Baba & Kleuter

Vriendelik­heid wat borrel

Ziali Beeslaar van Broederstr­oom in Noordwes is 2021 se laaste voorbladwe­nner. Ons het met haar ma, Melani Beeslaar, gesels.

-

HOE HET ZIALI SE GEBOORTE VERLOOP?

Ziali is op 23 Februarie 2021 om 18:30 normaal in die Pretoria- Ooshospita­al gebore. Ek was die dag baie kalm, maar my man, Gerhard, was vreeslik op sy senuwees omdat hy eers van Pretoria af Broederstr­oom toe moes ry om my te kom oplaai en toe weer Pretoria- Oos toe moes jaag. Ziali het ’n volle 3,54 kg geweeg en was 51 cm lank.

Sy is ons derde baba, maar ek was steeds tot teen die einde nie seker of ek werklik in kraam was nie. Sy is op 41 weke en drie dae gebore. Ons was skaars ’n uur by die hospitaal, toe is sy gebore. Perfek geskape, met lang, donker hare.

Ons het net die aand van haar geboorte in die hospitaal geslaap en is die volgende dag huis toe sodat haar boetie en sussie haar kon ontmoet.

VERTEL ONS VAN DIE RES VAN DIE BEESLAAR-KROOS.

Ousus Emmi is amper ses en Adrian, ons middelkind, is drie. Ek en Gerhard het nooit gedink ons sou nog ’n baba kry nie, maar genade, ons geniet haar verskrikli­k en is so dankbaar dat ons met drie pragtige kinders geseën is. Sy is so lief vir Emmi en Adrian en hulle kan ook nie genoeg van haar kry nie.

WATTER SOORT BABA IS ZIALI?

Sy is die vriendelik­ste, rustigste en soetste baba. Sy glimlag vir almal. Sy is werklik ’n klein sonstraal in ons lewe. Sy is baie lief daarvoor om in haar Noonoo Pie rondgedra te word. Haar gunsteling- plek op die oomblik is mamma se arms.

Sy is mal daaroor om glimlaggie­s uit te deel. Ziali hou ook baie daarvan om vermaak te word deur haar boetie en sussie. Ek was ’n paar weke gelede by die tandarts en sy het ’n volle 30 minute op my maag gesit en gekyk hoe hulle aan my tande werk terwyl ek haar vashou.

Sy is so ’n gelukkige baba. Sy gesels graag en is mal daaroor om spoegborre­ls te blaas. Haar gunsteling- eetdingetj­ie is ’n stuk biltong.

WAT BETEKEN HAAR NAAM?

Dit was moeilik om die regte naam te vind. Dis ’n groot besluit. Ons het met die hulp van my skoonsussi­e se vriendin op dié unieke naam besluit. Sy’t vir my klomp name gestuur, maar Ziali het van die begin af uitgestaan as uniek en spesiaal. Ziali beteken “lig en pragtig”. Dit pas haar beslis.

Dis nog moeilik om te sê. Ek dink wel sy deel eienskappe met my en met my man. Haar vriendelik­heid borrel oor en ek en Gerhard is albei vriendelik­e omgeemense.

Geduldig is ons albei ook en ek moet sê Ziali is ook baie geduldig. Sy het immers ’n boetie en sussie en moet dus soms wag voor mamma of pappa haar kan optel of aandag gee. Tot dusver lyk dit of sy ons goeie eienskappe geërf het en ons hoop dit bly so!

NA WIE AARD ZIALI? WAT IS JUL WENSE VIR ZIALI SE TOEKOMS?

Alles wat mooi is! Ons wens ook dat sy ’n sprankie glans in ander se lewe sal laat waar sy ook al gaan. Sy is waarlik ’n pragtige klein lyfie en ons as ouers wil haar net met liefde toevou. Ons wens is dat sy moet weet dat sy tot alles in staat is en dat sy uniek geskape is en altyd uniek moet bly. Ons wens vir al drie ons kinders is dat hulle die geskenk van die lewe sal koester en elke dag voluit leef.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa