Baba & Kleuter

Die groot dag

Sommige kinders se tone tintel van opwinding, al draai daai magie. Ander is eenvoudig verlam deur vrees. ’n Eerste skooldag is monumentaa­l. Só maak jy dit ook spesiaal.

- DEUR LOUÏNE VAN DER VYVER

Dis normaal om benoud oor die onbekende te voel. Grootskool is ’n groot stap en die blote gedagte kan sommige kinders (en ouers) oorweldig. Die paar dae wat daardie eerste skooldag voorafgaan, bied die volmaakte geleenthei­d om oor gevoelens te praat en oor hoe om sekere emosies te hanteer. Doen dit speels, hou dit lig en gee praktiese raad.

DOEN DIT VOORAF

1 MA AK SA AM ’ N “EK GA AN SKOOL

TOE!”- BOEK . Hierin kan julle saam die storie skryf en prentjies teken waarin mamma verduideli­k hoe ’n skooldag verloop en wat die verskillen­de elemente daarvan is, soos: aankoms, groet juffrou en maatjies, klaswerk, pouse, ’n kosblik vol verrassing­s, buitespel, verdere klaswerk, en so aan. So sal jou kind baie meer voorbereid wees op die onbekende en haar eerste skooldag met meer selfvertro­ue aanpak.

2 DIE AAND VOOR DIE GROOT DAG IS AMPER NET SO BEL ANGRIK AS DIE

GROOT DAG SELF. Hoe minder spanning jy en jou kleinding saam bed toe neem, hoe minder gespanne sal die volgende oggend verloop. Hou dinge rustig en beskou dit as die laaste geleenthei­d om met jou kleuter te bind. Môre is sy ’n skoolkind.

3 MA AK ’ N SPESIALE ETE SOOS ALFABETSOP EN PRYS HA AR A S SY VAN DIE

LET TERTJIES HERKEN. Vertel haar hoe gereed sy vir skool is en dat hierdie alfabetlet­tertjies net die ding is om haar brein aan te skakel sodat sy sommer fluks by die skool sal kan leer.

4 PAK HA AR UNIFORM NETJIES UIT en besluit ook wat jy die volgende oggend wil aantrek sodat niemand op soek na klere hoef rond te skarrel nie.

5 VERTEL ’ N SPESIALE LEKKERVOEL­SLAAPT YDSTORIE WAT HA AR SENUWEES

SAL HELP BEDAAR. Hou op by die deel waar sy vrolik en gelukkig by haar nuwe juffrou met klaswerk begin en sê dat sy die storie die volgende aand kan voltooi met alles wat sy daardie dag beleef het. Jy kan mooi prentjies teken wat jou storie illustreer of dit van die internet aftrek en op flitskaart­e plak. Pak die flitskaart­e in haar kosblik. Met pouse sal sy dit ontdek, die samesyn tussen julle onthou en ook daarna begin uitsien om vanaand haar deel van die storie te vertel.

Stuur iets saam skool toe wat haar aan jou laat dink.

6 SPELD ’ N VERR A SSINKIE AAN HA AR SKOOLTA S VAS TERW YL SY SL A AP, SOOS ’ N BALLERINA A AN DIE RITSSLUITE­R OF ’ N BALLETJIE A AN ’ N REKKIE. ’n Shoul

der-buddy (’n klein poppie wat kinders aan hul klere haak en op die skouer dra) is ’n baie goeie idee. Jy sal verras wees hoeveel korter en ligter dit die rit skool toe kan maak.

WEN K Vra of jy jou kind aan die juffrou kan gaan voorstel ’n dag of twee voor die skool begin.

WENK

Bou jou kind se selfvertro­ue deur vir haar te vertel hoe gelukkig sy gaan wees en hoe dapper sy is.

MIDDAG NÁ DIE GROOT OGGEND

Wat is baie lekkerder as die eerste dag van skool? Om terug ná die eerste dag van skool huis toe te kom.

Verwelkom haar terug met iets wat sy gaan onthou, soos ’n welkombani­er of blommekran­sie op die buitehek of ballonne en linte teen die voordeur. Dit sal haar help om saam met jou te ontspan en die middag te geniet. Wees belangstel­lend, gesels met haar oor haar dag en sorg dat jy genoeg een-tot- een-aandag aan haar skenk.

Verras haar met ’n onverwagte uitstappie om roomys te gaan eet. Maak egter seker sy weet dis ’n uitsonderi­ng en dat dit nie elke middag ná skool gaan gebeur nie.

Weet maar dat jong kinders met groot opgewonden­heid terug van die skool af gaan kom en dat hulle waarskynli­k van hul oortollige energie ontslae sal moet raak. Neem hulle park toe of gaan ry saam fiets. Dis pret en kan help om hulle vanaand vroeg genoeg in die bed te kry.

Julle kan ook as gesin saam ’n vroeë skemerpiek­niek vir aandete in die tuin of park gaan hou. Dit sal almal laat ontspan. Hou ’n pretuur waar die hele familie saam aan ’n aktiwiteit deelneem, soos bordspelet­jies of sitkamerso­kker.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa