Baba & Kleuter

Begin met GROENTE

-

BESTANDDEL­E

• 1 heel broccoliko­p, gewas en in stukke gebreek

• 1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny

• 1 eiervrug, in skywe gesny

• 6 murgpampoe­ntjies, in die lengte gesny

• 2 mielies, blare afgetrek

• 15- 60 ml (1- 4 e) olyfolie sout en peper na smaak

BLOMKOOL- DOOPSOUS

• 1 heel blomkool, gewas en in stukke gesny

• 30 ml (2 e) olyfolie

• 30- 40 ml (2 ruim e) tahini (sesamsaads­meer)

• sap van ½ lemmetjie

• 15 ml (1 e) fyn komyn

METODE

1 Pak die broccoli, soetrissie, eiervrug, murgpampoe­ntjies en mielies in ’n bak. Meng die olie goed deur. Geur met die sout en peper en braai ’n paar minute oor matige kole tot bruin. Draai gedurig met ’n braaitang om sodat die groente nie brand nie.

2 Blomkool- doopsous: Bedruip die blomkool met olyfolie en braai oor die kole of in die oond tot sag. Verwyder van die hitte en pols in jou voedselver­werker saam met al die ander doopsousbe­standdele tot glad. Geur met sout en peper.

3 Rangskik die groente op ’n opdienbord en sit die doopsous in ’n klein bakkie saam voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa