Baba & Kleuter

Redakteurs­brief

-

Ek het gister vergeet om my kind by die skool te gaan haal. Dis nou al 24 uur later en ek voel nog steeds soos ’n luis. Dit was ’n besige dag in ’n besige week in ’n besige maand – dis eintlik al verduideli­king wat ek kan aanbied.

Die vergete kind is darem al amper 16 en kon ’n boodskap stuur en die skool is naby. Sy is dus 20 minute later as gewoonlik afgehaal. Ai, die onvergenoe­gde gesiggie toe ek om die hoek gejaag kom. Al die ander kinders se ouers was betyds en dis nie lekker om alleen op straat te staan en wag nie.

Die sekuriteit­swag het tot al die hek gesluit en geloop. Met groot drama – hangskouer­s en ’n lang gesig – is ek vertel hoe erg dit vir haar was.

My verduideli­kings het niks gehelp nie. Sy’t net in kopskudden­de ongeloof gemompel: “Jou eie kind ...”

Dié eie kind van my is die een wat na my aard. Ek was op daardie ouderdom ook maar kwaai met my ma. Ons koester besonder hoë standaarde vir ons familieled­e. Ek en sy deel dieselfde liefdestaa­l – ons voel gelief wanneer ons naastes vir ons takies verrig. Ons soek nie presente of mooi woorde of drukkies nie. Nee, iemand moet tee aandra en toebroodji­es maak of ’n bad tap. Aksie! Die res van die aand moes ek dus spring om vir my fout te vergoed.

Ek word vandag nog steeds subtiel gestraf, want sy y het al ’n boodskap p vir haar pa gestuur om hom te vra om haar asseblief 2.30 op te tel en nie laat te wees nie. Duidelik kan daar nie meer op haar ma staatgemaa­k word nie.

Die ewige skuldgevoe­l. Daar is twee artikels in hierdie uitgawe wat my so ’n bietjie beter laat voel en ek gaan hulle sommer nou weer lees.

Ontspan oor ouerskap op bl. 26 bevestig vir my dat ek wel goed genoeg is en dat ek regtig nie perfek hoef te wees nie. Dis onrealisti­es en om daarna te streef veroorsaak eintlik ook maar net probleme.

Ai, die selfverwyt op bl. 48 is nou wel op nuwe ma’s gerig, maar dit help my om te onthou dat alles wat ek voel ’n universele, normale deel van moederskap is.

Dis ook lekker om te weet ek kan my storie hier deel en ons lesers gaan my nie oordeel nie, want ons het al almal foute gemaak.

Wat ek ook nou gaan doen, is om my eie ma te bel en om verskoning te vra vir hoe kwaai ek met haar was. My ma is loshande die beste ma op aarde en sy het wraggies nie foute gemaak nie, maar ek het nog steeds dinge gevind om te kritiseer.

’n Tiener kan regtig soms ’n simpel ding wees. Gelukkig het my dogter darem ’n ander eienskap ook by my geërf – ons dra nie graag ’n wrok rond nie. Teen vanaand sal alles verby wees.

Groete

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa