Baba & Kleuter

Partytjie: Ballet betower

Chané Terblanche van George is ’n kranige ballerinat­jie, wat dit maklik gemaak het om ’n tema vir haar vyfde verjaardag te kies.

-

Bo, en bo regs: Chantelle het al die partytjied­ekor self gemaak. Sy het gehou by pienk en swart, met hier en daar ’n bietjie natuurlike karton. Vir elke dogtertjie was daar 'n pakkie met 'n ballerina- silhoeët op die voorkant en vir die seuntjies weer ’n strikdas. Krale, stukkies kant, blomme en polkakolle het alles mooi afgerond. Binne- in die pakkies was eetgoed soos ’n pakkie tjips, lekkers, koekies, ’n sappie en sjokolade.

Onder, en onder links: Erene Brown, ’n plaaslike bakker, het die mooiste ballerina skoentjies gemaak, asook die “cake pops” en heerlike ander eetgoed wat alles volgens die tema versier is. Ma Chantelle het ook ingespring en saam gebak, want dis tog deel van die pret.

 ??  ??
 ??  ?? Ouma Salomie het haarself oortref met die mooiste koek en kolwynties.
Ouma Salomie het haarself oortref met die mooiste koek en kolwynties.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Bo: As dankie- geskenkie het elke dogtertjie ’n ballerina- hangertjie gekry wat spesiaal laat maak is vir die dag. Die seuntjies het strikdassi­es gekry.
Bo: As dankie- geskenkie het elke dogtertjie ’n ballerina- hangertjie gekry wat spesiaal laat maak is vir die dag. Die seuntjies het strikdassi­es gekry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa