nie, kan jy wel kies om jou kinders deur hierdie proses te lei, by te staan en hulle te beskerm teen onnodige konflik en drama ten einde te verseker dat hul harte heel anderkant uitkom.”

Die boek is te kry by pikkieandc­o.com teen R300, aflewering uitgesluit. Illustrasi­es deur Marilize Janse van Rensburg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa