Baba & Kleuter

Resepte: Koud en lekker

Is dit baba se eerste somer? Skep herinnerin­ge met gesonde tuisgemaak­te roomys en die geure van die feesseisoe­n.

-

PIESANGROO­M

• 6 ryp piesangs

• 60 ml (¼ k) klapperroo­m • knippie fyn kaneel

1 Sny die piesangs in skywe van sowat 1 cm dik. Pak dit in ’n enkellaag op ’n bakplaat en vries sowat 2 uur tot ferm. 2 Verwerk die bevrore piesang, klapperroo­m en kaneel saam in ’n voedselver­werker tot glad. Sit dadelik ’n porsie voor en vries die res vir later.

AARBEIJOGU­RT-YSIES

• 250 ml (1 k) bevrore aarbeie • 250 ml (1 k) natuurlike volroomjog­urt

1 Pols al die vrugte en jogurt saam in die voedselver­werker.

2 Giet in oulike vormpies en vries oornag.

AVOKADOROO­MYS

• 1 ryp avokado

• 60 ml (¼ k) room of klapperroo­m • 30 ml (2 e) esdoringst­roop

• sap van 1 lemmetjie of ½ suurlemoen

1 Plaas al die bestanddel­e in die voedselver­werker en pols tot goed gemeng. Skep in ’n bak met ’n deksel en vries sowat 4 uur of tot gestol.

2 Wanneer die mengsel gevries is, kan jy dit weer pols om ’n gladde roomys te maak.

SJOKOLADES­TOKKIES

• 30 ml (2 e) kakao

• 15 ml (1 e) kookwater • 15 ml (1 e) esdoringst­roop • 2 ryp piesangs • papierstro­oitjies

1 Smeer ’n ysblokkieh­ouer met olyfolie. 2 Meng die kakao en kookwater in ’n klein bakkie om ’n smeer te vorm. Giet dit saam met die res van die bestanddel­e in die voedselver­werker en pols tot glad. 3 Giet in die geoliede ysbakkies en vul elke holte tot amper heel bo. Bedek met foelie. Sny ’n gleufie in die middel van elke blokkie.

4 Sny papierstro­oitjies middeldeur en druk deur die gleufie tot in die sjokoladeb­lokkies. Die foelie sal die strooitjie regop help hou.

5 Vries oornag tot solied. Skeur die foelie af en dop die ysies uit. ●

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa