Baba & Kleuter

LIEFDE VERDUBBEL

-

Ek onthou die dag toe ek uitgevind het ek verwag nommer twee.

Ek het die swangerska­pstoets kombuis toe geneem en vir my ses maande oue seuntjie gekyk terwyl ek wag dat die minute (wat soos ure gevoel het) verbygaan.

In daardie tyd het baie dinge deur my kop gemaal. Hoe gaan ons dit doen?

Hoe gaan ek twee babas groot maak? Hoe gaan ek een grootmaak terwyl ek hoog swanger is? En daar verskyn die twee strepies ...

Ondanks baie stres en min slaap het my tweede swangerska­p baie gou omgegaan. Skuldgevoe­lens het my beetgepak; ek het gevoel die eerste een het al my aandag nodig, maar dan sou my aandag verdeel word wanneer boetie opdaag.

En daar maak boetie toe sy verskyning en ek besef die liefde verdeel nie, maar verdubbel.

Ek sal jok as ek sê dis elke dag maklik. Maar om hierdie twee beste maatjies saam te sien grootword en die liefde wat hulle vir mekaar het te aanskou, is onbeskryfl­ik.

Mason en Damian het my die ware betekenis van die woord liefde geleer. Hulle het my geduld geleer en om net ’n bietjie stil te sit en die mooi dinge in die lewe raak te sien.

Hulle is nou ’n besige driejarige en ’n besiger tweejarige en absolute sonskynkin­ders. CHANDRE NEL SON, DURBANVILL­E, K A APS TAD, WES K A AP ●

 ??  ?? Dié twee besige boeties het ’n sterk band, vertel hul ma.
Dié twee besige boeties het ’n sterk band, vertel hul ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa