Baba & Kleuter

Gekrummeld­e PERSKE

-

BESTANDDEL­E

• 2 ryp nektariens of perskes, middeldeur gesny en pitte verwyder

• 60 ml (4 e) bruinsuike­r

• 30 ml (2 e) botter

• 30 ml (2 e) granola

• roomys of bevrore jogurt

METODE

1 Plaas elke perskehelf­te op ’n stuk dik foelie wat groot genoeg is om die perske toe te vou. Meng die suiker en botter saam en skep daarvan in die holte van elke perskehelf­te waar die pit was.

2 Vou die foelie oor die perske en sorg dat die kante deeglik toe is.

3 Plaas die perskepakk­ies op die rooster en braai sowat 15 minute oor matige kole. Verwyder en laat effens afkoel voor jy die pakkies oopmaak. Skep ’n lepel vol granola bo- op elke perske en sit voor met ’n skep roomys of bevrore jogurt. ●

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa