Baba & Kleuter

SKOONSUSTE­RS WORD SAAM-SAAM MA

-

Soms spog ’n mens met al jou vreugde en geluk, want dit is makliker om teleurstel­ling en hartseer onder ’n dik mat in te vee. ’n Donker, dik mat vol onsekerhei­d en vrees.

Wel, dis byna elke vrou se hartsbegee­rte om ’n bondeltjie vreugde in haar arms te kan vashou.

Maar om net eers dáár te kom, is ’n mylpaal op sy eie. Nege maande se uitdagings staar jou van dag een af reeds in die gesig. Hierdie was my tweede swangerska­p met nóg ’n seuntjie. My oudste seun het onlangs vyf geword. Behalwe vir ongemaklik­heid en effens geswelde voete was albei my swangerska­ppe sonder probleme.

Wel, rooskleuri­g was nie die kleur wat my skoonsus se swangerska­ppe ingekleur het nie. Miskraam ná miskraam. Baie trane en vrae.

Met ’n laaste probeersla­g het sy met almal se gebede en bystand haar termyn klaargemaa­k. My en haar swangerska­p is dié keer drie weke uitmekaar. Kan jy glo? Ons ginekoloog wou haar ’n vroeër keisersnee omdat sy ’n risikogeva­l was … dieselfde as my aanvanklik­e keiserdatu­m.

Ons was almal stomgeslaa­n oor hierdie toevalligh­eid. Ons is saam in een kamer in die hospitaal inbespreek en ons kinders is op een dag gebore. Soveel geluk, soveel lag en grappe ná so baie hartseer. Die wakker lê saans in die hospitaalk­amer en lag oor wie se pynmiddels eerste sou begin werk. Ons het baie pret gehad met die hospitaalp­ersoneel en die blydskap van oupas en oumas wat twee kleinkinde­rs op een dag bygekry het … ’n dag waarop twee skoonsuste­rs herinnerin­ge vir hul oudag gemaak het met die geboorte van ’n niggie en nefie op een besonderse dag. JARIKE BUYS VAN LUT Z VILLE, WESK A AP

 ??  ?? Jarike Buys en haar seuntjie, Johan (links), en skoonsus Mercia met haar dogtertjie, Emily.
Jarike Buys en haar seuntjie, Johan (links), en skoonsus Mercia met haar dogtertjie, Emily.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa