Baba & Kleuter

Kunsvlyt vir baba

Laat jou kind met ’n geruste hart van dié speelklei eet.

-

JY HET NODIG

• 250 ml (1 k)

hawermout

• 125 ml (½ k) meel • 125 ml (½ k) water

MAAK SO

1. Meng die hawermout en meel saam en voeg die water bietjie vir bietjie by tot jy gelukkig is met die dikte en tekstuur. Jy kan meer of ’n bietjie minder water nodig hê. Voeg nog meel by as dit te pap is.

2. Gee die deeg vir jou kind en laat haar toe om dit met vormpies uit te druk of te versier. Die resep is genoeg vir ’n bal wat omtrent so groot soos twee vuiste saam is. Dis ’n goeie hoeveelhei­d vir een kind, maar maak dubbeld aan as jy of ’n maatjie saamspeel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa