Baba & Kleuter

RAAISEL van die REGTERHAND

Klein Zaria Esau is sonder een van haar hande gebore. Maar moenie dink dit kry haar onder nie!

-

Dit was natuurlik baie moeilik om die nuus met almal te deel. Jy dink nie so iets sal ooit met jou gebeur nie.

Weens Covid-protokol was Nicole Esau (35) alleen in die spreekkame­r toe die ginekoloog op die sonar sien dat haar jongste ’n gestremdhe­id het. Hoewel klein Zaria se twee armpies volledig gevorm het, het haar regterhand glad nie ontwikkel nie. Die dokter het gevra dat haar man, Ludwig (42), hom by hulle aansluit voor hy die skokkende nuus met hulle gedeel het. Nicole was reeds 28 weke swanger toe hulle van die handjie uitvind.

“Daar is soveel dinge wat deur jou gedagtes gaan wanneer jy slegte nuus kry. Ons wou weet wat so iets kon veroorsaak, maar die antwoorde was min. Die ginekoloog het verduideli­k dat dit moontlik ’n bloedtoevo­erprobleem kon wees wat ontstaan as gevolg van stringweef­sel wat ledemate in die baarmoeder omring. Dit was vir my moeilik om die nuus te verwerk,” vertel die Bloemfonte­inse ma.

Haar en Ludwig se familie was baie ondersteun­end en het nie geskroom om hulle by te staan toe die Esaus die nuus met hulle deel nie.

“Dit was natuurlik baie moeilik om vir almal te vertel. ’n Mens dink nie so iets sal ooit met jou gebeur nie,” sê Nicole.

Sy vertel die ondersteun­ing was van onskatbare waarde, veral omdat haar gemoed regtig sleg was.

Nicole en Ludwig moes ook die nuus met hul oudste dogter, Ziva (7), deel.

“Ná die ondersoek by die ginekoloog het ons besluit om sommer dadelik vir Ziva daarvan te vertel.”

Hulle wou hê Ziva moes daarop voorbereid wees en dit verwerk nog vóór Zaria se geboorte.

NOG HOOP

Nicole het gou geleer dat ’n mens nooit ophou hoop nie. ’n Niggie het haar vertel van ’n soortgelyk­e geval, waar die kind se handjie toe wel bestaan het, maar op die sonarfoto’s weggesteek was.

“Ek het natuurlik gehoop vir so ’n verhaal. Maar toe ek op die laaste sonar voor die geboorte sien dat daar wel nie ’n handjie ontwikkel het nie, het ek besluit om vrede daarmee te maak. Ek het besef dat die klein dogtertjie wat hier in my baarmoeder lê, steeds ’n geskenk van God is. Sy is vir ons gegee en het soveel om te bied.”

Sosiale media het Nicole ook help rustigheid kry. Sy het op Facebook gesien dat baie mense ondanks hul gestremdhe­de ’n normale lewe ly.

LIEFDE MET DIE EERSTE OOGOPSLAG

’n Stewige klein Zaria is met ’n keisersnee gebore. Sy het 3,32 kg geweeg en was kerngesond.

“Toe ek haar sien, het ek besef daar is niks met haar fout nie. Ek het ’n normale, gesonde kind gekry om lief te hê en vas te hou.”

Toe Nicole en Ludwig Zaria ná die geboorte huis toe neem, het Ziva haar kleinsus eers goed bekyk.

“Ons moes wéér mooi verduideli­k en het Ziva verseker dat Zaria alles sou kon doen wat ander kinders kan doen.”

Omdat Nicole heeltyds werk – soms op kantoor en soms tuis – het sy ’n goeie oppasser vir Zaria gevind.

“Ek en Zaria is baie na aan mekaar en dit was aanvanklik moeilik om haar by iemand te los.”

Nicole verduideli­k dat Zaria se oppasser voorheen by ’n kleutersko­ol gewerk het en

dus goed gekwalifis­eerd was om mooi na Zaria om te sien.

Die plan is om Zaria in die nuwe jaar kleutersko­ol toe te stuur.

“Ek het juis onlangs ’n bietjie navorsing begin doen om die ideale kleutersko­ol vir haar te vind. Dit sal ’n skool moet wees waar sy gemaklik voel, hope liefde kry en gehelp word om haar mylpale te haal – op haar manier.”

In hierdie stadium lyk dit of die kleutersko­ol waar Ziva was, perfek vir Zaria ook sal wees.

SO EET EN SPEEL SY

Zaria laat haar nie terughou nie. Sy het op agt maande begin kruip. Eers het sy op haar magie gelê en haar lyfie met haar arm en linkerhand opgedruk. En daarna was daar geen keer aan haar nie!

“Ons was by my ma toe sy die eerste keer begin kruip het. Dit was wonderlik om te sien hoe sy op haar eie regkom.”

Nicole vertel dat Zaria reeds teen die meubels regopstaan deur met haar linkerhand daaraan vas te hou en haar met haar regterarm te ondersteun.

“Sy help haar self en hou net aan probeer,” vertel Nicole trots.

Sy eet en speel met haar linkerhand en ondersteun met haar regterarm.

“Dis te oulik om te sien hoe sy speel. Sy knyp haar teddiebeer onder die regterarm vas en speel dan daarmee met haar linkerhand.”

Zaria is nou 10 maande oud en die Esaus het haar pas vir ’n ondersoek pediater toe geneem. Die dokter is tevrede met haar gesondheid en vordering en het Nicole weer herinner hoe hul klein vegtertjie hulle elke dag gaan verbaas met dit wat sy ondanks haar gestremdhe­id vermag.

“Jy hoef Zaria net elke dag dop te hou om te besef sy is nie bang is om enigiets aan te pak nie. Sy baklei elke dag om vordering te maak en sal nooit toelaat dat iets haar onderkry nie,” sê Nicole. ●

 ??  ?? Bloemfonte­in Nicole en LudwigEsau­van
Zaria (links) en en hul twee mooi spuite,
Ziva.
Bloemfonte­in Nicole en LudwigEsau­van Zaria (links) en en hul twee mooi spuite, Ziva.
 ??  ?? Klein Zaria speel met haar linkerhand en steun met haar regterarm.
Klein Zaria speel met haar linkerhand en steun met haar regterarm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa