Baba & Kleuter

Is my kind reg vir graad 1?

Skoolgeree­dheidstoet­se is nie verpligten­d nie, maar kenners is dit eens dat dit jou kind baie kan help – veral as ’n bietjie afrondings­werk nog nodig is voor sy graad 1 aandurf.

- DEUR ZERELDA ESTERHUIZE­N

“My kind moet volgende jaar graad 1 toe en ek het ’n sterk vermoede dat sy nog nie reg vir skool is nie. Die kleutersko­ol gebruik woorde soos ‘uitvalle’ en moontlike ’neurologie­se probleme’. Dit maak my baie ongemaklik. Ek is amper te bang om ’n skoolgeree­dheidstoet­s te laat doen,” vertel Monja Eksteen* (34) van Worcester in die Wes-Kaap.

Skoolgeree­dheidstoet­se is iets wat baie graad R-ma’s soos Monja vrees. Maar wat behels dit en wat sê dit van jou kind?

Theresa van den Berg, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Pretoria, sê wanneer kinders graad 1 en die wêreld van formele skool betree, kom hulle met nuwe eise en reëls in aanraking.

“’n Kind moet op alle vlakke gereed wees om hierdie eise met selfvertro­ue en gemak te aanvaar,” sê sy.

“Elke kind ontwikkel teen haar eie pas, maar sekere vaardighed­e word gewoonlik binne ’n bepaalde tyd bemeester. Hierdie mylpale ontwikkel ook in ’n bepaalde volgorde.

“Wanneer jou kind skoolgaand­e ouderdom bereik, moet sy al sekere vaardighed­e of mylpale bemeester het sodat sy die moeiliker werk op skool kan baasraak.”

As haar vaardighed­e op peil is wanneer sy grootskool toe gaan, sal dit haar spanning en stres dramaties verminder, sê Theresa.

Dr. Arina Lanser, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Roodepoort in Johannesbu­rg, meen skoolgeree­dheidstoet­se het ’n belangrike rol om te speel. Sy het trouens ’n proefskrif geskryf oor die verband tussen uitvalle in skoolgeree­dheidstoet­sing en latere leerproble­me.

Maar sedertdien het baie water in die see geloop en deesdae meen die onderwysde­partement dat alle skole vir alle kinders gereed moet wees, sê sy. Dit het mettertyd die behoefte aan skoolgeree­dsheidstoe­tse verminder. Dié toetse is dus nie verpligten­d nie – maar hulle kan vir jou kind van groot waarde wees.

Verskillen­de terapeute gebruik verskillen­de toetse, sê Arina.

”Die ideaal is om ’n volledige evaluering te doen wat die belangriks­te aspekte van ’n kind se ontwikkeli­ng meet. Dit behoort die bepaling van IK in te sluit en die algemene ontwikkeli­ng van die kind te weerspieël. Dit behoort ook te kyk of daar dalk probleme is soos neurologie­se of konsentras­ieprobleme, of probleem met gehoor, oë en selfs sinus en rustelose bene. ’n Volledige emosionele ondersoek is ook nodig.”

Skoolgeree­dheidstoet­sing moet egter nie net op probleme fokus nie, maar moet ook ’n kind se sterk punte uitlig, sê Arina.

* Nie haar regte naam nie

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa