Baba & Kleuter

KLOP KINDERSTRE­S SÓ

-

■ Doen elke dag iets om jou eie stres onder beheer te kry. Oefening werk die beste. Moet nooit jou spanning op jou kind ontlaai nie. As jou eie stres gereeld buite beheer is, moet jy dit ernstig oorweeg om weg te kom van die bron van die stres. Langdurige stres kan van jou ’n ongeduldig­e, onsensitie­we mens maak, en boonop jou gesondheid aantas.

■ Maak tyd vir kommunikas­ie en ook tyd waarin jy jou kind stilletjie­s waarneem. Klein kinders kan nie altyd sê wanneer hulle onder stres verkeer nie, maar hul lyftaal gee baie weg.

■ Luister fyn na jou kind en verwoord sy emosies vir hom. Dit laat hom voel jy hoor, verstaan en aanvaar hom. Verseker hom dat hy nie die oorsaak van die probleem is nie, en dat hy by jou veilig is.

■ Praat oor ontspannin­g en help hom die dinge identifise­er wat hom laat ontspan. Vertel hom wat jou ontspandin­ge is, soos ’n warm bad en ’n lekker boek of om die tuin nat te maak.

■ Gaan speel ’n bietjie buite eerder as om voor die televisie te lê – dit bly die beste en eenvoudigs­te manier om van stres ontslae te raak.

■ Moenie kwaad word as jou kind soos ’n babatjie optree nie. Regressie is normaal in stresvolle tye. Hanteer hom met ekstra liefde en begrip. Hy sal gouer daaroor kom as jy nie oordeel nie as wanneer jy jou irritasie wys.

■ Hou by jul daaglikse roetine. Wanneer dit voel of die wêreld om julle vergaan, kan jou kind baie troos en gerusstell­ing daaruit put dat sy dag en week voorspelba­ar en georden is.

■ Laat jou kind uit sy maag lag. As jy nie kan onthou wanneer laas julle gelag het nie, is julle waarskynli­k gestres. Jou kind sal ver kom met ’n ligte, humoristie­se uitkyk op die lewe.

■ Masseer jou kind. Babamasser­ing is baie gewild en daar’s geen rede waarom jy daarmee moet ophou nie. Jy kan dalk begin met ’n hand of voetmasser­ing, en later die skouers en rug.

■ Moenie slap lê met dissipline nie – dit gaan jou kind nie help nie. Dissipline en grense gaan hom juis meer geborge laat voel, want daar is ’n volwassene in beheer. Dis egter nie nou die tyd om allerhande nuwe reëls in te stel nie.

■ Wees eerlik oor spesifieke voorvalle wat tot stres en angs lei, soos ’n egskeiding of misdaad. Gee die nodige feitelike en ouderdomsg­epaste inligting en moedig hom aan om vrae te vra. Soms kan sy verbeeldin­g veel erger dinge uitdink as wat die werklikhei­d is.

■ Berading vir die hele gesin kan baie help as julle almal worstel met ’n stresvolle situasie soos ’n dood in die familie. ●

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa