Baba & Kleuter

KLEINBOET word OUBOET

Die koms van jul eerste baba het jul lewe heeltemal verander. Net so gaan die koms van die tweede ’n groot invloed hê op jul eersteling se wêreld.

- DEUR SANDRA COETZEE

Jy gaan nooit presies weet wat in daardie peuterkopp­ie aangaan wanneer jy die koms van ’n nuwe baba verduideli­k nie. Moenie te veel moeite doen om hom alles presies te laat verstaan nie. Die belangriks­te is dat hy betrek word by die opwindende gebeurteni­s sodat dit vir hom ’n oorwegend positiewe ervaring word om sy nuwe boetie of sussie tuis te verwelkom.

Groot veranderin­g gaan altyd met

’n mate van pyn gepaard. Volg ons wenke om die proses vir jou geliefde eersteling ’n bietjie makliker te maak.

1. Lank voor die tyd

1 Peuters se tydsbesef werk nie soos ons s’n nie – nege maande is vir hulle ’n ewigheid. Wag gerus maar met die nuus van die swangerska­p tot jou magie begin wys en tot jy ’n sonarfoto of twee van die nuwe baba in jou “maag” het. Dit maak jou storie oor die nuwe baba wat kom vir jou peuter baie meer konkreet. Wag ten minste tot na die eerste trimester wanneer die gevaar van ’n miskraam kleiner is. As jy beplan om ’n amniosente­se te laat doen, wag tot daarná ook.

2 Koop ’n goeie swangerska­psboek

(of dalk het jy nog een gehou) met foto’s van die embrio en fetus in die baarmoeder. Kyk saam met jou peuter daarna. Dit sal hom ’n baie goeie idee gee van hoe dinge werk.

3 Wys vir jou peuter klein babatjies en betrek hom as jy ’n vriendin se baba vashou. Hy kan jaloers wees as jy dit doen, maar dit beteken nie noodwendig hy sal jaloers wees op sy boetie of sussie nie. Verduideli­k ook maar dat pasgebore babatjies baie slaap en drink en huil, en aan die begin glad nie speel nie.

4 Vertel hom stories van toe hý in jou maag was en wys vir hom foto’s van sy geboorte en toe hy nog ’n pap babatjie was. Borsvoedfo­to’s sal hom ook goed voorberei op wat kom.

5 Lees boekies voor waar daar ’n ouer boetie of sussie is.

6 Twee groot besluite wat jy moet neem ’n hele paar maande voor die baba kom, is oor ’n speelskool­tjie en oor toiletless­e. Albei hierdie groot mylpale moet liefs geskied wanneer dinge in jul gesin rustig is. Besluit dus of jy dit voor die baba se koms gaan aanpak of ’n ruk daarna. Ander besluite wat jy dalk vroeër eerder as later wil neem, sluit in of jou kind na ’n bed moet skuif en of jy hom van die bottel wil speen.

7 Laat jou kleinding jou help om die nuwe babakamer te versier. As jy van sy ou goed gebruik, vra sy toestemmin­g en prys hom mooi as hy sê die nuwe baba kan dit maar kry. Laat hy gerus iets van sy babadae hou wat hy nie deel nie.

2. Kort vooraf

1 Verduideli­k aan die einde van jou swangerska­p dat jy vir ’n rukkie hospitaal toe gaan om die nuwe baba te kry. Vertel hom presies wat die reëling is oor wie hom by die huis gaan oppas terwyl jy weg is. Maak seker hy weet dat jy gaan terugkom en dat jy nie siek of in gevaar is nie.

2 Koop ’n spesiale geskenk vir hom wat kastig van die nuwe baba af kom en gee dit vir hom met sy eerste ontmoeting van die nuwe baba.

3 Wanneer hy die eerste keer hospitaal toe kom, moet jy heeltemal beskikbaar wees vir hom. Laat die nuwe baba in die kot by julle lê en liefkoos en koester jou kind by jou in die bed of stoel. Gee hom ook ’n beurt om die baba vas te hou of aan die baba te vat. Neem foto’s daarvan.

H E T JY GE W E E T ?

Studies wys dat kinders wat minstens een goeie maatjie het voor die nuwe baba kom, ’n beter verhouding met hul nuwe boetie of sussie het.

3. Terug huis toe

1 Gee jou kind baie aandag as jy by die huis kom. Laat pa die baba die huis indra sodat jy met oop arms daar aankom – net vir hom! Moenie die baba aan hom opdwing nie, maar reageer positief as hy belangstel­ling toon, al is dit moeilik om nie heeltyd te keer nie.

2 Gee hom ’n foto van hom en die nuwe baba en ’n sak pienk of blou lekkertjie­s om by die skool uit te deel om daar ook die koms van die nuwe baba te vier. Spreek dit net eers met die juffrou af.

3 Gee hom gerus ’n paar nuwe voorregte – soos langer speeltyd – maar waak daarteen om hom onnodig te bederf of slap te lê met sy roetine of dissipline.

4 Wanneer besoekers ’n bohaai oor die nuweling maak, kan jy gerus vir hom ook iets spesiaals gee sodat hy nie uitgesluit voel nie. Vra sommer vir mense wat jy goed ken, of familie, om eers oor hom ’n bohaai te maak voor hulle oor die baba begin kloek. Vertel vir die mense waar jou kleinding dit kan hoor watter wonderlike ouboet hy is.

5 As hy wil, laat hy jou help met die baba se badtyd en doekruilty­d. Moet hom nie die gevoel gee dat hy onder jou voete is en jou irriteer wanneer jy met die baba besig is nie. Waak ook daarteen om jou kind die heeltyd te probeer stil hou – dis onrealisti­es. Die nuwe baba sal makliker leer om in geraas te slaap as wat jou peuter sal leer om nooit te raas nie.

6 Moenie die baba as verskoning gebruik wanneer jy iets nie vir jou peuter kan doen nie. As hy soebat om te speel, moenie sê jy kan nie want die baba het jou nodig nie. Dit sal hom gou wrewelrig teenoor die nuweling laat voel. Werk hard daaraan om eksklusiew­e gehaltetyd saam met jou peuter deur te bring. 7 Maak borsvoedty­d vir jou peuter ook spesiaal. Jy kan dalk ’n spesiale inkleurboe­k en kryte uithaal elke keer wanner jy voed, of jy kan vir hom voorlees terwyl julle al drie lekker snoesig saam op die rusbank sit. Of hou ’n mandjie met klein speelgoed byderhand wat jy net tydens borsvoedin­g uithaal.

8 Wees ’n bietjie regressie te wagte en hanteer dit met geduld en liefde as hy weer soos ’n baba wil wees. As jy kalm bly, sal dit gou verbygaan.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa