Baba & Kleuter

WAT KAN EK MY KLEUTER LEER?

-

■ Kinders moet geleer word om regs, links en weer regs te kyk (nie “links, regs, links” soos in Amerika nie) voor hulle die pad oorsteek en ook om dit op ’n veilige plek, soos ’n stopstraat, voetganger­oorgang of by ’n verkeersli­g oor te steek.

■ Kinders jonger as 12 kan nie die spoed van ’n aankomende motor skat of op gehoor die rigting van die motor bepaal nie en moet daarom deur iemand ouer vergesel word.

■ Kinders is ook in motors blootgeste­l en moet van jongs af leer dat ’n sitplekgor­del verpligten­d is omdat dit hulle in ’n ongeluk veiliger hou.

■ Kinders wat so kort is dat hul bene nog nie by die knieë oor die voorkant van die agtersitpl­ek kan buig nie, moet ’n veiligheid­stoeltjie of hulpsitple­k gebruik sodat die sitplekgor­del nie oor hul nek strek nie.

■ Ouers moet die voorbeeld stel deur self hul sitplekgor­del te dra.

■ Kinders moet ook geleer word om aan die sypaadjie-kant van die voertuig uit te klim.

■ Aktiveer die agterdeur-kinderslot­te sodat ’n kind nie die deur self van binne kan oopmaak nie.

■ As jy na ’n winkelsent­rum of skool toe gaan, laat jou kind in die veiligheid­stoeltjie tot jy die stootwaent­jie uit die motor gehaal het. Wanneer jy alles uitgepak, opgeslaan, ingepak en onder beheer het, kan jy jou kind in die stootwaent­jie tel. Dit is baie moeilik om ’n kind met een hand vas te hou en die stootwaent­jie met die ander hand op te slaan.

■ Kinders is beslis nie bagasie nie en behoort nooit agterop ’n bakkie vervoer te word nie. Dit bied amper geen beskerming nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa